Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -5 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Slange in jou tent

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Omdat ons gereeld in die Kruger Wildtuin en ander wildtuine kamp, het ek nog altyd 'n vrees gehad dat ek een of ander tyd 'n slang in ons tent gaan raakloop.  Ek probeer dus altyd nie 'n ideale plek skep wat vir 'n slang aanloklik sal wees nie.  Niks los goed lê rond in die tent nie en braaihout word onder die karavaan geberg.  Maar een so 'n plek is onder ons vrieskassie wat altyd in die tent of "rally" staan.  Dit het nou al 'n keer of wat gebeur dat ons in 'n reënstorm verspoel het en daarom plaas ek ons vrieskasie op twee houtblokke aan die linker- en regterkant sodat stormwater onderdeur kan loop sou daar iewers weer 'n verspoeling wees.  Omdat ons 'n absorpsie vrieskas het wat met hitte werk, is hierdie opgeligde vrieskassie die ideale plek vir 'n slang om hom tuis te maak.  Ek oorweeg dit dus om nog twee blokke aan die voor en agterkant van die vrieskas te plaas sodat toegang onder die vrieskas nie moontlik is nie.  Die nadeel is egter dat stormwater dan nie onderdeur die vrieskas kan vloei nie.

Het iemand al 'n ervaring met 'n slang in die tent gehad en indien wel, hoe het jy dit hanteer ?

(Ns.  Ek het 'n foto opgespoor wat wys hoe die vrieskas op twee houtblokke staan).

.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/09/2022 - 19:32

Naand Len

Ek het vir dieselfde rede vir my Nat. Luna 'n tafeltjir laat maak. Dit staan op 4 pote, so liniaal hoogte, in 'n pan met randjie. Dit keer dat dit kan afskuif per ongeluk. 

Nou is die NL uit water  uit, en hopenlik is daar nie plek vir slang om sy lê te maak nie.

die lekkerste plek vir slang is tussen grondseil en die onderste flappe van jou kantseile en "skirt." 

Besem en graaf sal gebruik word, indien nodig.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 05/09/2022 - 20:50

Len, daar is so staander vir kas yskaste, ek het vir my een gekry en werk baie goed (een poot het 'n stel skroef as hy nie gelyk staan nie).

Fridge Stand. Skakel.

.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 05/09/2022 - 21:04

... een as Willem. Werk soos 'n droom en vou lekker klein op.

Destyds (2008/09) tydens 'n Kers/Nuwejaarstyd-vakansie in Karoo Nas Park het presies by ons gebeur waarvoor Len bang is. Die jong Kaapse Kobra het onder die vrieskas, wat onder ons stoeptent gestaan het, ingeseil nadat ek die vrieskas op bakstene gelig het.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/09/2022 - 07:25

Môre vriende

Ek het vergeet om te noem dat die pote[pyp] los is van die blad. Dit druk net in 4 effe groter[diameter] pypstukke in.

Die NL word binne in die blad vervoer. Ek laai eers die blad op die trokkie, dan sit ek die NL daar in. Dan skep ek moed en stoot die blad tot op sy regte pakplek tussen die ander goete agter op die trokkie. Wil ek iets uithaal by oornag staning, sleep ek die NL op die blad tot agter, waar ek dit kan oopmaak.

Moet noem, 'n vol gelaaide NL stoot/sleep nogal moeilik op die rubber bedekking.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/09/2022 - 08:00

... nou-eers Len se laaste vraag "hoe het jy dit hanteer?"

Ek het die kalant (waarvan ek hierbo praat) bloot met 'n besem verwilder. Hy's toe onder die karavaan in, waar hy buite sig verdwyn het.

Soos reeds boontoe genoem, was dit 'n jong kobra - beswaarlik 'n meter lank. Ons het hom (dit kon 'haar' ook wees) by twee geleenthede in 'n boom ook gesien - een keer voor die vrieskas-voorval en een keer daarna. Die pligsgetroue voëltjies het hom elke keer weggegee.

Met die vrieskas-petalje het ou "Biggy", die naam wat ons die grootste van die bergskilpaaie in die kampeerarea gegee het, hom verklik. Ou Biggy het elke dag oor die warm middaguur onder ons stoeptent kom skuiling soek vir sy daaglikse siesta. Daardie dag het Ralie, wat neffens hom gesit en lees het, gehoor hoedat die ou skielik 'n harde suisgeluid (soos een wat asem intrek) maak. Toe sy opkyk sien sy die kobratjie seil onderdeur ou Biggy en verdwyn onder die vrieskas.

Ek is maar bangerig vir slange, veral as jy weet dit is 'n gevaarlike kalant soos 'n Kaapse kobra. Maar jy doen maar wat jy moet doen.

Alhoewel ons al by vier geleenthede pofadders in die Karoo Nas Park se kampeerterrein gesien het (o.a. twee op een dag), het dié ouens gelukkig nog nie bý die karavaan kom pla nie.

Almal ken al my swart mamba episode in Tsendze - in die appelblaarboom bokant ons karavaan. Maar weereens was die ou darem nie in ons leefruimte nie.

