Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -53 minutes ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -1 hour ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -5 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -7 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago

Welkom Vrystaat12504

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Welkom op ons forum Vrystaat12504 !  Gesels 'n bietjie met ons !

Was jy dalk ook destyds ook toegesluit op Robineiland ?  Mandela se nommer was mos 11657 en ek sien jou nommer is 12504  -  so jy is 'n raps na hom toegesluit.

Jou forumnaam het my heeltemal deurmekaar.  Jy is van Babsfontein, dis mos daar in Gauteng, oos van Pretoria terwyl jy nou ook van die Vrystaat praat en dan ook nog 'n geskiedenis het van Robineiland.  Gee 'n bietjie vir ons meer duidelikheid oor hierdie deurmekaarspul.

En onthou, ek is die ou op die forum wat aanmekaar kla dat ouens nie wil saamgesels nie.  Vertel dus gerus 'n bietjie meer van jou kampeerdery.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 29/08/2017 - 21:05

Welkom op die kampforum Vrystaat12504, jou naam het my verwar, net gehoop hier is nog 'n Vrystater.

Len, was Mandela nie 46664 nie?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/08/2017 - 21:21

Weet nie Johann, mag dalk wees  -  ek was nog nooit goed met syfers nie al het ek al die jare in 'n bank gewerk !

Mandela het verskeie prisonier nommers gehad en 11657 was sy nommer toe hy in 1964 lewenslank gevonnis is vir sabotasie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus