Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Sedans- SNV - Bakkie

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Na aanleiding van Chris S se Prado luksakke, begin ek die gesprek. 

As voorbeeld van 'n SPV, kan dit 'n Prado, Len se Padvinder, Anton se kerriedosiewink, Territory, ensovoorts wees.

Na aanleiding van neef Herman se bevraagtekening van die Prado en sy veerstelsel se vermoë, wonder ek of SNV sondermeer geskik is vir sleep en vragdra. Ek weet dat Willem ook lugsakke op sy Territory laat sit het, juis om die gatsak te keer. Hoeveel ander ouens wat met SNV sleep, ervaar dieselfde probleem.

Dan wonder ek ook oor persone wat nog met gewone sedans sleep. Sekerlik is daardie agtervere nog sagter as 'n SNV s'n. Wat doen hulle om die probleem te oorkom. Ek het jare gelede my Astra se spiraalvere vervang met verharde progressiewe vere. Dit het gehelp, maar ek het betyds tot my sinne gekom en oorgeslaan na 'n bakkie toe.

Bakkies is seker maar die geskikste vir sleepwerk. Hulle is tog gemaak om vrag [normale] te hanteer op hulle bladvere, meestal. Ek weet dat in gevalle waar bakkies elke dag die maksimum gewig vervoer, die ouens ook maar ekstra blaaie insit, of selfs lugkussings. Die gebruik van lugkussings om hantering onder vrag te verseker, is dus 'n normale gebruik. 

Dan natuurlik persone wat hulle bakkies, toerus met alles en nog wat, soos Voetspore en Shaunwink, versterk ook die veerstelsel om die ekstra gewig te hanteer.

Ek het 'n baie eenvoudige beskouing oor Grompie. Hy is mos gemaak om darem 750kg op sy bak te kan hanteer. Dus is die druk van die Kavango, saam met die lae digtheid volume wat ek laai op die bak, binne sy vermoë. 

Nou sal ek graag julle ander se menings/voorkeure oor tipe sleepvoertuig wil hoor. Dan ook, wie het dit ook nodig gevind om hulle voertuie se veerstesel te verhard. 

  

Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/02/2023 - 10:08

'n Ander faktor wat mens ingedagte moet hou, is enjinverkoeling tydens sleep. Soos genoem het ek aanvanklik met 'n Astra gesleep. Die se neus was so mooi toegemaak, met so 'n klein gleufie waar lug kon invloei oor die verkoeler. Ek het selfs die waaier se temperatuur sensor verander, sodat dit gouer volsterkte aankom. Sommer die nommerplaat ook geskuif.

Vandat ek met 'n bakkie sleep, is die bekommernis oor enjin hitte ook weg. Sekerlik is dit omdat bakkies se verkoelingstelsel ontwerp is vir hard werk. Boonop is bakkies se neuse mooi groot oop om maksimum lugvloei oor die verkoeler te kry.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 16/02/2023 - 10:46

Ek gaan vir nou net hierop terugvoer.

Ek het op 'n stadium my 200 Astra 8valve in geruil op 'n Ford D/K 2500 TD en my Regal '97 model gesleep.  Met die toer van Pta. na Port Nolloth tot in die Kaap en terug het die bakkie daar in die Noord Kaap paar keer baie warm (in die rooi) geword en nooit met enige van my ander voertuie nie.  BMW 320d, Kyron en die ST nie.

So nou wonder ek ?

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 16/02/2023 - 10:59

Ek het baie jare terug met 'n 2.0L Opel Rekord begin sleep. Die gat het maar lekker gesak.

Toe oorgeskuif na 'n 2.2 Toyota Hilux en ook Toyote Venture, maar bitter swaar op brandstof.

Daarna 'n 2.8 Isuzy TD. Die voertuig was 'n ou staatmaker en wynig die gat gesien dat dit sak.

My Territory daarna was baie nice maar gat se sak was ook probleem.

Het weer vir my 'n Isuzu gekoop, die 3.0L Dteq. Geen probleme gehad en kon ook lekker die bak laai.

My huidige Chev Trailblazer is 'n wonderlike voertuig maar die gat sak so bietjie meer as wat ek gewoont aan is. Die rygerief is natuurlik baie beter as die bakkie. Die lugkussings sal wel help maar ek sleep so min ver afstande dat ek nie die nut sien om daai geld uit te haal nie.

My jaarlikse vakansies gaan ek altyd Kaap toe en bly in vaste verblyf. Die karavaan bly dan maar tuis.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 16/02/2023 - 12:02

Ek dink enige passasiersvoertuig gaan hang as dit gelaai word en die 100+ kg van ‘n wa so ver agter die agteras kom ook nog by. Toe ek die Kavango gekoop het, het selfs my 2011 Everest wat bladvere het agter gehang. Ek het toe helpervere laat insit. 
 

Die Engelse (waar is Warren deesdae?) praat van horses for courses. So word vering ook aangepas na gelang van die doel waarvoor die voertuig gebruik word, hetsy rygerief of vrag dra. Gelukkig is daar hulpmiddels beskikbaar, en lugsakke se voordeel is dat dit aanpasbaar is. Jy hoef dus nie jou agterent deur te stamp wanneer jy ‘n draai ry terwyl jou wa by die oord staan nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/02/2023 - 12:19

Ek is seker maar gewoond aan die hard ry van bakkies, ek pomp Grompie se bande altyd 2.5bar regom.  Selfs sonder vrag en die Kavango ry ek my bande so hard.

Bande loop my egalig af, en as ek 'n gat tref, is my bekommernis effe minder vir skade.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 17/02/2023 - 08:12

Ek verkies ook n bakkie ry hoogte pakplek en soos my Ranger is hy gekid vir waar ook al jy wil gaansmiley

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/02/2023 - 09:08

Môre Shaun

Is joune se vere nou al verhard, jy het mos gekyk na opsies om dit te doen.

Ek aanvaar jou bakkie gaan heeltyd die ekstra gewig dra, selfs al gaan jy met woonwa op vakansie. Indien nie, wonder ek of dit leeg baie harder gaan ry.

Chris S kan darem sy papsakke afblaas as hy nie vrag dra nie. Dit op sigself is nogal na my mening 'n groot voordeel

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 17/02/2023 - 09:17

het al met basies alle tipes gesleep, platkar (Audi A4 2.4 V6 handrat petrol), glorified SUV (Territory reguit 6 outomaties petrol; Jeep Grand Cherokee 2.5 handrat diesel; Jeep Cherokee 2.8 outomaties diesel) bakkies (Ranger 3.2 outomaties diesel). Die Audi is 'n lekker voertuig vir alledaagse luukse gebruik, minder lekker vir sleep en duur om te onderhou met heelwat probleme, die Grand Cherokee was 'n regte donkie, die Cherokee baie beter maar o wee daai agterste deur wat nie behoorlik kon oop maak as die wa gehaak is nie was 'n pyn, die Territory was 'n wonderlike voertuig, uiters gemaklik maar met 'n groot drink probleem. Die Rangers was/is wat my aanbetref die beste van die lot, geen gebrek aan luukshede nie met baie krag en boonop word meeste kampgoed agter op die bak gelaai, ook geen stres as ek  nat tente moet inpak nie. Om op te som, sal vorentoe altyd 'n bakkie met diesel enjin en outomatiese ratkas verkies, boonop is moderne bakkies heel goed vir alledaagse gebruik ook. Wat sg. "hardheid" van die suspensie aanbetref is die Toy's nog altyd effe meer stamperig as die res, die Ranger is egter 'n goeie kompromis met die Amarok en Isuzu waarskynlik die "sagste" Moet byvoeg in al die gevalle wat ek noem hierbo was die sleepsel dieselfde Fleetline so ek dink ek vergelyk appels met appels.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 17/02/2023 - 09:23

Alles hang mos maar af van wat presies 'n mens wil doen en hoe jy dit wil doen.    

Oupa Jack wil nie met 'n bakkie sleep nie en verkies 'n lang slap sedan met v6 motor en gemaklike in- en uitklim vir ouma wat nog altyd 'n stadsmeisie was.   Oupa Willie aan die ander kant was nog altyd 'n wille en avontuurlustige toppie en hou daarvan om so nou en dan in bietjie modder te speel met die 4x4, met sy vroulief wat al die karakter vir 30jr ken en nie van anders weet nie.  

Oupa Jack het nie 'n behoefte om lugsakke te installeer nie, want hy ry net op goeie teerpaaie en laai nie sommer swaar goed in sy kattebak nie.   Sy kar sien nie sommer 'n grondpad nie want hulle lei mos maar net na plase toe?

Oupa Willie se trokkie het al die kit op want hy hou daarvan om reg vir enigiets te wees en ouma moet darem moontlike luukshede by die kamp hé.    Die lugsakke help dat sy swaar gelaaide trokkie nie so erg heen en weer swaai wanneer hy die 4x4 "obstacles" probeer navigeer nie.   

Ek moet ook noem dat Oupa Jack al jare lank gebruik maak van tuindienste en dus kan hy op 'n Saterdagoggend vir ouma winkels toe neem.  Die sedan se kattebak is perfek om al die inkopiesakke te hanteer.

Oupa Willie glo dat Saterdae daar is om in die tuin te werk en 'n man moet self sy eie grond bewerk - tuindienste doen inelkgeval nie so 'n goeie werk nie.  Sy trokkie kom handig in om die tuin se vulles weg te ry en oppad sommer gou 'n vrag topsoil op te laai vir die hoekie waar ma haar nuwe  tuintjie wil skep.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/02/2023 - 09:30

Môre, kan jy darem 'n klomp woorde inspan op 'n voortreflike wyse, om 'n boodskap oor te dra. Ek kry amper die idee dat jy dalk ook 'n prediker kan wees.wink

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/02/2023 - 10:36

😂

Ek moet ook tuin vulles weg ry want het ook nie tuindienste nie en ook nie 'n bakkue of trokkie nie.  Ek het wel 'n Glider sleepwaantjie om die vulles weg te ry en om "topsoil" op te laai oppad terug. Maar ek hou meer daarvan dat my bagasie droog en stof vry bly gedurende die ritte, daarom verkies ek die SNV. 🤔😉

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/02/2023 - 10:52

Môre Wllem

Dit is weliswaar 'n voordeel van 'n SNV, die droog en stofvry. Ek moet darem noem dat ek nie sukkel met "nat word" obder die kappie nie. Wel soms 'n bietjie stof as ek vergeet om voorste venster oop te maak.

Ek laai sommer sonder enige wroeging 'n nat modderige grondseil agterop die bakkielaugh Dis nou 'n uitstekende verskoning, maar eintlik kan ek nie 'n goeie SNV bekostig niesad

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/02/2023 - 14:40

maar eintlik kan ek nie 'n goeie SNV bekostig nie

Dis hoekom ek ‘n stokou Prado moes koop.  

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Wed, 22/02/2023 - 12:40

Ons kyk nou om nuwe Scorpio N aan te skaf. Het saterdag een gery toe ons die 4x4 dag gehad het saam die Mahindra Owners Club. Het goed geloop, wag net hulle sit vir my binnekort een in demo dan kan ek hom in 3 maande se tyd kry. Ons het die bakkie maar soek 2 de sleep car en kort 7 seater sodat ons die kleinkinders kan saam vat.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/03/2023 - 07:40

daai paar lugsakke kos as dit per tender deur eskom aangekoop word.

Hoekom lyk die foto so na 'n Territory se veerstelsel, of kyk ek verkeerd Willemlaugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 01/03/2023 - 08:08

Hoekom lyk die foto so na 'n Territory se veerstelsel, of kyk ek verkeerd Willemlaugh

Nee beslis nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/03/2023 - 11:08

.... nou wonder ek;

Nee beslis nie------dus het ek reg gekyk of

Nee beslis nie-----'n Territoty nie.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus