Forums
Ek het gou gaan loer na die oord. Wat 'n netjiese plek, die ablusie vertoon uitstekend. As mens in daai omgewing na die historiese plekke, soos Bloedrivier byvoorbeeld, wil gaan kyk, is dit 'n goeie oord.
Ek dog Anton het sommer sy tent daar by 'n stroompie en longdrop opgeslaan.![]()
Sal graag wil hoor wat sê hy van die oord.
Hier is 'n video van die…
Hier is 'n video van die kampeerplek. Ek het ook my drone opgestuig om video te neem en sal dit later ook wys.
video
Mapstieks!
7 grade! Dis kouer as in Worcester. Hier was dit gisteroggend 9. Reeds heeltemal te koud vir my noordelike hang van die Magaliesberg wortels.





Dankie oom Wessel. Ek is…
Dankie oom Wessel. Ek is terug by die huis.
Hier is 'n paar fototjies wat ek vanoggend geneem het.