Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stil stem lokaal November 2026 Geert -1 hour ago
Ons " plattelandse"… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Ek stem saam .... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit het my en ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -3 hours ago

Junie - Algemene gesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek het so pas my bespreking in Shingwedzi gedoen vir Mei 2024. Toe ek EZI Bookings bel,  vra Joween of ek plek soek in Kgalagadi of Kruger. Toe ek sê Kruger, sê sy dit is 'n wyse besluit want Kgalagadi is vanoggend sommer al vroeg volbespreek. In op 12 Mei en uit op 1 Junie. Die eerste aand (12 Mei) in 'n chalet omdat ek voorsien ons sal maar laterig die middag daar aankom. Shingwedzi bied vir die gryskoppe selfs 40% afslag op die chalets. Dan is ek reeds in die kamp die volgende oggend om 'n lekker staanplek uit te soek, want ek beplan steeds om met 'n tent en gazebo te gaan - daarom ook slegs een kamp.

Hier in Kleinmond lyk dit of ons vir die vierde agtereenvolgende dag geen son gaan sien nie. Na gister se bietjie reën, staan ons vir Mei op 209 mm.

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 01/06/2023 - 14:27

Shingwedzi het darem keuse wat mens kan bespreek om te kies of mens grensdraad staanplek soek......dink daars 4x verskillende opsies

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 01/06/2023 - 15:54

Na amper 57 jaar....................in die tuig is ek van vandag af amptelik ook nou 'n pensionaris. 

Elmarie en ek het saam afgetree om ons toer te begin. Net so 'n paar logistieke goed om uit te sorteer. 1 Augustus is ons datum wat die toer begin. Skielik lyk die tyd min.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 01/06/2023 - 15:57

Ons staan maar altyd op die gewone staanplekke. Shingwedzi se kampdraad-staanplekke staan my nie aan nie. Teen die draad kyk jy in elk geval in die rigting van die kampong wat net 'n paar honderd meter weg is. Ek darem al 'n witkwasjakkals teen die draad gesien. Ons staan meestal naby die chalets (verste weg van die draad af). Ek was nog elke keer gelukkig om 'n lekker staanplek in Shingwedzi te kry. Hier's 'n paar foto's oor die jare in Shingwedzi:

2006 (toe ons die eerste keer in Shingwedzi gekamp het):

Shingwedzi

2012 (toe ons ook net met ons tent en gazebo daar gekamp het):

Shingwedzi

2016:

Shingwedzi

2021 (ons laaste keer in Shingwedzi):

Shingwedzi

Naas Tsendze beslis ons gunsteling kamp.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 01/06/2023 - 16:05

Na amper 57 jaar....................in die tuig is ek van vandag af amptelik ook nou 'n pensionaris. 

Elmarie en ek het saam afgetree om ons toer te begin. Net so 'n paar logistieke goed om uit te sorteer. 1 Augustus is ons datum wat die toer begin. Skielik lyk die tyd min.

Geniet die aftrede. Jy sal gou vind dit is só lekker dat jy sal wonder waarom jy ooit begin werk het. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 01/06/2023 - 16:10

Vandag is my laaste dag in VSA.   Ek vertrek 10 am terug San Francisco toe en sal 1pm daar arriveer.  My vlug terug is eers 10:30pm.  Ek sal dus bietjie in die stad vertoef en dan later so teen 6pm lughawe toe skuif.   

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 01/06/2023 - 20:24

 

 "Begin werk op 13?"

Het op ouderdom 4 jaar skool toe gegaan want hulle wou die plaasskool toemaak omdat daar nie genoeg leerlinge was nie. Het eers in November 5 jaar oud geword.

Matriek in 1966 en dadelik vakleerlingskap begin. Matriek eksamen begin skryf op 16 jaar oud.  Word nou 74 so ja lank gewerk omdat ek nie wou aftree terwyl Elmarie werk nie en terwyl my gesondheid nog uitstekend is. 

Maar nou is dit my beurt. Gaan nog konsultasie doen maar net wanneer dit my pas. Moet nog die Gahora Bassa projek hanteer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 02/06/2023 - 07:49

lank gewerk omdat ek nie wou aftree terwyl Elmarie werk nie

Salomien is 8 jaar jonger as ek, maar ek is bevrees dat as ek dit maak tot aftree ouderdom (65 hier waar ek werk) gaan ek nie aanhou werk langer as dit nie. As my gesondheid dit toelaat dan, wil ek gatskuur soveel as moontlik en tussendeur my selfdoen projekkies tuis pleeg. Gelukkig is Salomien se besigheid van so aard dat sy nie vas is aan verlof nie en baie van haar werk weg van die huis af ook kan doen solank sy ‘n rekenaar het. 

0

Jan, julle moet julle aftree geniet. Ry rond en doen wat julle wil doen. Dit kan net lekker wees. Die beplanning vir die wegtrek in Augustus is deel van die lekker.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 02/06/2023 - 08:46

Is dit gene of wat?.........,..................Het agter gekom dat my geheue nogal baie goed is vir my ouderdom in vergelyking met mense wat heelwat jonger as ek is. 

Sien dat ek al die jare in die Ingenieurs bedryf was en baie berekeninge moes doen het dit moontlik my brein ge-stimulleer. Van my jonger kollegas kan minder goed onthou as ek of miskien stel hulle maar net nie belang nie. 

Het altyd nogal trots gevoel as ek hoor hulle sê vra vir Jan hy sal weet. Selfs nou het hulle my gesoebat om nog aan te bly maar ek skuld Elmarie vir al die jare se mooi kyk na my en die goeie maat wat sy is.

Daarom dat ons die besluit geneem het om die land te toer en kamp voordat die gesondheid ingee en kamp nie meer moontlik is nie. 

  Ek neem aan julle huis is klaar verkoop?

Hennie, ons het al geteken maar dit is onderhewig aan eers hulle plek verkoop maar daar is ander kopers. 

 

 

 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 02/06/2023 - 09:02

Hennie, ons het al geteken maar dit is onderhewig aan eers hulle plek verkoop maar daar is ander kopers. 

Baie sterkte en ek hoop alles sal reg uitwerk. 

Ja, ons sal die huis ook seker by die einde van die maand in die mark sit. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 04/06/2023 - 08:43

Goeie môre al die forum Maters, hoop dit gaan goed met die wat nie gesond is nie en die ander lekker ruusttig kamp. Die wat by die huis is, mag dit goed gaan en hopenlik besig met 'n kammp beplanning. Lekker dag vir almal daar buite. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 04/06/2023 - 12:39

Toe ek lees dat Lapskag Jeffrey’s toe getrek het, het ek gaan kyk na huispryse daar. Dis interessant dat veral in Astonbaai, wat na ‘n aangename area lyk, die huise aansienlik goekoper is as in die Suid-Kaap. Tussen Glentana en Kleinmond is daar nêrens huise wat naastenby so bekostigbaar is nie. Meeste van Astonbaai se huise lyk ook of dit agter ‘n duin is, wat behoort te help met die seelug wat alles so vuil mors en laat roes. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 04/06/2023 - 14:05

Na Anton se uitlating oor die  wyn van die Napa Valley is daar toevallig n artikel in koerant. Mooiste wynplaas in die wêreld is ons eie Boschendal. En... naas Frankryk se Champagne area wat díe populêrste bestemming is vir wyn toerisme in die wêreld, is Nappa 3de en ons Stellenbosch 4de. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 04/06/2023 - 15:01

Chris ek is nie heeltemal op hoogte met die pryse, want die kinders het gekoop, ons het n bydra gemaak maar was hulle besluit waar om te koop. Ons het gekyk na 'n huis daar maar is maar klein. Hier sien ons darem die see so vanaf die hoogte vanaf C-Place. Vir my is net gesê, pak jou tas jy gaan saam. Nou hier is ons met baie ander uitdagings maar net rustigers as in Bloem. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 05/06/2023 - 08:06

Môre môre. Die klein Karoo is bitter koud vanoggend. Veld is spierwit geryp.. en daar is so ligte sneeu bo-op die Swartberg.  So die windjie wat van daar af kom is snerpend koud.

Sal Wessel enige dag ruil vir sy omgewing, al is daar nie n rooibok te siene nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 05/06/2023 - 09:25

Hier is dit ook yskoud vanoggend en ek sien YR voorspel 4º vir vanaand hier by ons  -  ongehoort laag vir Kaapstad.

Herman, uit die aard van die saak sal ek ook graag vir Wessel sy omgewing ruil as hy nie tevrede is nie, maar nie net oor die heerlike weer by Punda en Tsendze nie, maar ook die rustige omgewing en natuur in die Wildtuin.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus