Ek het op 'n ander draad vertel van die klomp fosiel bikers wat hier gekamp het?
Hulle het vir Petra en my heeltemaal omsingel met al hul tente selfs 3 karavane hier gehad, hulle het so om en soms sommer so deur ons ou kampie gekuier en gedrink en dan maar weer so bietji'e gedrink en netnou dan drink hul maar weer so bietjie! Nou weet ek hoekom het hulle mfet 4 wiele en nie 2 gekom nie, hulle sal nooit kon balanseer op 2 wiele nie?
Maar nee hulle het hul goed gedra, een man se woordeskat is maar baie sleg, hy ken omtrent net die "F" woord en dalk so een of twee ander woorde, maar hy was darem redelik F'en eerbaarlik!
Mens moet seker maar verwag dat 'n groot groep mense uiteraard maar hard praat lekker lag en as daar dan nog so paar doppe by is raak die rumoer level maar redelik hoog, en dan as mens lekker kuier kyk jy mos nie na die horlosie nie?
Vrydag aand lekker gekuier wens ek kon van daai grappe hoor want hul het darem lekker gelag, Saterdag het van hulle so nou en dan kom gesels [veral die een damekie met so stywe rek fluister broekie, ai ek kwyl sommer nou weer]en ons toe genooi na hul potjie kompetiesie gisteraand. Lekker saam gekuier, nog lekerder ge-eet en ons het so by 1 uur maar vir hulle gelos lat hulle kuier en ons het toe maar kom inkruip.
Die punt wat ek wil maak;
Moet mens nou wragtag die ouens hul lekker saam kuier naweek misgun? Hulle het geraas ja, maar niks vulgere taal, bakleiery of so nie net LEKKER gekuier!! Hier is van die ander in die kamp wat hulle sterte vreeslik in 'n krul getrek het oor die geraas, en snaaks niemand van hulle het naby die mense gestaan nie? Is slaap dan nou wragtag so belangrik dat mens ander se genot moet keer?? Ons leef tog net eenmaal en sulke goed gebeur ook nie elke aand nie, nee wat wees partykeer maar bietjie verdraagsaam?
Buitendien, as jy jou stert in 'n krul trek is dit net jy wat ongelukig is, die kamstige "sondebok" lag jou af, so nou het jy heel nag al gele en jou maagseer gevoed, en nou loop jy die volgende dag ook nog dikbek?
Arie. Dit is so waar. Ons…
Arie. Dit is so waar. Ons het bure wat ook so nou en dan lawaaierig kuier. Ons los hulle maar want dit gebeur darem nie gereeld nie, so een of twee keer per jaar. Dit is soos jy sê, jy is omgekrap en ongelukkig en hulle lag jou af.
Arie hang seker ook maar af…
Arie hang seker ook maar af van 'n mens se verwagtinge van 'n kamp. As ek byvoorbeeld soek na 'n rustige naweek en kry mense wat hard raas tot vroee oggend ure, dan gaan ek nie gelukkig wees nie.
In al die jare wat ons kamp,…
In al die jare wat ons kamp, het ons nog nooit gaan kla oor ander kampeerders se gedrag nie, behalwe in hierdie jaar. En dit was nie kampeerders nie. Dit was 'n baie groot groep swart jongmense wat in huisies gebly het. Hulle het werklik verskriklik geraas. Oor en weer by mekaar se huise en terwyl hul heen en weer beweeg verby ons karavane. Vier uur die oggend het Colin die sekuriteit gebel. Al die ander mense wat daar gekamp het, was wakker. Ons het buite gestaan en kyk hoe die sekuriteit hulle kom aanspreek en selfs toe het dit nog 'n rukkie gevat voor hul tot ruste gekom het.
Ongelukkig (of gelukkig) verskil mense maar. Een klomp sien so wegbreek as rustig raak, ander sien dit as 'n groot jol. Ons het al agtergekom, dit is gewoonlik net die eerste aand, die tweede aand "floor" hulle vroeg.![]()
Freda, ek het ook nog net…
Freda, ek het ook nog net een keer stappe moes neem, maar sommer die gereg in my eie hande geneem en die skuldiges 2am met rou eiers gegooi.
