Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stil stem lokaal November 2026 Geert -49 minutes ago
Ons " plattelandse"… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Ek stem saam .... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dit het my en ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -2 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 02/11/2026 - 00:32

Gedink ek is die enigste wat nog wakker is. F1 pas klaar😁. Lekker dag vir jou.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/11/2026 - 00:44

Ek het nou nie F1 gekyk nie, my slaap patroon is maar deurmekaar...gebeur ongelukkig gereeld. 

Gedagtes hou my wakker soos: Hoekom maak hulle n pizza rond, dan sny hulle hom in driehoeke en pak hom dan in n vierkantige boks? (Grap net) 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/11/2026 - 01:08

Ek probeer steeds vasstel wanneer die beste tyd is om jou vlieg kaartjies te koop. Altyd gedink om ver vooraf te koop, maar lyk nie so nie. Ons het byvoorbeeld paar maande terug gekyk op SAL na Durban in November...goedkoopste kaartjie was R1659. Laasmaand kon jy vir November kaartjies kry vir R720, tans kos dit R870. 

Dieselfde voorbeeld sien ek op oom Len se draad. Hy maak melding van R5500 retoer volgende jaar, maar as mens nou op korter kennisgewing (oor 3 weke) , kan jy regkom vir minder as R3200.(soos per skermgreep foto). 

Maar ander kere werk dit weer nie so nie. Ons het laasjaar pryse gesien wat nogal hoog is en gedink ins moet wag tot dit bietjie daal....maar toe nooit gebeur nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 02/11/2026 - 20:46

moes vir my iets gesê het. Vir eens is die weervoorspelling reg - die afgelope uur al reën dit heerlik hier. Ons is baie dankbaar en ek is seker ek kan die plantjies hoor handeklap.

Ons het streng waterbeperkings gehad (of het steeds) - geen tuin natmaak, geen karwas, plaveisel skoon spuit ens. met aanbevelings van 'n 2 minute stort, spoel toilette met stortwater, gebruik 1 koppie water om tande te borsel.....Watertekort is nie die probleem nie, maar die pomp kan nie voorsien in die waterverbruik agv. die hitte nie. Weet nie regtig wat die oplossing is nie - groter/sterker pomp? - maar dit is 'n munisipaliteit, en soos meeste ander, baaaie arm....

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/11/2026 - 06:15

More Rona en ander, hier by ons was dit net so erg warm die afgelope paar dae, baie dankbaar ook vir so bietjie reen wat laat aand geval het, dit was maar min, maar darem is die tuin effe benat.

Die gras hier is op groot kolle dood verbrand van die hitte en ek kan nie gereeld tuin nat maak nie, hou maar net die plante in potte aan die lewe.

Die swembad verdamp ongeveer 1 duim 'n week (so dit is 25mm) en moet vol gehou word, of af geskakel word om te voorkom dat die pomp skade kry.

Maar, ons kla nie, die Here is in beheer.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/11/2026 - 06:24

Die afgelope twee weke was ons ook onderskeidelik 4 dae  en ook 2 dae sonder krag van eskom, hulle beskuldig die vibre mense wat krag  kabels beskadig en die muslikepaliteit het eers 4 dae, en 'n week later 2 dae gevat om die eenvoudige kabel lasse te maak. Die verskoning ----- die gekwalifiseerde persoon moet van Johannesburg af kom🤣🤣🤣🤣

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/11/2026 - 13:23

....om môre te stem.!!!!😁

Ek hoop nie die pryse is gekook om gunstige resultate op te tower nie. Dan gaan dit ons vang later.

Daai parrafien prys is rof, jammerte vir mense wat huishoudelik daarvan gebruik maak.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 03/11/2026 - 18:03

Wessel, hierdie is n munisipale verkiesing !! Ek glo nie hulle het invloed op brandstofpryse nie 😇. Wel op die slaggate en water en sypaadjies en vullis verwydering en die salarisse van die amptenare en die straatveërs.  Ek hoor ons dorp se  besembende- salaris is 3 keer wat die staat vir plaaswerkers vereis.

BTW, sonder om met politiek weg te trek. Die Amerikaanse mid termyn verkiesing en die Israel uitkoms, het baie invloed op ons ou Landjie met als wat kan kruppel is. Behalwe die K@k praat politisie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/11/2026 - 20:03

... ek is bewus wat se verkiesing dit is.

 Ek het die inset tong in die kies gemaak!!! Net soos T-hemde, rooi hoedjies en pap& sous uitgedeel word, om stemme te werf, mag 'n party dalk dink dat as die brandstofprys so effe afwaarts aangepas word, dit dalkies 'n paar stemme kan swaai. 

Israel se Eerste minister het klaar die wind sleg van voor getref met uitslag. Ek wag in spanning om te verneem hoe kort Trompie se vlerkies geknip gaan word, en wat die impak daarvan op SA invoere, Oekraine- en Iran- oorlog gaan wees.

Impak op munisipaliteite ??? Ope vraag!!! dit gaan baie meer verg as net om die burgemeester te vervang, om beter dienslewering te verkry. Net soos in die provinsiale en nasionale regerings moet daar grootskaal skoongemaak word, om korrupsie, onbekwaamheid en wan/geen- bestuur uit te roei. 

Kyk net die brommer-bollie situasie amper ooral wat riolering en besoedeling van damme, riviere en omgewing aangaan. Weinig rioolsuiwering en rou riool loop in strate, parke en riviere!!!.

Ek wonder of situasie by menige munisipaliteite nog te beredde is. Ek lig my laphoedjie vir persone wat lus het vir daai reddingsaksie, om raadslede en burgemeester te wil wees. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 03/11/2026 - 21:24

Stem heeltemal saam Wessel. Die infrastruktuur is so vervalle dat dit hopeloos voorkom.

Net gisteraand lees ek van  waneer was die slegste tyd op aarde om n mens te wees. En dít is onstellend. Bv een is die " Dark ages" waarvan ons bolangs op laerskool geleer het. Verstopte riole en slaggate is n kleinigheid. Waneer hongersnood alledaags word, raak ou Neef beangsd.

 Dalk stem almal nie saam my nie, maar ons ís BRICS.  Brazillië. Rusland, China en SA. Dit sal ons nie kan verander nie. Terloops is dit ekonomies dalk beter . Op die stadium wil die VSA ons voorskryf... Al is ons krom en skeef, stem ek nie saam nie, en wie anders gee in onder sy druk?? 

Hy sien sy gaai in Iran, en bereik net mooi niks nie. Ou Bibi het hom om die bos gelei, en is ook nou op pad uit. Nee wat dan ry ek heel tevrede n Indiese bakkie, gebruik n Chinese sellfoon, en ons koop Iranese olie. Daaai tyd met die sanksies  het  SA Iranese olie gekoop. Laat mens dink waneer is wat reg.

 Rusland sal tot bedaring kom, Ukraine kan nooit die stryd wen nie, bietjie grond prysgee, Putin n hero maak en die UN sal dit moet aanvaar. And they all lived happily ever after..

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/11/2026 - 08:02

Ek sien dat alle voorspellings vanoggend [ons tyd] daarop dui dat Trompie die wind sleg van voor gekry het. 

Dit blyk dat beide huise, Kongres en Senaat nou Demokraties meerderheid gaan wees. 

Ou Trompie seg hy sal uitslag aanvaar, maar gelukkig het hy 'n veto stem as president. Wonder wat gaan nou

a] met Iran oorlog gebeur.

b] Amerika se posisie tov. Oekraine!!   

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 04/11/2026 - 12:09

"Narsistiese persoonlikheidsteuring 

Narsistiese persoonlikheidsteuring (NPS) is ’n geestesteuring wat gekenmerk word deur 'n lewenslange patroon van oordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, 'n oorgroot behoefte aan bewondering en verminderde vlakke van empatie met ander."

Hierdie is mos nou 'n presiese beskrywing van Donald Trump. Ek kan die vent se arrogante houding nie verdra nie en het vir 'n geruime tyd gewonder hoe is dit dan moontlik die burgers van Amerika so 'n stommiteit kan steun.  Uiteindelik het die Amerikaners die lig gesien en die Republikeine (eintlik maar Trump) hulle/sy gat laat sien.

'n Sprekende voorbeeld van hierdie arrogansie en narsisme : Fox News (Trump se handperdjie) rapporteer dat Trump vandag gesê het hy aanvaar die Republikeine se nederlaag, maar gelukkig is die nederlaag nie te wydte aan hom nie. Trouens, sê hy dis omdat sy naam nie op die stembriewe voorgekom het nie. Volgens hom, as sy naam op die stembrief was sou die Republikeine gewen het !

Wi jy nou meer !

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/11/2026 - 12:38

Ons het so rondom 10h30 gaan stem. Ellelange tou mense staan darem onder doringbome in 35C. Stap ek tot voor, soek 'n OVK dame, wys my ID en sy neem ons in, tot voor. 

Binne 15minute was ons in en uit, klaar gestem.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/11/2026 - 13:12

... die ghawwermint sowat 2 uur geneem om ons kruisies te gaan trek. Toe moes ek my kleinseun Grabouw toe neem om te gaan stem (sy ouers is tans in Hentiesbaai). By sy stemburo aangekom, het hy reguit ingestap en sy kruisies binne 3 - 4 minute getrek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/11/2026 - 13:33

... met Len se opsomming van Trump. Ek het vir bykans 30 jaar vir 'n Amerikaanse maatskappy gewerk en die geleentheid gehad om by 2 geleenthede dié land te besoek. Gee hulle wetenskaplikes die eer wat hulle toekom. Maar my persepsie van die deursnee Amerikaner is dat dit oor die algemeen 'n "vlak", of noem dit 'n "platkop" nasie is. My dogter en skoonseun, wat baie met Amerikaners te doen het en reeds verskeie kere daar was, het aanvanklik met my sienswyse verskil. Maar deesdae stem hulle tot 'n groot mate saam met my.

Die feit dat mense soos Trump, Biden, Camilla Harris en Hillary Clinton as presidents-kandidate deur hetsy die Demokrate of Republikeine aangewys word, bewys vir my dat dit 'n klomp vlak mense is.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 04/11/2026 - 13:47

Ons " plattelandse" stemlokaal is n kleinerige laerskool wat net plase bedien. 4 mense in die parkeerarea wat klaar gestem het, een Omie wat op pad en was en toe ek. Die beamptes het verveeld voorgekom.

Dit wil blyk of hier by ons die wegblystem baie groot gaan wees vir die ANC.  

Len,  dit verbaas my net so dat díe man, díe beste kandidaat is wat die Republiekeine het. En nou skop hy hulle ook in die tande!  Binnekort stuur ons weer paar lemoene oor daaikant toe. Hopelik sal die klomp belaglike tariewe ook aandag kry. Al moet ons wag tot Trump hoedjie vasdruk.

Nou wonder Neef. Wie gaan die volgende presidentskandidats byde kante toe wees. Camilla Harris...?? Hel nee. Vance ... sal haar pakgee. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 04/11/2026 - 14:44

Was 09h30 by ons stemlokaal....was net my vrou en ek daar binne. Toe ons ry, kom nog 2 karre in. Maar dis altyd so stil....miskien klein gebied. Nuuskierig hoe uitslae in Pretoria gaan uitdraai. 

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus