Ons staan aan die begin van 'n nuwe opwindende forum. Almal spring vol entoesiasme weg en sien uit daarna om lekker saam te gesels en dat ons gaan groot gaan hier. Dit is mooi en reg, maar ons moenie die spreekwoord "'n nuwe besem vee skoon" vergeet nie.
Die sukses van 'n forum hang nie net af van die bestuur nie. Mense het forums al verlaat vir baie redes, maar ek glo een daarvan is dat hul ontuis voel en nie die vrymoedigheid het om saam te gesels nie. Daar is mense wat, ongeag, nooit ontuis voel nie, maar almal is nie van dieselfde geaardheid nie. Om sensitief te wees is ook nie altyd 'n slegte ding nie.
Ek wil graag, volgens my beskeie mening, 'n paar redes opnoem. Dit sal gaaf wees as julle ook jul opinies kan bylas. Dit mag miskien iets wees wat jul net oor die jare opgelet het of moontlik self ondervind het.
1. Mense wat in tente kamp moet net so 'n volwaardige plek op Kampforum hê as mense wat in karavane kamp. Hul moet met vrymoedigheid hul ervarings as kampeerders met ander kan deel.
2. Mense wat 'n kleiner/goedkoper/ouer karavaan of sleepvoertuig het, moet nooit minderwaardig voel teenoor die mense wat duur of nuwe spoggerige waens en voertuie besit nie. Almal moet respek hê vir wat die ander een het, sonder om meerderwaardig of minderwaardig te voel.
3. As iemand 'n draad begin of kommentaar lewer en hy word net ignoreer, of kry min of geen reaksie, kan hy later voel mense stel nie belang in wat hy sê nie. Gesels met almal en nie slegs met die persone wat jy ken nie. Al is dit net 'n kort kommentaar, om darem te wys jy neem kennis van wat hy sê. Sodoende leer jy ook daardie persoon ken.
4. Wees versigtig om tussen die lyne te lees en jou eie opinie te vorm van wat iemand sê. Woorde op papier kan baie maklik verkeerd opgeneem word, veral omdat ons die skrywer daarvan dikwels nie ken nie. Ons moenie sommer blindelings oordeel nie. Mense wat verkeerd verstaan word en beskuldig word, kan maklik besluit nou praat hy niks verder nie want hy voel nie meer tuis nie.
Ek sal hierby volstaan en sien baie uit daarna om jul insette te hoor of selfs kritiek oor enige redes vir ontuis voel.
CHRIS BOUCHER: Ek het nou-al geleer (of het ek?) dat almal nie noodwendig dit wat jy humoristies bedoel, sodanig ervaar nie. (Hierdie sluit waarskynlik by jou laaste punt aan). Dalk het ek 'n wrang idee van humor of sommige mense is dalk (miskien heeltemal tereg) net eenvoudig liggeraak. Gevolglik poog ek om my deesdae van ligtelike kommentaar te weerhou.
FREDA:
Chris Boucher het geskryf:
Ek het nou-al geleer (of het ek?) dat almal nie noodwendig dit wat jy humoristies bedoel, sodanig ervaar nie. (Hierdie sluit waarskynlik by jou laaste punt aan). Dalk het ek 'n wrang idee van humor of sommige mense is dalk (miskien heeltemal tereg) net eenvoudig liggeraak. Gevolglik poog ek om my deesdae van ligtelike kommentaar te weerhou.
Chris dit is 'n baie geldige punt. Jy kan egter net jouself wees en as dit jou manier is om ligterlik of humoristies te wees is dit hoe mense jou moet leer ken.
WILSUR: Dankie Freda
Ek stem, die meester van ons het tog begin met 'n tent en klein karretjie. Die goed val immers nie uit die lug uit nie.
@ Chris - Ja, soos Freda ook gesê het op papier is nie altyd wat gesien word nie, self is ek ook skuldig daar aan want soms is dit net 'n paar woorde wat vir my snaaks of sarkasties is maar wat nie so deur ander gesien word nie.
SEGEKOK: Daar is ook die wat baie gesteld is op spelling. Daar is verskeie redes vir mense wat spelfoute maak. een daarvan is disleksie en dan nog doofheid ook. As iemand se spelling die heeltyd onder verdenking kom raak daardie persoon sommer baie gou negatief en sê nie weer iets nie.
LEN LOADER: Hier is my kommentaar Freda :-
Daar is talle kampeerders wat tent-kamp verkies bo gewone karavane en dit is goed so omdat dit verskeidenheid van denke en dus interessante gesprekke tot gevolg het. Netsoos wat party ouens boswaens, ryhyuise en daktente verkies. Ek bewonder dikwels ou karavane wat mooi opgepas is en wat met sorg vertroetel word. My ou Exclusive is juis 12 jaar oud en ek is baie trots op hom, maar daar is talle ouens wat nie so 'n lomp groot wa wil hê nie - almal het tog met reg 'n eie keuse. Ek moet sê, ek kan nie onthou van een forumgesprek waar iemand op 'n ander se kampuitrusting neergesien het nie.
Freda, jou punt 3 trek my aandag. 'n Forum is tog 'n geselsplek en ek dink as iemand 'n onderwerp begin en daar is maar trae reaksie (of slegs reaksie van 'n ou paar strydosse), dan blus dit die lus van die skrywer om ook ander onderwerpe te bespreek.
Humoristiese gesprekke : ek is baie dankbaar daarvoor dat daar op hierdie forum 'n afsonderlike kategorie is wat vir 'n bietjie ligsinnigheid voorsiening maak. 'n Mens is nie aldag lus daarvoor nie en soms breek dit jou spoed as jy lus is om oor kampsake te gesels. Ander kere is jy in 'n meer gemoedelike bui en dan is dit weer welkom.
Segekok haal 'n interessante aspek aan naamlik spelling. Niemand behoort bedreigd te voel oor spelfoute nie want hierdie is tog 'n geselsforum. Maar hierdie forum kan tog 'n groot verskil maak terwyl dit hoofsaaklik 'n forum is waaar gesprekke op Afrikaans gevoer kan word. Ek stel voor dat 'n "sticky" onderwerp "Algemene spelfoute" oorweeg word waar enige persoon die korrekte spelling van 'n woord wat dikwels verkeerd gespel word, kan pos. Dit skep dan sommer vir ons almal 'n leerkultuur sonder om 'n fouterende party in die verleentheid te stel.
JOHANN L: Baie goeie punte wat julle opper, ek het 35% gehoor, dus kan ek baie klanke nie hoor nie. MAAR ek poog tog om korrek te spel, net soms verander die tablet iets, of ek raak met die S-Pen net mooi op die grens van twee karakters en die verkeerde een word gekies.
Lennbos: Ek is beindruk met julle filosofiese antwoorde. Baie hiervan kom tevoorskyn omdat ons nuut begin met die forum maar dit is so nodig dat dit gese word en ek is dankbaar vir jou Freda dat jy dit begin het.
Wat se julle van Len Loader se spelling- "sticky" voorstel dan maak ons dit deel van die kampwoordeboek?
DASSIE: Al julle manne en dame slaan die spyker op sy kop .Ek is juis weg by n ander forum omdat gn mens dit durf waag om iets te se en jy word persoonlik aangeval .Dit het vir my gelyk soos n " click " van so 6 ouens daar wat die septer swaai en beledig en afkraak en toe die moderator nog my pos verwyder terwyl die 6 wyse manne aangaan toe se ek nee wat los maar die plek is nie vir my .En dis jammer want daar was baie goeie manne en vrouens daar wat glad nie meer pos nie nou word daar skielik vrae gevra oor hoekom sekere mense nie meer daar kom nie .
FREDA: Dit is regtig baie goed om jul positiewe antwoorde te lees. Dit wys vir my dat niemand wil hê iemand moet ontuis voel oor iets nie. Dit gaan weer daaroor dat ons mekaar dikwels net verkeerd verstaan.
Lennie noem 'n feit dat niemand nog ooit neerhalend oor 'n ander se tentkamp of tipe karavaan gepraat het nie. Ek het dit ook nog nooit gesien nie, tog is daar 'n gevoel onder tentkampeerders dat karavaners dink hul is 'n spesie op hul eie. Hul wil graag oor tentkamp gesels maar voel uitgesluit. Ek weet dit want tentkampers het dit al aan my genoem.
Spelfoute vind ook plaas omdat baie mense net nie goed kan tik nie. Om met een vinger te sukkel is nie maklik nie en om boonop foute reg te stel is nog meer moeite, so ek dink dit is verskoonbaar. Nie almal het tik geneem op skool soos ons vrouens nie. Maar dit beteken nie altyd die arme man weet nie hoe om 'n woord te spel nie. Solank ons weet wat iemand sê, kan ons dit mos verskoon, al is dit ook frustrerend om te lees, nie die einde van die wêreld nie. Kampwoordeboek en spelling sal egter goed saam werk!
Dassie, wat jy noem is presies die rede hoekom ek die draad begin het. Daar het reeds omtrent 90 mense hier aangesluit, ek wens meer van hulle wil ons vertel hoe hulle oor hierdie saak voel. Dit sal ons almal help om mense nie ontuis te laat voel nie. Voortrekker, en ek glo Lolla ook, het 'n groot taak hier aangepak en hul verdien dat ons op die regte voet met mekaar begin en oppas vir die klein jakkalsies.
HARRY DU RANDT: Die grooste ding op n forum wat my pla, is as daar onregverdigheid is. Sekere mense mag sê net wat hulle wil, maar ander word dit nie toe gelaat nie. Die maaitjie, maaitjie sindroom.
Dieselfde gevoel wat ek tans met huidige regering ondervind en wat seker ook toe gepas was met die ouer regering. Ek wil nie daai "A" woord noem nie, want dit grief my persoonlik.
Daaroor het ek forum bestuur per e-pos gekontak (praat nou van albei ander forums) maar hulle het hulle gat afgevee daar aan.
Ons is almal gelyk en moet so hanteer word. As spoorweg kind het ek dit baie beleef, toe ek my plek moes vind as kind. Daar het ek geleer van die verkeerde kant van die spoorlyn. Kinders kan baie hard wees. Die wat het en die wat nie het nie.
Ek is nie een dag spyt oor die manier wat ek groot geword het nie. Sommige mense dink soms ek spot oor die spoorwegkind storie. Nee, soos ek gesê het, is trots daarop en sou dit nie anders wou hê nie. Dit het my geleer om dinge te waardeer en respek te toon teenoor ander.
Elke persoon, het sy plekkie in die son.
HARRY DU RANDT:
dassie het geskryf:
Al julle manne en dame slaan die spyker op sy kop .Ek is juis weg by n ander forum omdat gn mens dit durf waag om iets te se en jy word persoonlik aangeval .Dit het vir my gelyk soos n " click " van so 6 ouens daar wat die septer swaai en beledig en afkraak en toe die moderator nog my pos verwyder terwyl die 6 wyse manne aangaan toe se ek nee wat los maar die plek is nie vir my .En dis jammer want daar was baie goeie manne en vrouens daar wat glad nie meer pos nie nou word daar skielik vrae gevra oor hoekom sekere mense nie meer daar kom nie .
Glo nie ek is een van daai wyse ouens nie (-: want ek is ongelukkig nie wys nie. (-:
DUSTY: Ek het nie 'n probleem met spelling nie. Gewoonlik by my is dit vet vingers. Druk gereeld die verkeerde sleutels. Dit is soos Freda hier noem. Nie almal het tik op skool gehad nie. Hier is 'n voorbeeld van snaakse spelling.
"Eonverye taht can raed tihs rsaie yuor hnad."
Ek glo dat almal dit kan lees.
HARRY DU RANDT:
Dusty het geskryf:
Ek het nie 'n probleem met spelling nie. Gewoonlik by my is dit vet vingers. Druk gereeld die verkeerde sleutels. Dit is soos Freda hier noem. Nie almal het tik op skool gehad nie. Hier is 'n voorbeeld van snaakse spelling.
"Eonverye taht can raed tihs rsaie yuor hnad."
Ek glo dat almal dit kan lees.
HAND (-: ?
GROOT G: Hey, hoekom slaap julle nie?
Harry, ek stem 100% saam met jou 1ste paragraaf by #11
VW: Punt No. 3 hak ook nogal vas by my, dit is beslis n groot faktor.
Nog iets wat ek dink nuwe lede se deelname beperk is as iemand aansluit en n vraag vra wat al van tevore bespreek is onder ouer lede en dan n antwoord kry dat dit vele male al bespreek is en hy/sy die soekfunksie moet gebruik, in my opinie voel n persoon net daar en dan ontuis.
So what as dit al vele male bespreek is, kom ons bespreek dit dan weer! Dit is tog immers lekker om kamp related goed te bespreek, ons deel dan almal die passie daarvoor..
WILSUR:
Freda se punt 3.
-
Daar is volgens my die ou wat sy meter jaag of om net te wys hy is ook hier en dit is die ou wat dan net sal sê wag en sien of ek weet nie.
-
Ek probeer tenminste om 'n skakel na die vorige onderwerp bespreking te plaas, dan het ek nie nodig om dit weer te herhaal nie. Maar soms kry jy die ou wat te gemaklik is om te soek, voorbeeld (Ek praat van Bosfontein, dan vra die persoon waar is dit of dit of dat) beide persone is op die internet ? Daar om sal ek eer probeer soek anders vra ek of daar 'n web adres is.




