Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.
So lyk ons program:
29 Junie Worcester na Kambro
30 Junie Kambro na Potchefstroom
2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa
3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi
9 Julie Shingwedzi na Tsendze
14 Julie Tsendze na Potchefstroom
15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes
16 Julie Victoria-Wes na Worcester
En ek probeer ‘n forum patent
Met die tjoppe en die sosatiestokkie

Ai tog mense,...................
.................dit is darem net die lewe daai - Wildtuin toe in die winter deur die Karoo en kort voor lank is dit kortbroek-tyd in die Wildtuin ! Daardie sosaties en tjoppies-op -'n-stokkie lyk baie interessant. Hoe het laasgenoemde toe gewerk of het jy maar later na die tradisionele manier oorgeslaan ?
Ry nou maar lekker en veilig tot by skoonpa en skoonma !
Ns. Jy is 'n goeie voorbeeld vir ouens wat gaan kamp en nie van ons tuisblyers en fotos vergeet nie.
Tjoppies op ‘n stokkie
Daardie sosaties en tjoppies-op -'n-stokkie lyk baie interessant. Hoe het laasgenoemde toe gewerk of het jy maar later na die tradisionele manier oorgeslaan ?
Ek het eers die tjoppies gewoonweg gebraai maar nie doodgaar gemaak nie. Toe ryg ek die sosatiestokkie deur net om hulle regop te hou sodat die rug- en kop kante se vetjies lekker kan uitbraai. Dit het goed gewerk.
Ek het nou gaan kyk; dis Jeanne Jones se idee op die skaaptjops braai gesprekslyn.
Gister
Dit het my amper twee ure gevat om my gesin en al die negosie in die Prado te kry by Kambro. Ons is 08:10 daar weg in digte mis, wat meeste van die pad tot anderkant Hopetown ‘n faktor was. Dit maak dat mens nie maklik verby die stadige erts vragmotors kom nie. Die Prado se termometer het 3 grade gewys toe ons ry. Ons het eers in Hopetown gestop by Salomien se niggie hulle. Dit was toe darem al 6 grade.
Die niggie se man het my beduie hoe om Kimberley se nare middedorp mis te ry. Mens wag dan net lank om weer op die N12 roete te draai. Ons het by die Ultra City anderkant Kimberley gestop vir ietsie te eet, en toe deur gedruk Potchefstroom toe, waar ons 16:30 aangekom het. Die N12 is in goeie toestand en die Prado sleep soos ‘n droom.
Prado sleep.....
....soos 'n droom.
Jis ou Chris, moet jy dit nou staan en invrywe. Ek is bly om te hoor dat jy nou veral, jou sleep kombinasie geniet. Onthou net as jy petrol ingooi, as mens lekker, met krag en gemak wil sleep, is die petrolprys nie meer 'n faktor nie.
Ook maar goed julle het effe laat weggekom, anders was die mis dalk nog erger.
Jy kry waarvoor jy betaal
Ek is bly om te hoor dat jy nou veral, jou sleep kombinasie geniet. Onthou net as jy petrol ingooi, as mens lekker, met krag en gemak wil sleep, is die petrolprys nie meer 'n faktor nie.
Ek het lankal vrede gemaak met die koste daarvan om met die petrol Prado te sleep. Maar dis vir seker die moeite werd. Die kar ry vrek lekker en die kombinasie sleep regtig soos ‘n droom teen 100km/h op die GPS. Ek het gister ook uitgevind dat die spoedbeheer mooi werk teen die snelheid, solank daar nie steil bulte is nie. Dan is dit geneig om voer neer te sit en terug te skakel 3de rat toe, en stoot die spoed op 105 toe. Op platter dele bly dit presies op die spoed wat ek gestel het, en in 4de rat. Ek hou dit daar, sodat dit nie soek vir ‘n rat tussen 4 en 5 nie. 5de rat is net vir laaaang afdraendes.
Rat 5???
Môre Chris S
Het jy al op plat paaie probeer om met spoedbeheer, en in "Drive" te sleep?
Ek dink nie jy hoef 5de te hou vir lang afdraendes nie. Dit sal insiggewend wees om te sien wat die beheer gaan doen. Ek vermoed dit gaan teen opdraendes gou terugskakel na 4de en indien nodig na 3de rat toe.
Dink [voel] jy dat 3de rat teen effense hellings rerig nodig is, volgens wringkragkurwe? Indien nie het jy 2 opsies;
1] ry opdraendes handrat in 4de, waar moontlik
2] of laat sak die spoed effe in 3de tot jy oor die bult is. Maw, moenie bo-oor die rpm vir wringkrag gaan nie.
Langpad is ideale laboratorium om met sleepkombinasie se opsies te eksperimenteer.
Ratte
Wessel
Ek het gister vir die eerste keer met die spoedbeheer gesleep. Voorheen het ek dit net probeer sonder die wa, en dit skakel te maklik af na ‘n laer rat wat die revolusies opstoot verby die optimale. Die Prado se rathefboom druk mens regs uit D na 4, dan skakel dit nie op na 5 nie. Ek sleep gewoonlik in D en skakel af na 4 voor ‘n opdraende. Dan hou dit die spoed en skakel nie af na derde nie.
Van Worcester af hierheen styg mens voortdurend op balans bo seespieel. Daarom het ek min in D gesleep, meestal in 4. Gister na Hopetown het ek in 4 met die spoedbeheer probeer en dit werk goed op plat stukke of teen ‘n effense helling. Voor steil bulte skakel ek dit af en bly met my voet in 4de teen die bult uit by 100 soos ek voorheen gesleep het. Na die bult druk ek die spoedbeheer hefboom op, wat dit terugvat na die spoed voor die bult.
So leer mens maar jou voertuig ken, en kry die sweet spot waar dit die gelukkigste is. Dis waarskynlik waarom ek op die toer so lekker sleep. Dit, en natuurlik die algemene gerief van die voertuig, voldoende krag en wringkrag, en die vering wat tesame met die lugsakke net reg is vir hoe (swaar) die kombinasie gelaai is.
Persepsies
Chris, ek gesels sommer vir die lekker, en probeer geensins voorskriftelik wees nie.
Ek het die afgelope vakansie meestal met spoedbeheer gesleep op die N1 en N4. Grompie skakel vinnig van 6de deur 5de, om dan in 4de die 97km/hr GPS te handhaaf. Dit het 9km/l opgelewer.
Ek gaan Augustus af Kaap toe, toets of ek beter kan doen sonder spoedbeheer. Sommige van my vriende is oortuig dat spoedbeheer effe swaarder brandstofverbruik lewer. Ek het ook gevind dat dit NIE die antisipasie van 'n mense brein het nie. Ons kan mos 'n pad vooruit lees, en daarvolgens bestuur.
Spoedbeheer is natuurlik 'n heerlike luilekker manier van bestuur waaraan ek al amper gewoond geraak het. Soms bietjie lastig op besige snelweg.
Ons vorder
Rek nou bene by the Ranch voor Pietersburg. Dalk ry ek nog die Sable ompad vanmiddag…

Vorder goed
Hello Smalle, julle vorder goed. Moet nou net nie dat GPS julle mislei om Pietersburg nie. Die ding wil mens te gou laat afklim. Wag tot jy borde kry wat R71 Tzaneen wys.
Laaste stoot
Piepie stop in Tzaneen en dan die laaste stoot. Ek het Magoebaskloof gevat. Dis maar steil, selfs in 2de rat moes ek nou en dan rem.
Middag Chris, geniet dit,…
Middag Chris, geniet dit, die uitsig maak daai rit vir my die moeite werd. Het jy baie trokke gekry, ek twyfel darem.
Geniet die wildtuin, ek glo dit is die beste tyd vir wild besigtiging.
Vinnige draai in park
Ek moes van die geleentheid gebruik maak toe ons net voor 15:00 in Phalaborwa is. Sable pad gery en ‘n teeltrop by die dam gesien. Ek moet onthou om volgende jaar te probeer om die eerste of laaste aand in die skuiling te slaap.
Gou die badkamers by Masorini gebruik ook van môre af raak die sein swak en gaan ek waarskynlik stil raak en die vakansie geniet. Tot volgende keer…



Dagbesoeker fooi??
Môre Chris S
Moes jy 'n dagbesoekers fooi betaal om gistermiddag daai draai te gaan ry??
Jou opmerking van 2de rat Magoebas af, laat my dink dat dit dan steiler af is as Georges Valley. Ek kan wraggies nie onthou dat ek 2de rat daar af is nie, maar dit kan ook weens verskil ratverhoudings wees.
Nou breek daar 'n paar heerlike ontspannende dae vir julle aan. Ek hoop julle kry lekker staanplek in Shingwedzi.
Besig hier
Die parkeerterrein by Phalaborwa hek is propvol en die ry by ontvangs beweeg skaars. Ek wil so vroeg as moontlik by Shingwedzi wees om ‘n lekker staanplek te probeer kry. Ek is bly ons was nie gister hier nie, seker nog besiger op ‘n Sondag met dagbesoekers. As ek in beheer was het ek twee rye gemaak - een vir besprekings en een vir dagbesoekers.
Wessel, Magoebaskloof is vir seker steiler as Georges Valley. Ek kon maklik teen Van Rhynspas af in 2de en ek dog dis steil. Die padoppervlak is egter baie beter as Georges Valley, en dit voel korter. Wat gister betref; nee - ons Wildcard is nog geldig tot Desember so ek het nie betaal nie.





Kavango se batterye
Ten spyte daarvan dat ons 60% van die dag bewolkte weer en af en toe reën en selfs digte mis gehad het, het die Kavango se sonpaneel die batterye gelaai. Aan die linkerkant van die grafiek is deur die nag soos die yskas aan en af geskakel het. Toe ‘n skerp daling toe ons tydens beurtkrag gepak het, en daarna die opwaartse tendens soos die sonpaneel die batterye gelaai het terwyl ons ry. Die meer stabiele deel aan die einde is vandat die wa by 220V ingeprop is.