Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Fleetline waterpomp vervang

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Laas jaar het ons Fleetline L ('95 model) se waterpomp onklaar geraak. Daai jare se Fleetline's en ek sou reken ook Palma's het twee wasbakkies binne wat water onttrek uit 'n 40l tenk wat dwars voor die as onder die karavaan gemonteer is. Lyk asof die pomp slegs van bo die tenk bereikbaar is. Dink daarvoor sal ek die hele tenk moet verwyder. Enigiemand dalk al so iets gedoen? Sou graag wou raad kry oor waarvoor mens moet oppas as die tenk verwyder word? Wil sommer dan ook die mikroskakelaar opset by die wasbak krane verander sodat die skakelaar nie direk die pompie aan/af skakel nie, eerder deur 'n rele, daai mikroskakelaars kan nie regtig die pompie se stroom hanteer nie; enigiemand dit al gedoen? Wil in die volgende week of twee hiermee begin.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/02/2023 - 16:27

.... vir 'n ronde poort [plaatjie] aan die onderkant van die tenk. Vir een of ander rede onthou ek so iets voor my geheue oog. 

Ek mag natuurlik verkeerd wees, want jy moet ingedagte hou waar ek  inpas in jou voorgestelde ouderdomsprofiel. 

Moenie sukel met allerhande skakelaartjies nie, "short" sommer die punte met 'n teelepeltjielaugh

0

Wynand Venter

Sun, 19/02/2023 - 17:33

Ek het so keelvol geraak om die mikro-skakelaartjie kort-kort te vervang. Ek het maar die drade by die kraan "uitgebring" tot langs die wasbak en 'n gewone bedligskakelaar vervang. Dit werk nou-al vir jare sonder probleme.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 19/02/2023 - 18:29

Ek net dieselfde gedoen, daai mikro skaelaars is maar gemors.

Ek het maar die drade by die kraan "uitgebring" tot langs die wasbak en 'n gewone bedligskakelaar vervang. Dit werk nou-al vir jare sonder probleme.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 21/02/2023 - 09:12

Wessel, net om ons op dieselfde gesang te kry. Die tenk is so 'n lang plat ene wat onder die wa reg voor die as sit. Hy is in lengte van kant tot kant van die wa, so fisies redelik groot. Aan die regterkant onder sowat 40cm vanaf die regterkant sit so 'n groterige gedoente wat lyk asof die bedoeling was dat een of ander plaatjie daaroor moes wees. Maar die slim Jurgens het die nooit gepas nie so dis basies net 'n ronde "uitsteeksel" wat fisies deel vorm van die tenk se plastiese struktuur (onderkant). Dus geen manier om dit te verwyder nie tensy ek dit oopsny en 'n deksel probeer pas maar ek dink dit gaan alewige lekasie probleme veroorsaak. Min of meer reg bo dit (bokant van die tenk) sit die pompie soos dit vir my lyk, blou van kleur en met 3 skroefies vas en die waterpyp wat na die binnekant van die wa loop, langs dit sit so 'n groterige pyp gedoente wat van die vulprop af kom. probleem is dat daar maar net 'n cm of so spasie tussen die pompie se skroefies en die wa se vloer is, kry skaars my hand daarin, laat staan nog 'n skroewedraaier. Lyk vir my asof ek maar die hele tenk moet laat sak om die spul uit te kry, sal net eers 100% seker maak dat die pompie self kaput is voor die groot werk....as die tenk moet uit is omtrent al die werk wat gedoen word met my op my rug onder die wa, sien nie juis daarna uit nie. Duidelik dat Jurgens basies niks ontwerp het vir maklike onderhoud nie. Sal later foto's neem en plaas om die probleem te wys

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/02/2023 - 10:18

Dis baie eienaardig as die pompie bo-op die watertenk gemonteer is want dan moet die pompie die water eers uitsuig voor dit versprei kan word.  By al my vorige karavane was die waterpompie aan die onderkant van die watertenk sodat daar altyd water na die pompie loop.  As dit moontlik is sou ek die ou pompie los waar dit is en probeer om 'n uitlaat aan die onderkant van die tenk aan te bring en 'n nuwe "in line" pompie aan die onderkant te monteer.  So het myne gelyk voor ek 'n nuwe Shurflo-pomp ingesit het. (Die swartpyp is 'n dreineringspyp met 'n kraan op die punt as ek die watertenk wil leegmaak).

.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/02/2023 - 10:39

Môre GW

Voordat jy die groot werk aanpak, bel gerus Brits woonwaens en vra vir Francois hoe mens die pompie vervang. Hulle nr is 012 2525 169.

Jy kan dalk net 'n klomp moeite spaar.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 21/02/2023 - 12:42

My 2007 Classique sin het ook so gelyk, die boonste tuinslang was die tenk se oorloop as hy vol is.

p

Sy pompie het net so entjie weg van die tenk gesit.
9

 

Die 2011 Exclusive sin het die selfde gelyk,
9

9

Als nog die selfde soos Lens sin.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus