Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
30% November 2026 Geert -6 hours ago
see water November 2026 Geert -6 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -14 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Weet regtig nie of sulke… November 2026 neef Herman -15 hours ago

Smalle na Oom Paul se tuin Julie ‘23

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.  
 

So lyk ons program:

29 Junie Worcester na Kambro

30 Junie Kambro na Potchefstroom 

2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa 

3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi 

9 Julie Shingwedzi na Tsendze 

14 Julie Tsendze na Potchefstroom 

15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes

16 Julie Victoria-Wes na Worcester 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 10:29

..............dikwels in die Wildtuin saam met vriende.  My annerhelfte is 'n mens-mens en hou van mense om haar.  Ons het egter die gebruik om nie die volle tyd in die Wildtuin saam te kamp nie.  Van die Kaap af ry ons en ons vriende elk op ons eie en ontmoet eers in die Wildtuin waar ons net 'n kamp of twee saam kamp, dan weer elkeen op sy eie.  Ek stem saam dat 'n mens soms jou eie ding wil doen sonder om ander se behoeftes in ag te neem. Ons kinders wil hê ons moet eerder die lang afstande saam met vriende reis sodat hulp byderhand is as ons iewers 'n probleem sou hê.  Dit maak seker sin as jou ouers bejaard is, maar in ons geval werk dit nie.  Daarom reis ons maar eerder in paaiemente van maksimum 500km per dag totdat ons ons bestemming bereik.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/06/2023 - 10:50

My annerhelfte is 'n mens-mens en hou van mense om haar. 

Ek is in dieselfde bootjie. Salomien kyk dieselfde TV stories en rolprente oor en oor terwyl sy werk, net sodat sy nie alleen voel nie. Sy kyk dit eintlik glad nie. Dit speel net op haar foon terwyl sy op die rekenaar werk. 
 

Ek is dolgelukkig op my eie of saam met net my gesin. Ek was al twee keer alleen oorsee met vakansie, het alleen deur Namibië getoer die eerste keer wat ek daar was en was al meer as een keer alleen in die Kruger wildtuin. Ek hou van my eie geselskap, maar geniet en koester ook die tye wat ons as gesin saam het. Dis waarom ek my besteebare inkomste op vakansies en naweke weg uitgee. Dis waar mens herinneringe opbou wat vir altyd hou.
 

Ek moet juis begin om iets te beplan vir September se langnaweek. Ek raak mos op my senuwees as en nie reeds iets in die vooruitsig het wanneer ek oppad huis toe is van my vakansie/naweek weg nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 13:00

............van Joey's boerewors is dat hulle 'n fabriek het hier in Brackenfell en dan verskeie winkel-afsetpunte in die Skiereiland  -  gelukkig is een van hulle winkels om die draai hier van ons huis.  Ek weet ook hulle voer al hulle vleis in vanaf Botswana en hulle wors word nie syf gestop nie  -  ek dink dit is hulle wenresep. Die skepper van Joey's is ongelukkig onlangs oorlede na 'n lang siekbed, maar sy twee seuns bedryf die onderneming al vir 'n geruime tyd.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/06/2023 - 13:18

Ek wil gou môre oor die berg glip om Joey's se boerewors en patties by hulle winkel in Strand/Somerset-Wes te gaan koop. My voorrade is laag. En daar is wat my aanbetref min ander boerewors wat by Joey's s'n kan kers vashou. Ek weet van een - Oranje Slagtery in Porterville.

Ek en my ander helfte verkies ook om ons "eie ding te doen" as ons met vakansie is. Ons het al vir 'n naweek saam met vriende gaan kuier (nie noodwendig gekamp nie) - maar vakansie hou saam met vriende is nie vir ons nie. In die wildtuin byvoorbeeld, wil ek gaan ry waar ek wil en op my manier. As dit kom by kosmaak wil ek nie pal ander se voor- en afkeure in berekening bring nie. 'n Enkele of dalk 2 aande se saamkuier is vir my meer as genoeg. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 13:46

Ai tog Chris B

ek het nou rerig gedink ons sal lekker saam kamp in Kruger, ons het dan juis so min in gemeen. ek bedoel nou jou liefde vir kerrie, knoffel en stadig ry, pas mos nou nie in my kraal nie.

Ten minste ry ons beide 'n wit Hilux en drink rooiwyn.laugh

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/06/2023 - 13:53

Hennie, jy kan maar net Google. Dis soos Oom Len sê hulle het ‘n handvol afsetpunte ‘n die Kaap. Ongelukkig net in die Kaap, maar julle is mos oppad. Ons gaan koop altyd in Brackenfell naby Cape Gate. Hulle dun wors is vir my veral lekker. Sover ek weet gebruik hulle net brisket en ek het nog nie sulke lekker wors elders geproe nie. Soos genoem raak mens ongelukkig bederf daarmee. 
 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/06/2023 - 14:30

ek bedoel nou jou liefde vir kerrie, knoffel en stadig ry, pas mos nou nie in my kraal nie.

Ek wil dalk aand na aand kerrie eet, of myself half vergiftig met knoffel - en jy wil nie. En ek wil nie die S100 gaan ry nie, maar jy vrek daaroor.

Maar jy's welkom om my Hilux se ruite ook te kom skoonmaak. En 'n rooiwyntjie sal daar altyd wees. Al probleem met laasgenoemde is dat jy net een glasie drink en ek laaik 'n bottel op 'n aand.wink 

Jammer Willehont.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 21/06/2023 - 14:33

Ongelukkig net in die Kaap, maar julle is mos oppad.

Dankie en ja, dit is waar. Sal maar nuwe plekke moet soek vir die vleis koop. Koop nou al jare hier by Vleispot en my vrou maar bietjie vol fiemies met ander plekke se vleis. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 22/06/2023 - 06:03

Sy kon ‘n vegetariër gewees het.  

Sy hou van haar groente maar is ook lief vir 'n vleisie. Ek vat ook elke jaar, met my jaarlikse verlof, al my vleis saam van hier af. Op uitsondering sal ons 'n vleisie elders koop. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 22/06/2023 - 14:22

Salomien het gister vir ons 6kg Joey’s wors gekoop. Dis nie net vir die toer nie, ons het dit in 500g pakkies verdeel en gevries. Sy het ook ‘n kg elk biltong en droëwors gekoop en die sirloin was R140/kg so sy het vir ons 4 stukke man/man gekoop (of man/vrou in die geval). Die vleis is dus uitgesorteer. Die naweek maak ons hoendersosaties vir die kere wat ons nie vleis braai nie. Ek moet net weer die resep soek vir die marinade wat ek verlede jaar gemaak het, dit was heel lekker. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 22/06/2023 - 14:38

Ek het die resep wat Mnr Boucher met ons gedeel het gevind op bl 1 van hierdie gesprekslyn oor sosaties. Kyk nou net hoe handig is die forum!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 22/06/2023 - 17:35

Sosaties vir waneer julle nie vleis braai nie ? Beteken dit dat Wildehont sosaties as groente sien? En stoom dit in die mikrogolf?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 17:46

....dis mos wat Chris gesê het----hoendersosaties as hulle nie vleis braai nie. Dus beskou hy hoender nie as vleis nie. Seker dan maar groente.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 22/06/2023 - 21:03

So om n Brinjal, in skywe gesny, met braai spice gegeur, op die kole te sit, is dan seker poeding. Dit is besonders lekker. Ons braai ook jong murgpampoen in skywe  op die vuur.  Haloumi kaas, gebraai, is vreeslik lekker. Braaimielie, wie ken hom nie, my favourite. Moet erken my vleis porsies verkies ek deesdae maar klein.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/06/2023 - 06:15

My hoender is ‘n groente stelling is tong in die kies. Ek is nie so groot vleisvreter nie, en eet ook klein porsies. Ek is wel lief vir beesvleis, maar ‘n lekker hoender kerrie word elke week gemaak. 
 

Wat Oom Neef se ander voorstelle betref; ons is ook lief vir haloumi oor die kole maar dit het vrek duur geraak. Sal tog enetjie saamvat vir ‘n bederfie. As murgpampoen butternut is, ons sny ‘n hele een in die helfte in die lengte, draai dit in foelie toe en braai dit so met Ina Paarman se Vegetable Spice. Na die tyd skep ons blokkies Fetalaas in die holte waarin die pitte was. ‘n Braaimielie is ook ‘n lekkerny, en ons is lief vir aartappel wiggies wat eers gekook word in water met ‘n teelepel koeksoda by, dan geskud word in ‘n bak met olyfolie en Ina se speserye hier bo voor dit gebak word tot dit bros en ligbruin is buite.

Natuurlik soos enige ware Bloubul maak ek ook pap, maar slegs krummelpap wat met braaipap meel gemaak is met ‘n lekker tamatie- en uiesmoor met so paar geheimpies in. Eiervrug kan ek nie in my lyf kry nie, die naam sê dit alles - ‘n vrug wat soos eier smaak. Nou en dan braai ons wel pynappel skywe. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/06/2023 - 06:27

Oor ‘n week maak ons DV reg om by Kambro weg te trek rigting Potchefstroom. Die skoonouers gaan eersdaags hulle drie slaapkamer meenthuisie verruil vir ‘n twee slaapkamer huisie in ‘n aftree oord. Ek kan dink dit gaan baie swaar wees, want ten spyte van hulle 78 jaar elk is hulle nog op- en wakker.
 

Skoonpa sal ook sy Ford Ranger dubbelkajuit 4x4 Montana moet laat gaan. As dit nie vir die 2,5 enjin was nie, sou ek ernstig oorweeg het om dit oor te koop. Ek dink egter dis te pap vir sleep. Dit sal wel seker amper dieselfde verbruik as die RAV gee. Lg is maar swaar op diesel, maar dis die VX, wat alles in het wat daardie tyd hoë spesifikasies was. Dit sluit selfs self oop as ek naby genoeg kom.
 

My jongste voertuig ooit was die 2011 Everest wat baie basies was, so ek is niks gewoond nie en geniet die RAV se luukses soos knoppie aansitter, klimaatbeheer en verhitte sitplekke. Dit het selfs ‘n paar goed in wat die Prado - ook ‘n VX en ‘n jaar nuwer - nie in het nie. Maar dit sal lekker wees om weer ‘n bakkie te hê…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus