Forums
Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.





Grabouw buitelug skou
Dis die naweek weer die buitelug skou in Grabouw, woonwaens, tente , 4x4's en alles tussen-in.
Chris B, gaan loer gerus daar rond, die nuwe ECHO Kuiseb boswa word ook geskou.
Die dag toe ek my wa gaan haal by ECHO, nadat movers opgesit is, wys hulle my die wa. Moenie in aaklige kleur vaskyk nie, mens kan dit ook in ander kry.
Bederf jouself, jy het mos 'n 4x4 bakkie.