Daar is 25 verskillende afdelings onder die Indeks van Kampforum en dus geleentheid vir 'n groot verskeidenheid onderwerpe waaroor geskryf kan word. Dit is hoofsaaklik 'n kampforum en dit is tog die rede hoekom die meeste lede aangesluit het. Omdat hulle lief is vir kamp en graag daaroor wil gesels en leer.
As jy op die forum ingaan, wat lees jy dus die graagste? Kampverwante drade, gesprekke oor sleepvoertuie en karavane? Lees jy graag van mense se kampervarings en wat hul oor karavaanparke te sê het? Geniet jy dit ook om die grappies en stories, 'n resep, die musiekdraad of 'n geselsery oor rugby te lees? Hoe voel jy oor kontroversionele onderwerpe?
Dit sal interessant wees om te hoor wat lees lede die graagste, waarna loer hulle net en wat ignoreer hulle geheel en al. Dit is natuurlik nie 'n vereiste dat jy van alles moet hou nie, elkeen het die reg om te kies waarin hy belangstel en waarin nie.
Ek sal sommer begin deur namens myself te antwoord. Ek lees al die nuwe drade. As ek sien 'n onderwerp is te tegnies vir my (as vrou) sal ek dit gewoonlik nie volg nie. Daar is soms drade wat ek dink ek gaan nie in belangstel nie, maar het dit op die ou end baie interessant en leersaam gevind. Ek hou van stories en grappies en geniet dit as iemand humoristies kan wees in sy antwoorde, natuurlik net as die onderwerp dit toelaat. Resepte lees ek met graagte maar vermoed mans is nie so entoesiasties daaroor nie. Interessante vertellings oor kampervarings is een van my gunstelinge. Ook as iemand besig is om te kamp op die oomblik en omtrent daagliks 'n verslag gee oor wat hul daar ervaar en alles doen.
Kontroversionele onderwerpe kan soms regtig interessant raak, maar soms ook gevaarlik wees. Ek lees dit baie graag en geniet selfs die geredekawel oor die onderwerp van die draad. Maar ek besef die gevare van stellings maak wat mekaar opsweep, beledigend is, aanvallend is en bowenal jouself en die forum in die moeilikheid kan laat beland.
LEN LOADER: Dit is vir my nog 'n bietjie vroeg in die bestaan van hierdie forum om hierop kommentaar te lewer, maar oor die algemeen hou ek daarvan om saam te gesels oor die volgende onderwerpe :-
- Idees van kampeerders om hulle kamp- en woonwa-ervaring interessant en aangenaam te maak, byvoorbeeld tafels, kameras
agterop 'n karavaan, braaiers, TVs, lugversorgers ens.
- Kampeerervarings met fotos by kampoorde, veral by nasionale parke
- Enige Kruger Wildtuin of Addo vertelinge met fotos
- Sleepvoertuig en karavaan/boswa/kampwa besprekings
- Natuurlike humor in die loop van voormelde gesprekke is aangenaam, maar ek is nie mal oor geforseerde, ligsinnige stories nie.
Daarom is ek dankbaar daar is 'n afsonderlike afdeling hiervoor vir ouens wat daarin belangstel
- Ek hou nogal van gesprekke wat ons daaglikse lewe raak, maar dit koppel dikwels aan politiek wat eintlik kontroversieël is en dan
ongelukkig vermy moet word. Gelukkig is daar 'n afdeling waar 'n mens die waters kan toets.
- Ek stel ook baie belang in die bekendstelling van forumvriende, waarmee sleep hulle, wat sleep hulle, waar is hulle vandaan,
watter vorm van kampering en kampplekke verkies hulle, watter beroep beklee hulle of het hulle beklee voor aftrede.
FREDA: Lennie, ek het natuurlik nie bedoel dit moet oor hierdie forum gaan nie. Meeste van die lede het ondervinding van hoe 'n forum werk. Ek het ook nie die draad vir verkeerde redes begin nie. Jou antwoord is 'n voorbeeld van presies wat baie goed is om te weet. Sodoende sal lede beter verstaan wanneer iemand nie reageer op sekere dinge nie. Dan weet ons om dinge nie persoonlik op te neem nie.
FREDA: Nou wat nou? Net Lennie antwoord my en ek het gedink dit is 'n goeie onderwerp om van mekaar te leer. Maar toe nie! Wel ek het darem iets geleer. Nou weet ek van waste onderwerpe julle nie hou nie.
FRANS PRETORIUS: Freda, wanneer ek inskakel hier, en daar's tyd beskikbaar, lees ek al die plasings, met geen voorkeur vir enige onderwerp, seker maar omdat kamponderwerpe as sulks nie meer vir vir my belangrik of noodsaaklik is nie. Ek lees om mense se lief en leed te ervaar, en sal, indien ek iets positiefs kan bydra, iets plaas. Ek het gemerk dat op CP forum daar baie insette geplaas word wat absoluut niksseggend is.
Op ou wegsleepforum het ek ook maar baie selektief plasings gemaak.
VOORTREKKER: Geduldig Frieps. Jy het hom Vrydagmiddag geplaas en did is Sondagaand. Dit was stil hier oor die naweek.
EK kan jou nie objectief antwoord op hierdie stadium nie. Ek lees alles en lei aan forum koors op die oomblik.
FREDA: Aaah, Voortrekker, en daar noem jy my nou Frieps. Toe maak jy my hart sag! Dit is my familie se naam vir my.
Frans, jy is vergewe dat jy my nie antwoord nie. Alhoewel, ek dink, jy is nogal die regte ou om dit te antwoord, jy weet mos van al die slaggate waarin ons trap. 'n Man met ondervinding, ons kan leer van jou.
LEN LOADER: Ja, die forum is maar stillerig (seker omdat dit naweek is), maar ek skep moed as ek sien een na die ander ou bekende sluit aan.
Onthou vrinne, hierdie is 'n GESELS-forum en nie net 'n lees-forum nie. Laat hoor 'n bietjie van julle asb.




