More almal. Ons het die motorhome nou nog nie 2 jaar nie. Na vele oorwegings wil ons miskien maar verkoop en kyk na n goeie gebruikte off-road karavaan. Motorhome is in puik kondisie. Nuwe bande, 3 nuwe batterye, skottel wat self sein soek. 2 flat screen tvs. Vol diens geskiedenis. Net 33000 km. Waar is die Weskaap kan mens begin kyk na off road karavane. Hier is so min plekke. As mens elders n winskoop kry is ek bereid om hom te gaan haal ook in Gauteng.
More, die verskeidenheid is…
More, die verskeidenheid is vreeslik baie. Kyk ook na Enkulu wat te koop is. Ken dit nie maar fotos is mooi. Een te koop in Brackenfell.
Enkulu???
Jeanne, dalk moet julle gaan kyk.
ek dink die Enkulu 1 is effe klein, en nr 3 vir my te groot. Dit los net Enkulu 2 oor![]()
Ons sit 'n groot premie op binne voltoilet, tafeltjie vir eet, en as daar plek oor is, 'n stort.![]()
Google ook BERG CX3, dis 'n nuwerige boswa op die mark.
O Ja, daar is nuwe vervaardiger in Daljosafat, maak die Bundu Lodge. Gaan loer in, dis naby.
Jeanne...
...julle kan baie vinnig die opsies verminder met die bed kriteria!!! Wil julle 'n uitklap [seil kante en dak]- bed hê, of 'n soliede panele uitstoot bed, Of 'n permanente binnebed.
Uitklap seil-----soos Bush Lapa, Kavango's, Afrispoor Cheetah
Uitstoot bed---Enkulu, Berg CX3, Mobi Lodge
permanent binne----Gecko, Afrispoor-Caracal, Adventure X
Sommer paar voorbeelde om te gaan kyk en bedink betreffende bed opsies.
Afrispoor maak nogal na my mening baie netjiese waens, met verskeie opsies om te oorweeg.
moenie haastig wees nie, kyk op internet, gaan kyk op skoue, na waens naby julle wat adverteer word. Dalk is daar agente van bogenoemde handelaars naby julle. Gaan pas aan en kry die gevoel. Dis baie duur en mens moet nie 'n fout maak nie.
Deeglike navorsing
Mens kan sien Wessel het al die opsies reeds goed nagevors. Hy gee goeie raad.





Off road waens
Môre Jeanne, jy het 'n lekker vooruitsig, om boswa te soek.
Die eerste plek om te begin soek is;
Bush Lapa in Brackenfell???
Echo in Brackenfell
Infanta by Buffeljagsrivier,
Dan moet jy kyk na advertensies van BAIE waens in Caravanparks.com Daar is 'n groot verskeidenheid van alle soorte.
Soek ook op internet na
Outdoor campers
East Rand caravans
Google/kontak ook Gecko in Krugersdorp.
Het julle al 'n wenslys of spesifikasie vir wat julle soek.?? Groot soos Mobi Lodge en Nyallas, of kleiner en kompakter.
Daar is nou twee fantastiese gebruikte Gecko's te koop in Krugersdorp. Dit bly my 1ste keuse, kompak, maklik hanteerbaar met stort en vol toilet. Sekerlik van die beste boswaens wat jy nou kan koop.
Het jy al besluit op 'n sleepvoertuig. Dis baie belangrik want die lisensiegewig van die voertuig bepaal wat se boswa jy mag sleep. Oor die algemeen is 4x4 modelle swaarder as dieselfde 4x2 model.
Hou ons op hoogte van julle soektog.