Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -47 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Specialists se vat jou goed

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

Berdien sukkel al so 10 jaar met lugweg infeksie drink pille dan gaan dit beter vir n wyle omdat ons in Secunda is , is dir lug gehalde nie goed ons huis basies klaar betaal ingerig soos ons hom wil he boorgat water volop en in beplande fase vir my 10kv solar paneel systeem vir huis , nou se die specialist vir ons hy raai aan ons verhuis wat maklik klink maar tog nie is nie so die le soos n berg voor ons wat gemaak ???

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/10/2022 - 08:18

Shaun, dit is 'n hewige besluit wat verrykende gevolge het, ek sou graag uit die vuildriehoek wou pad gee, maar hoe ontwortel mens 'n 40 jaar oue boom?

Ons kleinkinders is 7 km van ons af, wat maak ek as ek hulle nie elke dag sien nie?

MAAR, jy moet aan Berdien se gesondheid dink ook!

Dank Vader ek moet nie vir gesondheids redes daai besluit neem nie, maar ek sou trek - net my opinie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/10/2022 - 08:34

................ek sou beslis sê kry eerder 'n tweede opinie van 'n long-spesialis.  Verder nog, julle is van plan om binnekort dikwels te reis en kamp weg van die huis af en miskien is so 'n drastiese stap nie nodig nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 03/10/2022 - 08:36

Voel vir julle vuildriehoekers en secunda petrol dorpers! Ek het self in Vandervuilpark grootgeword en eers nadat ons as pasgetroudes 40 jaar gelede in Centurion nesgemaak het ervaar hoe dit is om te lewe sonder alewige borskwale. Hulle sê mos dat die vuildriehoek en Secunda se lug jou toelaat om met elke asemteug te kies watter kleur lug jy wil inasem! Ek het nog familie in Vandervuilpark en kuier af en toe vinnig (met die klem op vinnig!) daar. Dis een ding om in so 'n omgewing te moet werk maar aftree? Nooit gesien nie, Shaun pak op en trek na omgewing met beter lug gehalte.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 03/10/2022 - 11:36

Len die was ons tweede opinie gewees, Grootwind ek hoor jou Johann net so nie maklik opinie nie ons gaan wel begin om meer te kamp/ toer sodra Berdien reg voel en ons groen lig kry hier op kantoor is 9 dames en 2 ouens wat ingebel het of lug weginfeksie of brongities ja ons lug is flippen regtig vuil so ons sal die berg stuk vir stuk uitstap en hopelik regte besluit neem dankie vir almal se inset blush

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/10/2022 - 12:01

Middag Shaun

....Sal dit help om 'n gesigmasker te dra. ? Dalk net as sy buite beweeg. Ek dink mens kan by apteke uitvind of mens maskers kry wat baie fyn stofdeeltjies kan vang.

Tweede dom vraag, is dit stofdeeltjies, of suur/toksieses gasse wat die probleem veroorsaak.??

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/10/2022 - 12:04

... maar my opinie is dat julle baie ernstige oorweging daaraan moet gee om maar wel te verhuis na 'n omgewing met skoner en gesonder lug. Waar dit sal wees en hoe moontlik dit is terwyl jy (Shaun) nog werksaam is, sal net julle weet. Nog 'n jaar of twee van vuil lug inasem, kan dalk net Berdien se situasie onomkeerbaar verander.

En om te gaan toer - hoe gereeld en hoe lank ookal - en dan telkens terug te keer na die vuil lug situasie, sal ook nie die mees aangewese oplossing wees nie.

Dit is baie maklik om as buitestaander hierdie opinie uit te spreek. Julle sal uiteindelik die besluitnemers moet wees - hoe gouer, hoe beter. Maar julle wense is sekerlik om 'n lang en gesonde aftrede te geniet - jare van lekker kamp en toer. Moenie dit kortknip met ondeurdagte en kortsigtige besluite nie. Gee maar baie ernstige oorweging aan die geleerde medici se aanbevelings.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 03/10/2022 - 12:17

Wessel, ek dink dis oorwegend die sg. Nox'e en SOx'e, oftwel Nitrous Oxide en Sulphur Oxide   en dan nog saam met allerhande ander nare goed soos Metaan, ensovoorts. Hier is 'n mooi beskrywing wat in die lug is naby 'n petro-chemiese aanleg....nie te gesond nie!

https://cfpub.epa.gov/nc…

Toe ek in die vuildriehoek gebly het het jy ook van tyd tot tyd 'n addisionele dosis gekry van Sasol en/of die ou Yskor afhanende van die wind. Selfs hier in Centurion slaan Secunda se dampe ons ook partymaal agv die wind wat dit hiernatoe waai. Ek dink nie mens gaan maklik daai goed deur 'n masker stop nie? Dalk 'n militere spec chemiese oorlogvoering masker maar die is nogal 'n gedoente! Secunda is boonop baie erger omrede inwoners aan beide Sasol en Eskom se steenkool stasies blootgestel word....en die skade aangerig aan mens se longe sou ek reken is langtermyn

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 05/10/2022 - 07:27

Dankie vir julle insette ons gaan gereeld toer sodra Berdien op die been is sy maak klaar by  Anglo na amper 36 jaar diens volgende Junie ek gaan werk tot 2024 en dan herbesin oor my werk ons gaan bietjie huiswerk doen by Tzaneen , Lydenburg , Hoedspruit , Witrivier , en dalk Nelspruit en dan n besluit maak Secunda se huismark tans meer vir die ou wat wil koop agv afleggings laas jaar deur die Sasol groep ja die vuil lug maak my vrou nou baie siek en dan het sy nog die rug operasie ook gehad onlangs bo en alles is ons nog dankbaar vir wat Vader vir ons gedoen het en nog steeds doen mooi loopsmiley

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/10/2022 - 07:39

Hello Shaun

Hier gaan ek alweer my voet daarin sit.

