Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
November brandstof prys November 2026 Geert -23 seconds ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -5 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -6 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -17 hours ago

Laatslaper

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

Ek het so bietjie laat geslaap hierdie jaar voordat ons besluit het watter rigting ons gaan inslaan. Op die einde het ons besluit om aan die westekant van die land op te ry. Net een probleem: Ons soek nou kampplek in Twee Rivieren vir 7 dae tussen 20 Augustus en 10 September 2023. Miskien kan Chris Boucher help. Hy bespreek mos n paar plekke vooruit. Hy wil dalk kanselleer. Groete. MAURITS

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/05/2023 - 11:09

.... jammer ou maat - ek het so pas die 7 dae wat ek tydens jou verlangde tydperk in Twee Rivieren teen 'n moerske wins verkoop 😇

Jy en Martie moet maar kom saamkamp in Karoo Nas Park. Ons is tans ook hier in die (yskoue en nat) park, maar kamp hierso vir 14 aande vanaf 8 September.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 14:43

Middag Maurits

Beplan julle om verder in park te beweeg en te kampeer?? Dan moet jy dalk kyk by die plekke net voor die park,  wat Chris Smal genoem het.

Kan julle dalk vir 'n aand of 2 in park hutte/chalets plek kry??

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/05/2023 - 15:43

Dis die plek waarna Wessel verwys. Dis wel amper 40km voor Twee Rivieren, maar die Eco Camp se staanplekke is baie lekker en die natuurskoon en stilte is baie goed. Kgalagadi Lifestyle lodge is nader aan Twee Rivieren maar dis teen die pad, en sou nie my eerste keuse wees nie. Aan die Botswana kant net agter die hek is Two Rivers, maar dit kan dalk al bespreek wees en het meer basiese fasiliteite. 

0
Sandbaai

maurits

Mon, 15/05/2023 - 18:50

Ons wil graag in Nossob n nag in n chalet slaap. Ongelukkig is almal vol bespreek. Ezi bookings op Stellenbosch help my. Ons het darem al 3 nagte met krag gekry in Twee Rivieren. Maurits

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus