Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -12 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -13 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -15 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -20 hours ago

Aangedrewe Hoekstutte

Kaapstad
Profile picture for user Fyko
Submitted by Fyko on
Forums

Verlede Desember het ek 'n epos ontvang van Derek in Melbourne Australië waarin hy gevra het oor my hoekstut toerusting. Ek kon hom help met die beheereenheid en die app vir sy foon, maar hy moes self regkom met sy ratmotors.

Onlangs het ek hierdie terugvoering onvang - dalk help dit iemand dat ook aan rugprobleme lei.

Die As
Die As
Die Sok
Die 19mm Sok
Die Sok Geboor
Die Sok Geboor
Die Sok en As Gepen
Die Sok en As Gepen
Die Ratkas
Die Ratkas
Die Plaat
Die Plaat
Die Dekbuis
Die Dekbuis
Die Hele Ratmotor
Die Hele Ratmotor
Die Hoekstut Geboor
Die Hoekstut Gereed
Die Hoekstut Geboor
Die Hoekstut Geboor
Bymekaar
Bymekaar
Van Onder Gesien
Van Onder Gesien
Klaar
Klaar

 

Kaapstad
Profile picture for user Fyko

Fyko

Wed, 29/03/2023 - 10:29

Hi Willem,

Daar's 'n reeks 12VDC TransTecno ratmotors beskikbaar van Principal Power in Kaapstad. Die wat van Sjina kom is duurder as gevolg van die vervoer.

Derek skryf dat die totale prys insluitend vervoer AUD1200 was.

Die TransTecno motors wat ek gebruik het het my R4150 elk gekos. Om die van Sjina in te voer sou meer as R5400 elk wees.

Daar is meer inligting oor hierdie saak op 'n ander draad van 2 jaar gelede. Ek sal hom probeer opspoor en n <link> skep

Beste

Fyko

PS dis wat voorheen gedkryf is: https://www.kampforum.co…

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 29/03/2023 - 14:43

Prys klink goed in vergelyk met R25k wat karavaan plek vra. Lyk amper soos hekmotor motortjies. Dit klink vir my baie soos n "nice to have" produk. Ek gebruik battery boor....ek voel dat as mens dit nie meer kan doen nie, kan jy ook nie meer kampeer nie

0
Kaapstad
Profile picture for user Fyko

Fyko

Wed, 29/03/2023 - 16:01

Dis nie 'n kompetisie met slinger of boor nie. Almal weet van die boor.

In die amper 2 jaar dat ek die selfoon beheer sisteem lewer het ek geleer dat jong mense begin met 'n slinger, upgrade mettertyd na 'n boor, en dan as die rug ingee oorslaan tot 'n aangedrewe sisteem, wat hulle beheer van binne die woonwa sonder om te buk of buig.

Dis hierdie opsie of tuis bly vir baie. Ek weier om die boor opsie the debater - maar ek is baie trots dat ek 'n hele klomp ou mense op 3 vastelande mobiliteit kan lewer. 

Derek in Melbourne is 80 jaar oud en hierdie is al manier dat hy nog sy woonwa kan gebruik. Hy het sy beheer eenheid self gebou op my instruksies, en het sy vriend ingeroep om die MCU to flash met die firmware. Hulle het gesukkel maar deurgedring.

Ek is baie dankbaar vir die goeie gehalte fotos dat gestuur het, wat ek publiseer in die hoop dat dit ander slagoffers van rug pyn kan help.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 29/03/2023 - 17:23

Tydens een van ons kampe in Karoo Nas Park het die eienaar van Rondeberg Oord met 'n groot karavaan langs ons ingetrek. Hy't op dié wa ook meganiese hoekstutte gehad. Maar syne was "automatic self-levelling". Dit was nogal indrukwekkend om te kyk hoe hy sy wa moeitevry waterpas gekry het.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 17:43

.....Rondeberg oord.

Middag Chris B

Ek wonder nou of ons dieselfde persoon ontmoet het. Ek het ook 'n ou met die naam Raymond ontmoet in Mayane. Ek gaan die van verswyg, maar dit begin met 'n K. Hy het juis toe 'n massiewe wa kom haal hierbo. 

Baie gaaf en hy meld toe dat ek enige tyd Rondeberg oord kan besoek, daar sal plek wees. Dit blyk dat ek by familie van hom klas gedraf het op Stellenbosch, die prof het vastetoestandfisika aangebied. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 29/03/2023 - 18:41

Ek verkies as deelnemers aan dié forum verstaanbare dinge praat. Dit klink vir my heeltemal bo 'n gifsmous se vuurmaakplek.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 29/03/2023 - 19:08

Ek luister so vir Wessel met die stukkies wat hy insit. Van warm lug wat allerhande goete doen, en ysters wat snaaks breek,

Dan voel dit vir my soos die keer toe ek gepoog het op Stephen Hawkins se boek" A brief history in Time" te lees. Net die Yes en No kon ek verstaan die res het my soos n rookwolk oor my verbygetrek. En... dit was geskryf vir gewone mense....Plumbers en bricklayers.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 19:43

...as julle manne vertel oor julle sterkpunte, projekte van restourasie en hotelbou projekte. 

As Chris B gaan gesels oor sy giwwe en chemiese interaksie, gaan ek weer in verbasing sit en lees.

Ek het die inset oor bladvere en resspannings meet, bloot gedeel omdat ek gehoop het dat dit julle sal interesseer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 29/03/2023 - 20:16

..............ek geleer dat jong mense begin met 'n slinger...............

...............gawe kompliment want op amper 76 is ek nog op die slinger en dan moet ek nog by die boor uitkom voor ek kan oorgaan tot vol-outomaties !

0
Kaapstad
Profile picture for user Fyko

Fyko

Thu, 30/03/2023 - 09:00

Daar is geen voorsiening vir limiet skakelaars nie. Die wat die motors direk will beheer deur druk knoppies sal moet luister na die klank van die motors.

Ons beheer het 'n stroom sensor wat die motor af skakel wanneer die stroom 25A oorskry, soos gebeur by die limiet.

Ons vertooen ook die huidige stroom syfer of die foon:

Die stroom word vertoon

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 30/03/2023 - 12:24

Ek kom van 'n Outomatisering agtergrond af en het al vele projekte gedoen in my jonger jare - ek vind dus die tegnologie en komponente baie interressant!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 30/03/2023 - 14:06

Fyko, wat van mikro skakelaars op die montering punte in te bou, soos bv. elektriese domkragte?

Net iets om aan te dink.

0
Kaapstad
Profile picture for user Fyko

Fyko

Thu, 30/03/2023 - 14:55

Die voordeel van die sisteem soos hy staan is dat daar net 2 drade na elke motor is,  en dis genoeg vir totale veilige beheer sowel as baie eenvoudig.  Die stroom sensor reageer dadelik en is baie betroubaar. Ek is nie bewus van enige voorval waar die motor oorverhit het nie. Die voorstel is vir 4mm bedrading.

Die rede dat ek die kwessie van limiet skakelaars noem is dat daar dalk DIY mense is wat hulle eie ding doen met beheer skakelaars of druk knoppies en nie dink aan wat gaan gebeur by <end-of-travel> nie. Ek sou haat dat hulle hul toerusting beskadig met te veel stroom deur die motors.

Maar dankie dat jy dit noem, en dankie vir jou aandag.

Edit: Ek wil net byvoeg dat die 25A beperking beteken dat,in die geval van 180W Transtecno motors en 60:1 ratkaste, die wringkrag op die leiskroef tot min of meer 40Nm beperk is, en dis genoeg om stewig hard teen die grond te druk sonder dat die hoekstut kan breek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 30/03/2023 - 15:32

Dit lyk na 'n baie nice stelsel, maar ongelukkig bo my vuur maak plek, armmoede is nie vir sissies nielaugh

Seg ek ook Johann. "Nice to have" maar ek kan nog daarsonder klaarkom (danksy my koordlose boor met 'n "socket" en "extention"). 

Nietemin - indrukwekkend Fyko.

0
Kaapstad
Profile picture for user Fyko

Fyko

Thu, 30/03/2023 - 18:31

Ja manne - dis jammer dis so duur.

Ek het 'n klient in die Vrystaat aan wie ek 'n beheer gelewer het wat beweer hy het <tongue jack motors> gebruik. Totale koste vir al 4  - R6000. Hy he my net een foto gestuur van 'n motor en planetary ratkas. Die as van die motor was die selle as die leiskroef so dit het die dang nogal lang gemaak. Op die Internet kom ek in baie ure niks vind nie wat ek kon gebruik nie.

Ek het hom gesmeek vir die bron van die motors, maar skynbaar 'n neef van James Bond - baie geheim. Ek het nooit weer van hom gehoor nie. Ook kontant betaal - untraceable, regte secret agent.

As ek 'n beter bron van motors kry sal julle die eerste wees wat ek vertel.

Ek geniet hierdie forum versriklik - die hoflikheid is fantasties.

Baie dankie.

0
Kaapstad
Profile picture for user Fyko

Fyko

Wed, 05/04/2023 - 10:06

Ek sien Adendorff verkoop nou die ROGTZ elektriese domkrag. Vir ontrent R1600.

Daardie 12V motor is al klaar gekoppel aan 'n leiskroef. Kannie te moeilik wees om die op 'n hoekstut aan te wend nie?

Het iemand al een van hulle oop gemaak?

Anders kan jy net een van hulle onderstebo op elke hoek monteer. Dit sal steviger wees as die bestaande hoekstut.

ROGTZ domkrag

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 05/04/2023 - 10:22

Ek het destyds vir my 2 x 2ton domkragte by hulle gekoop om die Exclusive mee dwars gelyk te maak.  Werk baie lekker en dterk genoeg, maar mens moet mooi kyk na die kurwe grafiek (het dit iewers op die forum al geplaas.

Daar is altyd een agter in die ST.

Hier is die gesprek (skakel) waar ek foto's en die kurwes wys.

Hier is ook Len se gesprek skakel.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus