Die Sensation wat ons onlangs gekoop het is netjies maar sy mure is aan die vervelige kant en boonop wit. Ons wil graag 'n paar (baie ligte) prente teen die mure hang sonder om gate te boor of spykertjies te gebruik. Logiese ding sou wees om een of ander "double-side tape" te gebruik sodat mens dit later weer netjies kan verwyder as mens bv die wa later wil verkoop. Probleem is dat die mure basies melamien bord is en niks lyk my wil plak nie, dag of twee later lê alles weer op die vloer. Amerikaanse RV kanale verwys na "Alien Tape" wat glo goed werk...self nog nooit so iets gesien nie. Enige voorstelle? (terloops Command Tape werk ook nie)
Dit is vir my vreemd dat…
Dit is vir my vreemd dat double sided tape nie werk nie. Probeer eers die kolletjie vir die hanger se spot met Asetoon afvee. Is dit veilig vir Formica?? Weet nie. Hoe se die instruksies, " probeer op n klein versteekte plekkie" ![]()
Die melamien oppie mure is…
Die melamien oppie mure is effens geriffel (maw nie glad nie). Dink dis dit sowel as die glibberigheid van die melamien wat dalk maak dat geen gom behoorlik wil klou nie? Begin dink dalk om so ligweg dat mens dit nie juis later sal sien nie effe met fyn skuurpapier plekkies voor te berei vir plak goete? (Staan juis nou en kyk uit die hoek van my oog na die bottel asetoon wat op my werk bank staan!).
Titebond
Wat goed gaan hou is Titebond....jy kry een spesiaal vir melamine hout, maar jy gaan sukkel om af te kry.
Ek het onlangs vadoek hakkies by Gelmar gekoop wat reeds met double sided tape uitkom teen kombuiskas geplak....dit het binne n half uur afgeval. Ons het toe ordentlike double sided tape gekoop....nou hou dit. Maar dis liggewig, skildery is swaarder as vadoek.
Ek dink nie ek sal skildery met n "plak hoek" op enige muur wil gebruik nie. Kap n spykertjie in en as jy eendag hom verwyder, maak jy gaatjie toe met "plug" soos op foto
Hot glue
Klink dalk rof. Ek het n "kit" gereedskap waarmee jy duikies uit bakwerk trek. Jy plak so klomp " buttons" op die area, haak n glyhamer aan dit vas en kap dit uit. Bietjie oefen en geduld, en jy hamer dit baie netjies uit. Het dit op die Nissan 1400 gebruik vir ń oepsie.
Om die buttons af te haal, spuit jy 90% alkohol op die oppv en lig dit netjies af met ń plastiek scraper of ou kredietkaart.





Grootwind...
..kan nie help nie. Die Kavango het nie mure nie, dus het ons nie plek om Van Gogh's te hang nie.