Forums
Ons wil graag volgende Desember die wa gaan vasslaan by Stormsrivier mond. Ek het nog nooit daar gekamp nie.
My vraag is, wat kan ons daar verwag buiten pragtige natuurskoon en see TV met betrekking tot ablusies, wind ens?





Stormsriviermond
Seker die mooiste plek op die tuinroete. Die staanplekke is gelyk, ek dink heelwat van hulle het plaveisel, maar geen skaduwee. Die ablusieblokke is uitstekend en die kere wat ons daar was "spotless" skoon gehou. Pragtige natuurskoon om na te ry en te stap. Die see is 'n fees om te aanskou, reuse branders.
Die enigste probleem! Wind en wind. Jy moet jouself behoorlik voorberei om te gaan reg opslaan vir die wind. Jy tref dit dalk gelukkig en min of selfs geen wind nie, maar maak jou reg daarvoor. Moenie op die staanplekke reg voor staan nie, kies een in die tweede of derde ry, al is die uitsig nie so oop vandaar nie. Staan miskien met jou rug na die see, alhoewel jy nie gaan lus hê om dit te doen nie.
Ons het gehoor die wind waai jou altyd weg by Buffelsbaai, tog het ons verlede jaar besluit om te gaan. In tien dae het ons geen wind gehad nie.
Alle kampeerders behoort ten minste een keer in hul lewe by Stormsrivier te gaan kamp.