Goeie môre vriende, daar breek die nuwe maand aan. Ons is alweer sterk oppad na Krismis toe.
Kom kuier saam en gesels saam. veral nuwe lede en ou lidmate wat hou van stilbly, kom gesels saam. Dit sal verseker dat ek nie aanmekaar ou koeie uit die sloot moet haal nie. ![]()
More forum welkom Tinkie
More almal gatskop dag en welkom Tinkie kuier saam ons
Goeie môre
Met soveel sonskyn in die oog kan hierdie dag net goed wees - ek hoop ook dieselfde vir julle.
Tinkie, ek is weliswaar nie n "ou lidmaat" nie, maar kan jou verseker dat jy hierdie forum baie gaan geniet - oorgenoeg kampondervindig en vriendelike, hulpvaardige mense.
Lekker dag
Tennisbal aan plafon
Na aanleiding van Chris B se inset oor sy garage dilemma, ek het 'n tennisbal aan 'n stukkie vislyn in my garage. ek ry in totdat voorruit die bal raak, dan mis ek alles. Werk baie goed in vorentoe rigting!!
Veldbrand.
En daar gebeur dit toe. Ou aleen tannie hier oorkant wil bietjie werf skoonmaak, Daar was n lëe spuitkannetjie tussen die gemors wat die vuur die wêreld vol geskiet het toe dit ontplof.
Gelukkig sien ons die dik rookwolke, en kon vinnig gaan inspring en het dit net betyds onder beheer gekry voordat dit die ruie veld kon beryk. Gelukkig dat die wind stil was, anders was die vuur onder ons uit.
Al sleg is, haar eenkant stoorkamertjie het ongelukkig tot n hopie as verbrand.
Die weer in Bracknfell, Kaapstad
Maggies mense, ons verskroei van die hitte vandag (34º) hier by ons. En môre voorspel hulle wraggies 37º !
Ek kan nie onthou dat dit voorheen so warm was hier nie.
Soveel dames wat.....
....by die forum aansluit. Hier gaan dit opwindend raak, koek resepte, borduurpatrone, hekelpatrone EN kosresepte uitruil!!!!![]()
O genade, ek sal moet let op my grappe en taalgebruik. Baie welkom en gesels saam, en betrek sommer julle mans ook asb.
Goeie dag julle, ons spog…
Goeie dag julle, ons spog met 25 grade hier op J'baai en dit was mistig vanmiddag om 4 uur. Was so 'n bietjie bedompig maar lekker weer nou al vir 'n paar dae.
Bly daai kant van die tonnel
ons verskroei van die hitte vandag (34º) hier by ons
Dis betreklik koel vir die tyd van die jaar in Worcester. Dis maar elke jaar so oor ten minste twee tot drie weke oor einde Januarie begin Februarie. Ek kla glad nie.
Dames op die forum
Wessel, ek kan nie namens die ander dames praat nie, maar wat myself betref gaan jou nagmerries nie maklik bewaarheid word nie. Ek het so gehoop dat jy moontlik kan uithelp met n kampreseppie ....of twee? (braaivleis uitgesluit)![]()
Wat taalgebruik en gekskeerdery aangaan het ek nog nie tot dusver iets raakgelees wat aanstoot gee nie. Ons woon in elk geval in so n diverse land en ek voel jammer vir kleinseriges.
Bly maar net jouself en slaap rustig vanaand![]()
Rona
So bek kort jam
, ons vloek nie hier nie, maar ons is 'n paar manne hier wat graag gekskeer en grappies maak.
Wat taalgebruik en gekskeerdery aangaan het ek nog nie tot dusver iets raakgelees wat aanstoot gee nie. Ons woon in elk geval in so n diverse land en ek voel jammer vir kleinseriges.
Goeiemore Baie dankie vir…
Goeiemore
Baie dankie vir die tuis laat voel. Ek is n man. Mooi dag vir almal.
Vanmiddag se pa en seun kamp
Dit gaan lekker warm wees op die sportveld maar ons manne is mos nie bang nie. Daar is ongeveer 150 briefies terug ontvang so ons behoort ten minste 300 man te wees wat saam kampeer vanaand.

Nuwe vlugroete....
tussen Kaap en Kruger - berig deur Maroela Media (gister al). Nou nie juis kampverwant nie - nog nie - totdat jy besluit om jou tent in te pak....
Ek dink dit is fantastiese nuus![]()
Airlink ....
... vlieg reeds tussen Skukuza en Kaapstad. Ek het ook vanoggend gelees van Fly Safair wat ook nou dergelike vlugte gaan doen. My dogter-hulle vlieg juis op 28 Maart met Airlink vanaf Skukuza na Kaapstad.
Vlieg na Kruger....
....en dan?
Het ook berig gesien en begin dink. Nou vlieg jy direk tot in Kruger, dit beteken chalets, kar huur om oor die weg te kom. Dit kan baie duur uitwerk, maar vir oorsese gaste, is dit kleingeld.
Sal mens in Kruger 'n bakkie met 'n daktent kan huur??





Tinkie
Welkom by die forum. Jy moet net bevestig of u 'n dame of man is, dit maak die gesels net soveel makliker.
Tweedens, Rona het 'n prag voorbeeld gestel, hoe nuwe lede inval en net begin saamgesels. Ons verwag dieselfde van jou.