Wessel noem dat die serpente lief is om onder die grondflappe van die tent in te "kruip". Dit is presies wat in die geval van 'n vriend van my by Rooiputs in Kgalagadi gebeur het. Toe hulle die oggend afslaan en die tent wil opvou, toe lê die pofadder knus onder die tent se grondflap. Ek skrik my in 'n vuil onderbroek in.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/09/2022 - 09:42

Ons het hom (dit kon 'haar' ook wees)

Die wyfies het korter sterte as die mannetjies omdat hulle meer plek in die lyf nodig het om eiers (en in sommige spesies baba slangetjies wat uit die eiers uitbroei voor die eiers gelê word) te akkommodeer. Tel die slang volgende keer op en kyk aan die onderkant hoe ver agtertoe die kloaak sit (die deel agter dit is die stert) sodat die regte geslag in die vertelling gebruik kan word asseblief. devil

toe lê die pofadder knus onder die tent se grondflap.

Toe ons laas by Nossob was het ‘n pofadder agter ander kampeerders se yskas in hul tent ingeseil. Hulle het dit ook gelukkig gesien, en die veldwagter gevra om dit te kom verwyder. Ek dink ek moet April stewels saamvat Kgalagadi toe om aan te trek op die dae wat ons oppak. Skrik is nie vir my so erg nie maar ‘n pofadder is die slang wat die vinnigste op aarde kan pik. Ek wil nie hê hy moet sy m03r vir my strip omdat ek sy kombersie afhaal nie. Gelukkig is die al wat onder ons kantseil was by Nossob toe ons laas daar was:

A

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/09/2022 - 10:02

Tel die slang volgende keer op en kyk aan die onderkant hoe ver agtertoe die kloaak sit (die deel agter dit is die stert) sodat die regte geslag in die vertelling gebruik kan word asseblief. devil

Ek weet dit is tong-in-die-kies gesê, maar daar is geen manier dat ek op hierdie wyse wil bepaal of dit 'n hy of 'n sy slang is nie.  Wat my aanbetref is 'n slang 'n slang en moet hy/sy geepad uit my leefruimte. Maar ek is nie 'n voorstaander van die dood van slange nie, eerder net verwyder deur 'n kundige of andersins net verdryf weg van my leefarea. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/09/2022 - 10:46

.... wat Chris WH op die foto wys wat hy in Nossob onder die kantseil gevind het, het tydens dieselfde vakansie, waarna ek hierbo verwys (toe die kobra van hom 'n "nuisance" gemaak het), in die vrieskas se "cover" ingekruip. Toe ek iets uit die vrieskas wou haal en die "cover" eers oplig, toe sit dié kêrels knus en slaap. Ook byna 'n vuil onderbroek gewees. Ek glo my seun (wat 'n onbeskryflike groot vrees vir spinnekoppe het) sou waarskynlik flou geval het.

Wat my aanbetref is 'n slang 'n slang en moet hy/sy geepad uit my leefruimte.

Ek stem Len. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 06/09/2022 - 11:50

Toe ons Desember 2019 by Dinokeng gestaan het het ons ook 'n slang gewaar en weg geseil het onder die sy kant uit.  Het die oord se ouens gekry maar kon hom nie opspoor nie.

Dit was ook die voëls wat my bewus gemaak het wat laag naby die grond tekere gegaan het.

Wat my aanbetref is 'n slang 'n slang en moet hy/sy geepad uit my leefruimte.

Stem ook 100% saam. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/09/2022 - 11:58

....dat my Kavango minder openinge het. Ek dink byvoorbeeld aan die uittrek stort/toilet kamer. Daar is baie openinge om die vloer waar die seile nie dig sluit nie. Ook die luik waar mens die NL uittrek. Nie een van die openinge is hoog van die grond af nie. 

Ten minste iets wat by die NL opening inkruip/seil, kan nog nie binne die wa kom nie, maar die blote gedagte maak my bekommerd.

Ek het gehoor dat die "Anti snake" wat mens in spuitbottel koop, eintlik nie werk nie. Wonder of dit sal help as mens vêr van struike en langgras staan. Dalk in middel van skoongeharkte staanplek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/09/2022 - 12:53

onbeskryflike groot vrees vir spinnekoppe

Interessant genoeg is die rooi roman nie ‘n spinnekop nie. Dit lyk soos een, maar het 10 pote - nie agt nie (tel maar op my foto hier bo). Dit word as ‘n solifuge geklassifiseer, nie ‘n arachnid nie. Hulle kom algemeen voor in sanderige gebiede soos die Kalahari, en vreet insekte. Daarom kom hulle nes skerpioene na vure en ander ligbronne toe, want dis waarheen insekte ook gelok word en daar dus prooi is.
 

Ek hou baie van hulle, maar verstaan dat mense hulle “grillerig” kan vind. Die media prent negatiwiteit in ons in oor “goggas”, slange, vlermuise en bv hiënas. En dit terwyl die diere almal belangrike funksies vervul. Romans is darem ook nie giftig nie, en gaan jou nie byt tensy jy een vang en vashou nie. Die ouvroustorie oor sg baardskeerderspinnekoppe (dis ‘n naam vir hulle in die volksmond) is ook ‘n mite.
 

Slange is ook nie gevaarlik as jy hulle uitlos en jou afstand hou nie. Wie onthou nog die ou wat in ‘n hok vol giftige slange gebly het by Hartbeespoortdam se slangpark? As ek reg onthou vir iets soos 25 dae. En nie een het hom gepik nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus