Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -9 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Karavaan onderdeel pryse en beskikbaarheid

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Chris S se verwysing op die Maart draad na onderdele wat nie meer plaaslik beskikbaar is nie het my aan die dink gesit (die dink ding by my is gevaarlik!). Dink dat ALLE karavane wat aan die ouer kant is, hetsy bos of pad waens, vorentoe 'n probleem gaan optel. My Sensation is 'n voorbeeld. Alhowel die vervaardiger (Twin Trailers) goeie waens bou het ek nie te veel ooghare vir hulle oormatige gebruik van ingevoerde boublokke nie. As die goed breek is dit Lotto kaartjies koop vir hierdie omie! Byvoorbeeld die kostes ter sprake is:

Dometic Kombuis Wasbak: R3 800

Dometic Toilet: R14 757

Lugreëling: R36 384

Dometic gas plate: R7 769

Dak ventilasie "vent": R9 976 (en daar is twee)

Waterpomp: R3800 

Dometic Venster (met ingeboude muskiet skerm asook "block out" blinders: beide die skerm en blinders rol op so die hele gedoente, venster, muskiet skerm en blinding is 'n ge-integreerde eenheid sodat as een ding breek die hele eenheid vervang moet word):Kos sowat R18 000, afhangende van die afmetings.

Dis nou volgens THR Outdoors se pryslyste. Skrikwekkend om die minste te sê. Die as is 'n redelike fris Burquip (lyk dit vir my) eenheid, darem nie Al-Ko nie. Dink wat die voorbeeld uitwys is dat selfs redelik eenvoudige brekasies tot groot uitgawes kan lei.

Beginne ook nou sin maak hoekom nuwe waens nou al nader beweeg na R1m pryse. En daar "dink" ekke myself alweer na 'n depressie toe! 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/03/2026 - 11:27

Ek stem Grootwind, ek het Chris S se verhaal gelees, en besef dat my Kavango ook 'n klomp kritiese ALKO komponente in het. 

Ek het mos die simplistiese beskouing dat mens 'n eenvoudige ding, soos 'n remkabel oor die toonbank koop. 

Sy verhaal is net weer 'n bewys dat mens nie moet wag met sulke instanthouding nie, as komponente gevind of opgemaak moet word, kan dit mens sleg onkant vang. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 26/03/2026 - 16:49

Hulle pryse was nog altyd belaglik gewees,  selfs toe karavane R150k was. Soos aircon....R36k, dan is dit seker nog nie installeer nie. My broer se seun het laasweek n 12000 INVERTER aircon laat insit deur CJ Aircons....alles ingesluit was R13k. Maar daar is mense met baie geld wat nie skroom om dasi pryse te betaal nie, daarom bestaan hulle al baie jare

Ns....is jou Sensation gebou deur twin trailers of deur Jurgens?

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 26/03/2026 - 17:23

Die Dometic A/C is alles in een "boks", dis nie 'n sg. "split unit" nie. Om uit te haal of terug te sit is verspot maklik. Geen pypwerke en so aan nie. My Sensation is 'n 2015 model en was nog deur Twin Trailers gebou (het ook die wa met Riaan van Helsdingen (een van die tweeling broers) bespreek, hy het so bevestig en so ook bevestig die plaatjie met al die gewigte en goete dit. Uit 'n tegniese oogpunt is die Dometic produkte van goeie kwaliteit (Swede), maar o wee die goed kos, invoerkoste? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus