Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys November 2026 Geert -20 minutes ago
olie prys vandag November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Kaapse kobras Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Boerewors (& wat daarmee saamgaan)

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Die braai en geniet van boerewors is deel van kampering.  Nou het ek gewonder hoe ervaar en hanteer mede-kampeerders hulle boerewors :-

  • Hou jy van dik of dunner boerewors ?
  • Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark ?
  • Koop jy jou b/w by die huis of by jou vakansie-bestemming ?
  • Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word ?
  • Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag ?
  • Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks ?
  • Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om ?
  • Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies ?
  • Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide ?
  • Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan ?
  • Wat kos b/w per kilogram vandag by jou tuis-verskaffer ?

Dit sal nogal interessant wees om verskillende opinies waar te neem.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/12/2022 - 10:59

Môre vriende

Ek stem saam met Len, mens gooi nie ys by wyne nie. 

Ek verkies my wyne teen koelkas temperatuur, so rondom 5 C. Ek sal nog 'n bier drink terwyl ek braai, maar saam met enige ete, al is dit net wors en pap, verkies ek my rooiwyn.

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 07/12/2022 - 14:30

Hulle is boorlinge van Worcester en een is die wynmaker by Aan de Doorns kelder. Hy was voorheen by DuToitskloof.
 

Dalk het die gewoonte onstaan omdat die somers so warm raak hier? Ek sal nie weet nie, ek drink my bier vinnig genoeg dat dit nie kan warm raak nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/12/2022 - 06:10

Môre Chris S

Ek gaan jou 'n guns vra;

Noem asb aan jou wynmaker vriend dat die bleddie kraantjies aan die sakke in die 3l doos verpakking, verkeerd gemonteer is. Dit is bitter moeilik om die kraantjie by die boks uit te kry. Gewoonlik sit dit skeef, as jy dit regkry.

Dit lyk of die sak met kraantjie se geometrie nie belyn is met die doos se kraantjie opening nie.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 08/12/2022 - 08:04

Dit lyk of die sak met kraantjie se geometrie nie belyn is met die doos se kraantjie opening nie.

Watse wyn maak so? 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/12/2022 - 08:38

Chris S

Dit is al die 3l verpakkings, ongeag of dit wit, rooi of du Toitskloof, Robertson of watter kelder ookal is.

Ek vermoed die sakkies word universeel verskaf, en elke kelder sit dan dit in hulle dose. Die dose se geometrie is almal dieselfde, dis net die buitekante wat verskil, uiteraard.

Ag man, dis sommer 'n lekker geselspunt op te bespreek soos julle kuier om 'n vuur..

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 08/12/2022 - 09:30

Wessel, Het jy al die ding eers op sy kop gedraai en dan die kraantjie uit gehaal ?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/12/2022 - 09:53

Willem

Ek probeer enige triek in die boek. Nog nie die hele boks op sy kop gekeer nie. Wel al op sy, sy met kraantjie na bo. Dan soek en ryg ek die ding met moeite daaruit. 

Dit is asof die kraantjie net heeltyd wil skeef trek, en dan nog ook terug in die boks in.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/12/2022 - 15:04

  • Hou jy van dik of dunner boerewors? Enigeeen, maar verkieslik so 'n "in between" - m.a.w. 'n medium-dikte
  • Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark? Gewoonlik - by Joey's se afsetpunt in Somerset-Wes. Maar moenie Oranje Slaghuis op Porterville se wors gering skat nie - inteendeel dit is puik.
  • Koop jy jou b/w by die huis of by jou vakansie-bestemming? Ek neem so ver as moontlik al my wors saam. Ek het darem al te veel gesukkel om lekker boerewors op sommige plekke te koop te kry. Ek braai eerder sonder wors as om boerewors te braai wat nie na my sin is nie.
  • Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word? Nee, ek het geen probleem om boerewors te vries nie. MAAR ... ek vakuum-verpak dit in pakkies wat net genoeg vir my en Ralie is. Ek het belê in 'n vakuum-masjientjie van Verimark en wil nooit weer daarsonder wees nie.
  • Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag?  Nie noodwendig nie - eintlik selde.
  • Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks? Wors altyd laaste. En ek braai nooit wors as ek steak braai nie. My opinie is dat laasgenoemde net enkele minute moet rus nadat ek dit van die kole afgehaal het - en dit verloor sy sappigheid as ek nog daarna wors moet braai. Dus braai ek wors slegs wanneer ek lam, vark of hoender braai.
  • Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om? 'n Weber-holic braai nie met 'n toeknyprooster nie.
  • Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies? 'n Rol wors draai te moeilik om op 'n Weber.
  • Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide? Vir die aand se braai, maar 'n stukkie pangebakte wors in die oggend saam met gebakte eiers maak darem 'n "champion" brekfis.
  • Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan? Op die kole, maar soos reeds genoem, vir brekfis doen ek dit graag in 'n pan.
  • Wat kos b/w per kilogram vandag by jou tuis-verskaffer? Ek wetie.
0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/12/2022 - 09:21

Vanaand word net boerewors gebraai, ewe sosatie wors, dit sal saam met tipiese pap en sous verorber word.

Dan ook "patties" oor die kole. Laasgenoemde is vir ontbyte, maar die ergste vet is uitgedrup oor die kole. Dit gee sommer ook 'n lekker smaak aan die ontbyt.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 10/12/2022 - 09:56

Ek was vir my laaste twee skooljare in Ficksburg op kosskool. Daar is ek vir die eerste keer in my lewe bekendgestel aan krummelpap. My eerste reaksie was "waarom broodkrummels met melk en suiker vir ontbyt" - tot groot vermaak vir die ander Vrystaatse boerklonge. Dit het my 'n tydjie geneem om lief te raak daarvoor. Ons het dit elke weeksoggend vir ontbyt gekry. Dinsdag- en Donderdagaande het ons ook krummelpap gekry met vleissous, oftewel "gravy" - darem saam met ander kos ook. Vandag kan jy my in 'n wip vang met krummelpap saam met hetsy vleissous of tamatie/uie-smoor.

Toe ons in die vroeë 80's in Tzaneen gewoon het is ek bekendgestel aan stywepap en tamatie/uiesmoor ("sheba"). Daardie jare het die vrouens nog self die sheba gemaak van vars tamaties en uie - as ek reg onthou was die geblikte produk nog onbekend. Maat stywepap kon nog nooit onder my vel inkruip nie.

Vandag is krummelpap en sheba, wanneer ek steak braai, 'n gegewe. Tydens ons Tzaneen-dae was daar op 'n stadium 'n tekort aan witmielies en was meulenaars verplig om 'n sekere persentasie geel meel by te voeg. Ek en Ralie het baie van die ligte geel kleur pap gehou. Sedertdien meng ons wit mieliemeel met Polenta (geel meel) in 'n verhouding van ongeveer 70% witmeel en 30% Polenta. In Europa kry jy bykans uitsluitlik net geel mieliemeel - wit meel is onbekend in meeste lande. Die Italianers noem dit Polenta - die produk wat ons plaaslik te koop kry kom hoofsaaklik (ek dink "uitsluitlik") van Italië af. Die Roemeniërs noem dit Malai. Wanneer my dogter-hulle kom kuier bring hulle gewoonlik vir ons 'n voorraad Malai saam, of ons koop dit self wanneer ons daar kuier. Dit hou vir maande in die vrieskas.

Die Roemeniërs maak 'n slapperige pap daarvan, bekend as Mamaliga, wat hulle saam met suurroom eet - baie lekker!

As ons pap en wors as ete nuttig, is dit gewoonlik wors in die pan en 'n lekker vleissous om oor die krummelpap te geniet.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 23/02/2023 - 18:57

Ek weet nie of ek maklik 5kg wors op 'n slag sal koop nie. 🤷🏼‍♂️

Ek was laas by hulle en die plek het my nie juis beindrik nie. ☹

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus