Naand,
Ek kamp van volgende jaar af met my 2 x Spaniels.
Moet my nou nie afskiet want hulle is goed opgevoed en slaap in my bed, soek bietjie oorde wat mense al besoek het wat die moeite werd is veral by die See waar hulle toegelaat sal word, enige terugvoer sal waaardeer word.
Hulle gaan waar ek gaan

Dierekinders
Op ons bed slaap 3 katte wat my voete so vaslê dat ek hulle moet skuif vir ń plekkie. Giep lê reg langs my op sy duvet en snork snags. Waar ek dink hy is naar met my, is waneer hy ń bom los en dan ewe wegstap na sy ander bed en ons los om dit te verduur.
Net vanaand sê ek vir ouma Von dat dit my ń leeftyd geneem het om so klein stukkie in diere se siele te kan sien. En hoe meer ek nou oplet hoe meer verstom is ek.
By ons is dit ook twee JRs…
By ons is dit ook twee JRs asook 'n kat die bed met ons deel (voorheen was dit ook 'n Labbie gewees)....Scottburgh aanvaar "klein" honde (dink maks van 2), self sal ek dit nie doen nie maar die mense wat wel honde saam laat kamp het ek geen probleem mee nie, meeste is ook darem ordentlik genoeg om self op te tel as daar 'n landmyn of twee gelê word.
En ja Neef, as Eugene Marais kon skryf oor die siel van iets klein soos die Mier, is daar sekerlik ook meriete daarin om na die siel van ons honne en katte kinners te kyk.
Ek Tel Op
Ja nee kyk... ek haat dit darem as jy in ander hond se gemors moet trap so ek tel op, wat meer grief is die honde in party kamp plekke wat sy blaas kom leegmaak teen my tent.
Ek was nog baie jonk... Ou Std 8 toe gaan ons klomp vrinne na die plek oorkant Die Oog in Naboomspruit.. kan nie die naam onthou maar om by my storie te kom.
Ons het net tent opgelaan, ou groen army tent maar so lekker gekuier dat ons nooit die kante vasgelaan het nie en sommer net in die toe tent op die grond geslaap in Army slaapsakke, hier in die vroeg oggend ure, 2 uur die oggend net na ons gaan rus kry het lig daai tent se kant en daar is iets saam met ons in daai donker gat van die tent maar op daai stadium is daai ding wat ons self nie weet wat dit is oor ons en tussen ons almal deur
Ons breek omtrent die tent af om daar uit te kom en nou moet iemand flits gaan soek dat ons kan kyk wat dit is want ons het geen idee maar almal is ook maar bang om te gaan kyk.
Uiteindelik flits gekry en daar gaan ons dat ons sien... Lig die flap en loer binne maar baie versigtig... Wat kry ons... die eienaars se groot Alsation lekker tuis tussen die slaapsakke ... die Saterdag oggend dadelik vasgeslaan maar daai was groot skrik en dit van 'n hond...





slaap in jou bed, .....
.....en waar slaap jou vrou???