Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
November brandstof prys November 2026 Geert -8 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -5 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -6 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -17 hours ago

Gevare op langafstand reise

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Gegewe die misdaad-toestand in die land is dit seker natuurlik om bekommerd te wees oor veilgheid wanneer 'n mens lang afstande sleep, veral bejaarde persone wat 'n maklike teiken is vir booswigte.

Ons kinders het hierdie bekommernis ook nou by ons wakker gemaak en ek het gewonder hoe hanteer ander slepers hierdie probleem.  In ons geval probeer ons om op die nasionale paaie te bly sover as moontlik en ons  sleep glad nie voor en na sonop nie.  Ons stop ook nie meer by aftrek-rusplekke langs die pad nie en probeer om nie met 'n te leë brandstof-tenk te ry nie.  Bygesê, ons sorg sover moontlik dat die sleepvoertuig en die karavaan tegnies onberispelik is.

Ons kinders wil hê ons moet altyd saam met vriende 'n langpad aanpak, maar dis nie altyd moontlik nie.

Hoe gemaak as jy teëspoed kry soos byvoorbeeld 'n pap band, selfs op 'n nasionale pad ?

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 14:47

Middag vriende

Dis darem 'n slegte situasie dat mens so onveilig en uitgelewer voel op ons paaie. Mens kan in Gauteng beslis nie die metropolisie vertrou nie. 

Ons het net besluit om;

1]nooit in die donker op die pad te wees nie. Nie eers sonder 'n woonwa nie

2] om reise so te beplan dat gevaar omgewings beslis in ligdag ure te kruis

3] stop/eet slegs by groot vulstasies

4] probeer om oor geen vreemde voorwerpe te ry nie. Nie eers plastiese bottels, sakke en dose nie. Mens weet nie wat daarin is nie.

5] Ry maar pistool saam, en hoop om nie nodig te kry nie.

6] Mens sal moet probeer beplan om polities sensitiewe vakansiedae nie oppad te wees nie.

Len, 'n papwiel sal mens maar moet omruil. Hopenlik kan mens heeltemal uit die pad trek om dit te doen. Dalk moet mens maar 'n paar blikkies "tyre fix' of Gatvol, of iets dergeliks saamry. Dit stop die lekplek, en pomp wiel effe op. Ten minste kan mens ry tot veilige plek. 

Veel meer kan mensliker gewys nie gedoen word nie.  Ons ry maar in goeie geloof dat ons Beskermer sal waak.

Die vraag is egter----waarheen bel mens op die tolpaaie, hoofpaaie vir hulp, as iets groot fout gaan???

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/06/2023 - 15:08

... ongelukkig is die dinge wat jy hierbo noem realiteite. Ek is al selfs versigtig net om met my Hilux te ry, synde dit een van die voertuie is wat die meeste gesteel of ge-"hijack" word. Ek wil veral nie eers Kaapstad se kant toe ry met die Hilux nie. Ek voel net 'n bietjie veiliger (vir wat dit mag werd wees) met ma se Hondatjie.

Ek het dit by 'n vorige geleentheid genoem - naamlik ons (lees eerder: "Ralie") se vrees om in die noordelike dele van ons pragtige land te gaan rondry. Om by my voorkeur-bestemmings uit te kom, moet ek (as ek op die Nasionale Paaie wil bly) deur Gauteng ry. Afgesien daarvan om met 'n karavaan met die N1 "deur" Johannesburg en Pretoria te ry a.g.v. daardie wêreld se bestuurders se klaarblyklike ongeduld met ons wat stadiger ry op hulle snelweë, sit jy met die vrees van die bliksems wat jou dalk wil "hijack".

Nader na die wildtuin toe het jy geen keuse om as om deur gebiede te ry waar daar sporadies (sommige dele selfs meer as sporadies) protesoptrede voorkom wat merendeels gepaard gaan met sinnelose geweld teenoor niksvermoedende toeriste. 

Oorslaap in jou karavaan laat jou by sommige plekke ook bra ongemaklik voel. Sekuriteit is soms minder werd as die hond se hol. Gelukkig het ek dit nog nooit nodig gehad nie, maar ek ry met my vuurwapen saam met my. Ek het al by geleentheid by sommige oornagplekke, waar ons omtrent die enigste persone was, gestaan en braai met my vuurwapen aan my sy. Ja, noem my maar 'n banggat. Om jou vuurwapen saam te ry skep soms 'n bietjie ongemaklikheid, want jy moet dit pal by jou hê, wat beteken as jy iewers stop en uitklim moet ek dit aan my lyf hê (subtiel weggesteek). Aag, ek kan maar noem (sommige sal reken ek is paranoïes) dat ek aand na aand hier by my huis met my vuurwapen byderhand gaan slaap. My sienswyse is dat dit help nie dit lê in die kluis indien ek dit skielik benodig nie. Ek vertrou my huis se alarmstelsel en ander veiligheidsmaatreëls, maar ek poog om so paraat as moontlik te wees.