Dit kom neer op respek vir…
Dit kom neer op respek vir ander. Respekteer my rus, vrede en privaatheid en ek doen so terug
Vrede.
Stem saam met jou Stephan, ek gee nie om vir jong klomp wat hulself geniet nie, maar daar is 'n tyd vir alles.
Ons gaan kamp en wil graag in rus en vrede kamp, maar ja, dit gebeur soms dat ander mense hulself op ander maniere geniet, nie altyd so welkom nie. Sodra die vrugte sap jou aantas, gaan skaap.
once......
Eden park in St Lucia......
Really noisy crowd going on and on and on....
Dry-ice, 2L Coke bottle, a bit of water, maak vas toe and rolled it under their van...
BA-DOEM!!!!!!!
stilte..... Vir n rukkie....
Weeer begin raas
Repeat sentence 3
Weer BA-DOEM!!!!!
A lesson in swear words that even I had never come across...
Stilte...... net stilte.......
But, I have to tell you what's the absolute worst...
Mr's Van Deventer <net n naam wat ek vir enige vreemde Afrikaansé tannie gee>
AND HER TWO BLOOMING PARAKEETS.... SHEESH daai goed kan raas... van uit-sit tyd tot in-vat tyd.............. (Ronwill near warmbaths)
Weer BA-DOEM!!!!!…
Weer BA-DOEM!!!!!
I like it! Warren ek en jy moet bietjie saam kamp, you can go in-close with the dry ice bombs and I will back you up with artillary raw eggs from a distance.
Scruffy can go-in on pee on their bedding...
Blikslaer, maar julle mense…
Blikslaer, maar julle mense is vernielsutig, hoekom nou die arme mense met eiers gooi of op hul goed pie???!
Wat het geword van oorstap en ordentlik met hul praat?
Raas in Kampeer plekke
Sleep nou is waar wat jy se, praat jy met die ou vat hy aanstoot en dan sal hy jou wys hoe hy kan raas .Gewoonlik het die vrugte sappies gevloei en jy kan nie met n dronk mens redeneer nie .Ek noem hulle sommer Moegoes
Gehoor maar weet nie
Gehoor Badplaas het nou briek aan gedraai met dagbesoekers weet nie of dit waar is nie sou dit waar wees sal ek weer daar gaan kamp
Shaun, ja dit is die…
Shaun, ja dit is die waarheid???
Die senior bestuurder het alle langnaweke en skool vakansies vir Desember '17 tot Desember 2018 dag besoekers verbiet.
Dit het glo so goed gewerk Desember 2017, daarom het hy dit so vir 2018 ook in gestel.
Jy weet Johann
Die Mollers van Secunda het n paar keer daar gaan kamp mar a.g.v swak beheer het van ons kampers se goed weg geraak by Badplaas en dit het my afgesit so na 8 jaar wat ek laas daar was kan ek weer probeer vandaar die draad wat ek begin het oor dagbesoekers en beheer
Shaun Badplaas en Warmbad se…
Shaun Badplaas en Warmbad se dag besoekers het ons ook af gesit, was neer as 25 jaar laas by Warmbad, en so 10 jaar laas by Badplaas. Ander ding wat my afsit, is hul (veral Warmbad) se pryse.
Warmbaths...
Johann, PRESIES... Has become one of the most unpleasant places to visit...
Ek vermy daar so Ooooo 20 yaar????
Overcrowded, noisy trucks using air-brakes throughout the night, far too many day visitors and belaglike pryse....
Better option go to ATKV or if you like more rustic, There's Ronwil (on the same road but before ATKV on the left) and if you want to go to the "warm-baddens"go there as a day visitor... That way you are paying for what you use rather than subsidising every blooming thing on offer whether you intend using it or not...
Warren, you are so right on…
Warren, you are so right on both counts.
Overpriced, over staying day visitors, no resting for nobody, full stop!!
Hier is al die redes hoekom…
Hier is al die redes hoekom ek die soort van oorde n mis gee. As ek wel by n oord gaan kamp is dit buite seisoen en verkieslik n midweek....





Klink na 'n lekker kuier…
Klink na 'n lekker kuier daar by julle, hoop ons gaan dit ook regkry met ons kamp daar by julle.