Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -10 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -11 hours ago
Hael November 2026 Geert -11 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -16 hours ago

Dwarswegstrandoord resensie en inligting

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ons was van 20 tot 25 November by Dwarswegstrandoord naby Groot Brakrivier. Die oord het net 34 staanplekke, en is deel van ‘n woon- en selfsorg oord by Botha strand. Ons het dit baie geniet, en ek het gister my aansoek vir verblyf in Desember 2021 ingedien. Uiteraard beveel ek die oord aan, en deel hier ‘n paar foto’s en inligting vir belangstellendes. 
 

Toegang van die pad af word by ‘n slagboom beheer. Sekuriteit blyk goed te wees, al is die oord oop na die strand toe. Geen deurgang word toegelaat nie.

A

Toegang tot die strand is met ‘n netjiese stel trappe. Aan die onderkant los mense sommer hulle sandale en gaan stap dan lang ente.

A

A

Daar is ook kameras teen pale waar voetgangers toegang kan kry tot die oord. Ons het met ‘n paartjie gesels wat al ‘n hele paar keer daar was, en hulle het wel ‘n paar jaar gelede ‘n insident gehad. Die oom het die karavaan se deur ongesluit gelos toe hy gaan water afslaan in die nag, en die tannie het dit hoor klap later. Dit was toe ‘n groepie mans wat al met die strand langs geloop het en items wou steel by die oord. Sy het alarm gemaak en die mans is gevang. Ek het ook met ‘n oom gesels wat al 30 jaar lank daarheen gaan, en hy het net lof gehad vir die oord en nooit enige probleme gehad nie.

Die ablusiegeriewe is skoon en netjies. Toegang tot die geriewe is met deurslotte met ‘n kode, en kan dus net deur kampeerders gebruik word. Daar is ook geriewe vir klere was en ‘n lang wasgoedlyn.

A

A

A

A
Hier is ‘n kaart van die oord vir verwysing.

A

Staanplekke 1, 2, 11, 12, 13 en 14 het die beste skaduwee, maar is die verste van die see (wat nie vreeslik ver is nie). Hulle sal ook die meeste motor verkeer verby hulle kry, maar met net 34 staanplekke gaan dit nie ondraaglik wees nie.

A

A

21, 22 en 30 is na my mening die beste seefront staanplekke.

A

31, 32 en 33 is redelik beskut van die wind, en veral 32 en 33 meer privaat. 33 is egter ‘n bietjie kleiner as die ander.

A

23, 24, 25, 26 en 34 betaal jy vir seefront, maar daar is ‘n staanplek tussen jou en die see.

A

By 34 is daar twee tussen jou en die see, en jy is reg langs die ablusieblok. Ek sou nie daar wou staan nie. 6 en 7 is ook beskut van die wind, maar reg langs die ablusieblok aan die kant waar die deure is.   

Ons het by 27 gestaan. Dis ook ‘n lekker staanplek, maar is by die trappe af strand toe, en redelik naby aan die naaste selfsorg eenheid. As daar rumoerige mense in is kan hulle jou steur. Tydens ons besoek was almal voor 22:00 al stil en meestal aan die slaap sover ek kon sien. 

A

A

A
Elke staanplek het ‘n gedeelde kraan en eie kragpunt en braaiplek. Meeste staanplekke het ligte by die braaiplek ook. 26, 27 en 34 het egter nie ‘n lig nie. Daar is ‘n klimraam, maar dis nie mooi heel nie. Van die bome is lekker vir klim vir die kinders, hulle kan lekker fiets ry in die oord – ook die deel waar die huise en selfsorg eenhede is. Daar is twee lang strate wat nogal lekker is om in te stap ook.

A

Uiteraard is die strand en die see net ‘n paar trappe ver. As jy op die seefront is sal jy jou kinders van jou staanplek af kan dophou wanneer hulle op die strand is. Die strand was mooi skoon. Dis redelik steil, so ek dink nie dis die veiligste swemstrand nie. Buite seisoen was daar ook nie lewensredders nie. Jy kan tot by Glentana stap aan die Oostekant en tot by Groot Brakrivier aan die Weste. Die sand is egter sag, en selfs die nat sand stap nie so maklik nie.

A

A

Daar is ‘n lieflike SPAR by Groot Brakrivier, en George en Mosselbaai is onderskeidelik 25 en 35 km ver.

Ter afsluiting; wat van die wind? Ek was ook maar op my senuwees, so het die uitsig opge-offer en rug na die see opgeslaan. Die wind het een dag nogal sterk gewaai, en ek het die voorspelling dop gehou vooraf. Ek het toe net ‘n stormband opgesit, nie my stormnet nie. Van die lang staners het gesig na die see sonder stormnette gestaan. 

Ons het geen skade van die wind of vreeslike ruk- en pluk ervaar nie en toe ‘n mooi uitsig uit die wa gehad met ons rug na die see. 
 

A

Ja Johann, ek kom nounet terug (2 weke gelede) van 'n 5100km Kaap vakansie,  waarvan ek net ongeveer 3000km met Venter sleepwa gesleep het, en my diesel rekening was R9700. Lennie, en die 2 Chris'se wat jaarliks KNP vakansies hou, gaan dit defnitief aan hulle sakke voel.

Dit is maar 'n kopskuif wat 'n mens moet maak oor alternatiewe verblyf. Ek was laas met my karavaan, op 'n vêr sleep vakansie in 2007, af Hartenbos toe. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 19/04/2022 - 13:06

Lennie, en die 2 Chris'se wat jaarliks KNP vakansies hou, gaan dit defnitief aan hulle sakke voel.

.... oor toekomstige wildtuinvakansies. Ek 's lief vir die plek, maar kostes sowel as sekuriteit in vele dele van ons land, waardeur jy moet ry om by die wildtuin te kom, laat my (op hierdie stadium) meer en meer voel om maar eerder hier in my nabye omgewing vakansie te hou. Ek geniet die Karoo Nasionale Park, waar ek tans is, bykans net soveel as die wildtuin. Kgalagadi is ook nader (brandstofkostes) en tans voel ek veiliger om daarnatoe te ry. Dan beskik ons ook oor 'n paar ander lieflike oorde aansienlik nader aan die huis.

Maar dit is hoe ek nou dink. Tyd sal leer.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 20/03/2023 - 07:31

Ek is tans hier by Dwarswegstrand en geniet dit terdee. Ek het gister gesien dat ChrisS se staanplek 21 leegstaan en vir hulle wag.wink Daar is omtrent net 3 staanplekke wat oop is. Shame, hier staan ook 'n man met 'n bloubul vlag wat wapperwink

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/03/2023 - 07:47

.... of daardie vlag nie hoeka Chris WH se vlag is wat daar agter gebly het nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 20/03/2023 - 11:06

Geniet dit Hennie!. Dankie vir die mooi fotos hier Wildehont. Ek het Januarie n bespreking op 28....wou 27 kies, maar was reeds geneem. Na hierdie fotos is ek nou ekstra lus om te gaan

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/03/2023 - 18:42

Ek is tans hier by Dwarswegstrand en geniet dit terdee. Ek het gister gesien dat ChrisS se staanplek 21 leegstaan en vir hulle wag.wink Daar is omtrent net 3 staanplekke wat oop is.

Oppad huis toe uit Stilbaai, draai ek eers regs na die brug om 5kg Stilbaai wors wat ek telefonies bestel het Saterdag te gaan afhaal voor ons huis toe ry. My een vriend wat ook saam by Onrus was bel my na ons brandstof ingegooi het in Stilbaai. Hy wil ook slaghuis toe gaan, maar weet nie waar dit is nie. Ek trek af net voor mens in Stilbaai-Oos van die hoofpad afdraai slaghuis toe om vir hom te wag. ‘n Wit Trailblazer trek langs my in, en die bestuurder groet my op my naam en vra of ek hom nie erken nie. Dis toe sowaar Hennie. Wat ‘n aangename verrassing!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 21/03/2023 - 19:15

... smaak my jy wou eerder by Onrus gewees het. Of het jy 'n paar van jou tuisbrousels geniet voor jy getik het?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/03/2023 - 21:00

smaak my jy wou eerder by Onrus gewees het. Of het jy 'n paar van jou tuisbrousels geniet voor jy getik het?

My enigste verklaring vir die tikfout is dat ek vrek moeg is. Ek het gistermiddag na ‘n baie laat brunch by die getypoel aan die westekant van Jongensfontein begin olik voel. Teen sononder het ek gevoel of ek koors het en was naar. Deur die nag begin my maag toe erg lol, en moes ek twee keer opstaan daarvoor. Tussenin was ek amper te bang om aan die slaap te raak. Dit lyk darem asof dit nou beter is, al kry ek steeds maagkrampe van tyd tot tyd. Chris Jnr het so twee of drie dae gelede dieselfde gehad. Seker maar ‘n 24-uur gogga wat ek by hom aangesteek het. Ek hoop so!

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 22/03/2023 - 07:55

Wat ‘n aangename verrassing!

Ek kon nie daai mooi kombinasie mis nie. Ek was self oppad na die slaghuis toe en het wors daar gekoop. Vandaar het ons Jongensfontein toe gery en lekker middag ete geniet by  3 Pikkewyne.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/12/2023 - 16:36

Middag Chris, dink jy dat julle later julle staanplek nommer sou kan verander? Moontlik bespreek mense vandag, net om plek te hê, en soos 2024 verloop, vind kanselasies plaas??

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/12/2023 - 17:41

Ek moes 40% deposito betaal. Ek glo nie mense sal 40% betaal net om later weer te kanselleer nie. En omdat daar nie meer vasgestelde blokke datums is nie, sal iemand presies ons datums moet kanselleer vir ‘n ander staanplek om beskikbaar te raak. Maar ek is nie kwaad nie. Ek het al oorweeg om 33 te versoek, juis omdat dit beskerming teen wind van alle kante het en net aan een kant bure het. Dit behoort billike skadu ook te hê. 

0
Kaapstad

Lekker@

Mon, 08/01/2024 - 09:58

Wildehont - Ek moet kies tussen staanplek 8, 9, 15, 33. Ek oorweeg Nr 33 - wat was julle ervaring? Is dit soveel kleiner as die ander? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 08/01/2024 - 18:30

Ek sou 15 of 33 kies. Ons het nou op 17 gestaan. Dis twee weg van 15 langs ‘n duin. Lekker beskut, en daar is oulike voëls teen die duin. 33 gaan ons Desember op staan. Dis nog meer beskut, en het net bure aan een kant. Daar sal ook lekker voëls wees. Dit het egter geen uitsig nie. Die twee is omtrent ewe ver van die ablusie en strand. Hier is foto’s van al die staanplekke. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus