Ek het nog maar al die jare die gebruik om na 'n kampeeruitstappie my Exclusive van bo tot onder en van agter na voor self te was. Maar die jare stap aan en na my onlangse siekte kom ek agter dis nie meer so maklik nie. Ons laaste trippie was vanaf Berg-en-dal in die Wildtuin huis toe en dit was ses maande gelede. Ek het so hier en daar die ergste probeer skoonmaak, maar dit was nou wraggies 'n vrotterige joppie en het my ernstig gefrustreer. Hierdie week het ek besluit iets drasties moet nou gedoen word en my seun bring toe hier 'n man wat sy en sy vriende se boswaens was. Maggies, dit was nou 'n plesier om te sien hoe 'n ou wat weet hoe, sy ding doen. Alles onder my wakende oog - ek glo nie my wa was al ooit so skoon geskrop nie. En dit vir R250 nadat hy nog ons tuin ook aangepak het. Die goedkoopste kwotasie wat ek by 'n karwas-plek kon kry was R600. Dit was nou wraggies "money well spent".
Wat doen jy, was jy jou wa self ?
Was by weggaan
Ons werk weer anders om....ons was die karavaan voor ons vertrek vir n wegbreek
Dit is my tuiningenieur ...
... se werk om my voertuie en karavaan, sowel as grondseile, te was. Die wa en grondseile word so gou moontlik na ons terugkeer gewas en soms word die wa net voor vertrek weer afgespoel.
Ek het 'n ernstige allergie vir voertuie was. Ek slaan sulke rooi swamme uit. My tande kom sommer los en my ore begin pyn.
Ek was self nog my Penta,…
Ek was self nog my Penta, dit is nog 'n plesier wat wel al moeiliker begin word, maar solank ek kan, sal ek ook maar soos Len dit doen, met die verskil dat ek weer wag tot voor die volgende rit.
Was ook self my wa en doen…
Was ook self my wa en doen terselfdertyd inspeksie. Sal aanhou solank die gesondheid dit toelaat.
was nooit my teleskoop nie ...
Skerp Len, hy was mos nie sy karavaan nie. ![]()





Wessel self
Middag Len
My ou waentjie is mos net 'n derde van joune. Boonop is ek mos baie jonger as jy, dus laat ek sommer Marie dit doen.
Nee, ek was sommer self, dalk nou nie so deeglik nie, maar ek hou dan sommer inspeksie ook. Dis net die dak wat 'n trapleer verg, wat uitdagend is. Ek het die geneigdheid om kaalvoet in die water te speel, en dan foeter ek af.