Van al jou genoemde plekke, trek net ene my, Nelspruit!!! Seker maar oor die beskikbaarheid van mediese fasiliteite.

O ja, en dis lekker naby en velig na Malelane hek na KNP.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/10/2022 - 07:32

Klaar met my swaar in Tzaneen gesels hy se sowel ander mense se dat Tzaneen hospitaal baie agter uit gang en dat die wat nog trots het aanbeweeg meestal na privaat sektor, Phalaborwa het nie n hospitaal nie en ek dra kennis dat Nelspruit se Medie Kliniek hospitaal baie hoog geslaan word so jy slaan die spuiker oppie kop en ook naby aan oom paul se tuin sal sien hoe die pad voorentoe gaan loop 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/10/2022 - 07:43

Môre Shaun

Ek het net die afgelope tyd besef dat ons ouer garde die hospitaal faktor in gedagte moet hou. Nie net nabyheid nie, maar ook die veiligheidsfaktor verbonde aan toegangspaaie.

Ons moes by 2 geleenthede baie vroeg in Montana- en  Zuid Afrikaanse-hospitale gewees het. Dit het beteken dat ons in die donker op die pad was, wat deesdae 'n veiligheidsrisiko inhou.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/10/2022 - 07:50

Nelspruit was op ‘n tyd die dorp wat die vinnigste gegroei het in SA. Dis toe die burgeroorlog in Mosambiek verby is en die grense oopgemaak het. Ek was lanklaas daar, maar mens het altyd baie Mosambiek geregistreerde karre daar gesien. Dis nie ‘n slegte ding nie, want hulle bring koopkrag. Daar is uiteraard ander elemente wat ook van daar af inkom, veral wat wildstropery betref. 
 

Nelspruit en omstreke is ‘n mooi omgewing, en soos genoem lekker naby aan die wildtuin. Daar is ander mooi plekke soos in Sabie se omgewing om ook te besoek, en Mosambiek is nie te ver nie. Hierdie tyd van die jaar raak dit net lekker bedompig daar. Hou dit ingedagte indien dit ‘n invloed op Berdien se asemhaling kwessie kan hê. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/10/2022 - 07:50

Ek wou so graag in phallas aftree almal wat my ken sal dit in mond se maar sonder hospitaal/ mediese sorg het ek vrede gemaak daarmee ja n ou moet dink aan die dag wanneer jy goeie medies sorg gaan nodig he

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/10/2022 - 08:03

Lees nounet dat die Wes Kaap provinsie 'n program loods om hulle mediese fasiliteite, hospitale, toerusting en personeelgetalle te verbeter. 

Jislaaik, dit moet mos eintlik aandag kry in AL die provinsies. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 06/10/2022 - 08:38

Shaun - ek aanvaar dat jou swaer verwys na die Van Velden provinsiale hospitaal in Tzaneen. Die Tzaneen Medi-Clinic is 'n puik hospitaal en 'n klomp uitstekende mediese spesialiste is beskikbaar. My kleinseun is al daar behandel, 'n vriend van my het 'n groot ingewikkelde operasie daar ondergaan en verskeie van my Eiland Spa-vriende (senior burgers) getuig net met lof van Tzaneen Medi-Clinic.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/10/2022 - 08:41

Jislaaik, dit moet mos eintlik aandag kry in AL die provinsies. 

Baie dinge moet eintlik aandag kry in al die provinsies. Die ANC werk aan ‘n model om weg te doen met die drie vlakke van regering (nasionaal, provinsiaal en plaaslik) en dus alles sentraal te beheer. Dan is die Wes-Kaap ook in sy maai. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/10/2022 - 08:52

Ek praat uit my swaer se mond soos hy dit oorgrdra het aan my , selfde hier by ons party mense se wow Trichard Medi Clinic is goed my ondervinding weer teenoorgestelde ek vermy daai hospitaal ver moontlik ons maak gebruik sover moontlik Kloof Hospitaal , Little camp of marry sy naam wel verander of ander in Pretoria en omgewing 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/10/2022 - 08:55

Praat sopas met kollega wat se ouers in Nelspruit bly hy ook my meegedeel Nelspruit baie uitgebrei en my gese ek moet maar sit n koue een vat as ek na huis pryse kyk , ek nou n uur deur huise en pryse gewerk ja maar duur selfde as hier by ons wat is goodkoop deesdae?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/10/2022 - 10:01

Shaun, kontak bietjie vir Koos Mol, hy bly mos in Nelspruit. Sekerlik kan hy jou van baie advies voorsien.

Indien ek kan bekostig om te verhuis, sal dit koue dele toe wees. Ek wonder hoe warm word die Oos Vrystaat in die somer, nog nooit so opgelet nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus