Kampforum.co.za se drupal platform het gister 'n lang beplande update ondergaan.
Dit lyk sover of alles goed afgeloop het. Daar was een klein probleem waar woorde weer verkeerd afgesny was op insette en het 2 ure geneem om reg te stel.
Die vorige platform was Drupal 8.2.7 . Ons kon glad nie "upgrade" tot 8.3 reeks nie want die kampforum server was "outdated". Gelukkig kon ons laas maand die forum skuif na 'n nuwe server. Nadat toetse gehardloop was om seker te maak die nuwe server kan 8.3 hanteer, het ons gister ge- upgrade na Drupal 8.4 toe.
Ek sien 'n paar klein veranderingtjies maar geen verandering in funksionalitiet nie.
Die volgende mylpaal sal wees om die Drupal Advanced Forum module vir Drupal8 aan die gang te kry om meer forum / gebruiker funksionaliteit te implimenteer soos bv beter notifikasies van ongeleesde inhoud ens.
As enigiemand iets optel wat anders is of nie reg funksioneer nie, laat weet asb sodat dit reggestel kan word.
Dankie!
Ek het gister gesien die…
Ek het gister gesien die woorde word verkeerd afgesny, toe dog ek dit my laptop hier by die kamp.
Later toe kom dit weer reg. Dankie vir alles, Voortrekker.
Nee wat my "Drupal" xdrup…
Nee wat my "Drupal" xdrup nog steeds soos in die verlede?
Dankie Voorie dat jy ons Drupals so mooi dophou!
Dankie vir die harde werk…
Dankie vir die harde werk agter die skerms ![]()
Eish groot woorde
Dankie Anton weet nie wat julle van praat nie maar groot sal ons gaan
Dankie vir die opgradering,…
Dankie vir die opgradering, als loop soos stroop hier??
wel... ek het nou al 3…
wel... ek het nou al 3 dingetjies opgemerk. EK kan nie die gekleurde letters plaas nie en ook nie die gekleurde letter agtergrond nie. Die onlangse insette wys nie die insetlewer nie (maar ek hou meer daarvan - surprise!)
Lyk ook amper asof forum indeks nie meer die oranje "new posts" getalle wys nie?
Die forum laai baie vinniger - meer snappy.
Johann, of hou net jou…
Johann, of hou net jou vinger so rukkie en dan wys hy (soos myne in Afrikaans) plak.
kampforum 8.4
Dankie Almal. Hier by die kampforum.co.za hoofkwartiere is ons 24 / 7 aan die gang om JOU aanlyn kampgenot te verseker.
Ons het die forum se "look & feel" so ' bietjie verander sonder om jou ondervinding te ontwrig.
Ons hoop die verandering dra by tot 'n beter algemene kampforum ondervinding.
Kampforum.co.za se "landing page" is nou nie meer die Forum Indeks blad nie, maar 'n nuwe blad met die naam Nuutste Forum Onderwerpe. Moet dus nie skrik as jy vir die eerste keer aanteken en die nuwe LYS van onderwerpe verskyn nie!
Hierdie verandering behoort NUWE Forum Inhoud nog makliker tot jou beskikking te stel. Die Forum Indeks is nogsteeds maklik bekombaar deur die 2 x vinnige skakels.
Om enige tyd terug te keer tot die 'Nuutste Forum Onderwerpe" blad, kliek net op die Kampforum.co.za heel links bo op die webwerf banier!
Groete
Admin
Ja, dankie, Voortrekker. …
Ja, dankie, Voortrekker. Dit was seker 'n nagmerrie vir jou, die gedagte dat alles dalk weg is! Ek glo jy moes jou onderbroek 'n paar keer vervang oor die afgelope 3 dae.![]()
Warren you are doing nothing…
Warren you are doing nothing wrong. This is a current error that I am looking into. Make your Forum Topic a short Intro and then save. Fom there onwards build your content with the full editor by adding comments with pictures.
My inskrywing vir die Weg Ry…
My inskrywing vir die Weg Ry & Sleep kompetisie was ook in paragrawe en met spasies opgedeel, maar die eindproduk is alles aanmekaar. Lyk nou nie so professioneel nie, maar dit sê darem nog wat ek wou sê.![]()





Forum Platform "update"
Als lyk nog reg hier, maar sal ogie oop hou en laat weet.