Gevolglik sorg ek ook dat my voertuie in 'n tip-top kondisie is. Dit word gereeld versien. Voordat ek die langpad vat, laat ek elke keer ook die woonwa diens - ja die wiellaers ook, ten spyte van wat sommiges sê. Enigiets kan steeds gebeur, soos 'n papwiel ten spyte van hoe goed jy ookal na jou bande omsien. Terloops - ek gaan elke 4de Saterdag beide voertuie se banddrukke na terwyl dit koud is. Elke derde keer, m.a.w. elke 12 weke, toets ek ook die spaarwiele se banddruk. Maar 'n papwiel kan steeds gebeur, of ander meganiese probleme - en dan is Len se vraag relevant. Behalwe vir my .38 Special wat dalk 'n mate (van valse?) gerusstelling gee, kan ek maar net hoop en vertrou dat ons veilig daar sal deurkom.

Alhoewel ek nog uiters min papwiele gehad het, kom ek agter dat 'n spaarwiel wat onder die voertuig sit (soos die Hilux) maar vir 'n ouman in ieder geval 'n uiters ongemaklike takie is om daar uit te haal. Ek ervaar dit elke 12 weke in my bakkie se garage en het dit een keer op 'n gruispad in Namibië moes doen. Dit is sommer 'n k@k takie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 15:20

Chris B

Gaan koop vir jou die klepverlengings by Midas ensovoorts. Jy draai dit in op die wiel se klep en dan lei jy die pyp na plek waar jy dit kan bykom.

Ek het dit op my Hilux en wa se spaarwiele. Ek kan druk meet, oppomp sonder om wiele te laatsak of af te haal.

Ek is bly om te hoor dat daar nog mense is wat maar vuurwapen byderhand hou. Ek het myne die vakansie ook saamgeneem. Die inboek by willetuin is eintlik sonder probleme. 

Nagedate:  ek het met afgelope vakansie op geen plek bekommerd gewees nie. Ek ry net uiters stadiglaughtussen Pietersburg en Tzaneen om nie persone, diere raak te ry nie. Ook nie onderonsie met verkeerspolisie op te tel nie. P.Borwa hek is basies in die dorp. Safaripark is veilige en besige oord. Malelane hek is darem ook veilige omgewing tot op N4. 

Die parkeerterrein aan buitekant is baie groot en uithoeke grens aan suikerriet en veld. Daar kan booswigte mens dalk bykom. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/06/2023 - 15:36

Alle swart sakke, bottels, ensovoorts veral as dit donker is huisves waarskynlik "spikes", laas jaar tussen Heidelberg en Villiers op die N3 met een van die mense wat elke jaar selfde tyd as ons op Scottburgh kamp gebeur. Ons het die jaar ipv 4 uur die oggend 5 uur by die huis vertrek, begin al redelik lig word as mens in die omgewing van Vosloorus en ander plakkers areas is. En beide ek en Ma sit met valk oge die pad en dophou :) Wat 'n vuurwapen aanbetref dink ek nie dit sal juis veel help nie, hoe wen jy as jy met jou wapen teen 5+ krimninele te staan kom? En wat doen mens met die ding in 'n kamp terrein? Ek is banger vir die mense met 'n wettige wapen in die kamp as enige kriminele!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/06/2023 - 15:46

.... van GW se laaste sinne. Daarom wat ek dit "dalk valse gerusstelling" noem. En terloops - jy kan maar veilig voel by my en my rewolwer in 'n kamp.

Om aan te sluit by Wessel - ons ry nooit en nêrens in die donker nie. Selfs amper nie eens in onse ou klein, relatief misdaadvrye, dorpie nie. Om in die donker te ry, veral in Gauteng, is vir k@k soek.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/06/2023 - 16:41

Chris B, dis daai cowboys wat maklik sal laat waai in 'n park sonder om te verstaan dat my ou Fleetline met sy papierdun aluminium vel oor 'n polistireen vel en binne dun laaghout mure nou nie so goed werk om enige kaliber, selfs 'n .22 te stop nie...ongelukkig is daar baie van die sulkes....luister maar na daai grootbekke om 'n vuur veral na so 'n paar brannas. Wat donker ry aanbetref, stem ek saam, maar dis ook nie altyd moontlik nie

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/06/2023 - 16:56

...  blootgestel jy in 'n karavaan met sy dun "mure" is.

Etlike jare gelede kamp ons vir enkele aande buite-seisoen (mid-week) by ATKV Buffelspoort. So 'n entjie van ons staanplek af staan 'n verlate woonwa wat rondom afgesper is met die geel plastiekband wat die polisie gebruik om 'n misdaadtoneel af te kamp.

Ons verneem toe wat daar gebeur het tydens die voorafgaande naweek. 'n Egpaar het in die karavaan geslaap - en 'n dwaalkoeël het skielik deur die dak (m.a.w. van bo-af) die vrou in die kop getref. Ek kan nie mooi onthou of die vrou oorlede is en of dit in die dag of nag gebeur het nie, maar dit was vermoedelik 'n koeël wat van iewers buite die oord in die lug in gevuur is.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 17:14

..................het 'n opsie om vir padhulp te skakel, veral as 'n mens iewers op 'n ongemaklike plek 'n papwiel kry. Probleem is, 'n mens sal seker 'n hele rukkie moet wag in die hoop dat hulp gaan opdaag.  Ek het geen probleem om 'n papwiel van die P/F of die Exclusive om te ruil nie, maar 'n mens bly dan uitgelewer aan booswigte wat jou kan aanval terwyl jou vrou toegesluit in die motor sit. 

Nog iets, wat maak jy as jy 'n medesleper langs die pad sien met 'n probleem ?  Hou jy stil en kyk of jy kan help ? Onthou jy om jou vrou en kinders in jou voertuig toe te sluit ?  En as jy aangeval word ?

Ek glo jou ouderdom sal bepaal of jy kan hulp aanbied.  Ouer persone sal nie altyd hulself kan verdedig teen aanvalle nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 17:38

ChrisB, miskien is dit omdat ek voorheen in Pretoria en Johannesburg gewerk het, maar die N1 roete langs hierdie twee stede het my nog nie gepla nie.  Eintlik ry jy nie "deur" Johannesburg en Pretoria nie, maar wel langsaan. Maar ek glo tog die vele bane met jagende Gautengers kan dalk intimiderend wees.  Andersins moet 'n mens die N12 oor Kimberley neem en afdraai na Randfontein  en Krugersdorp en met die N14 ry tot dit weer buite Pretoria by die N1 aansluit.  Vandaar ry 'n mens langs Pretoria verby op die N1.

Dit help ook nie om te predik nie, ChrisB gaan Rominië toe en nie Kruger Wildtuin toe nie !

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 19:29

Ek verstaan dat mens nou pistole kry wat op 'n haar na soos 'n regte ene lyk. Dit skiet egter peppersprei uit, en blykbaar klap die 1ste skoot soos 'n noemale 9mm. Teen R1800 stuk het ek lus om ene te koop. 

Helder oordag sal ek moontlik stilhou om 'n woonwa-sleper te probeer help. Dit op sigself kan op die snelwee in die groot stede gevaarlik wees, verkeers gewys.

Wel, ek sal dit waardeer as iemand my eendag te hulp snel. 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 21/06/2023 - 20:50

Ek is ook maar `n banggat want as ek reis is dit nooit sonder my vuurwapen nie. In vandag se tye stop iemand nie om jou te help nie hy stop om jou te roof.. Het eerstehandse ervaring daarvan toe ek naby Tonteldoos `n pap wiel met die motorfiets gehad het. Toe daai Mazda 323 vir die derde keer omdraai en kom stop het was daai pistool my redding.

Ek het al die gewoonte om as ek `n brug oor die snelweg nader en die verkeer dit toelaat sal ek kort voor ek onder die brug deurgaan van baan verwissel. So hoop ek om daai klip wat van bo kom te vermy. 

Sou ek iets raakry op die pad(Spikes) en daar is `n pap wiel ry ek daai kar met woonwa aan of nie net so pap wiele en al so ver moontlik dan 4x4 en nog verder as ek kan. Nog `n rede hoekom Pretoria so gevaarlik geword het dit word deesdae op al die toegangsroetes hier gedoen soms sommer in die stad soos by Groenkloof 

Om hier na donker te ry is moeilikheid soek veral nog met die korrupte TMPD. Waar in jou lewe sien jy dat die burgemeester `n direktief uitreik vir die inwoners wat hulle aanmoedig om die koruptes af te neem te verkla ens. Wat van `n leunverklikkertoets vir elke beampte met die vraag "Het jy al bribes gevra/ontvang? Dit is al so erg dat sekere resturante en ander besighede tegemaak het omdat hul klieënte geteister is deur die drekspul. Dis nie net meer in die nuus nie dit gebeur met vriende en familie 

As ouer het jy jou kind geleer enige iemand in `n iniform sal jou beskerm vandag moet jy hulle waarsku daarteen

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 22/06/2023 - 05:55

Helder oordag sal ek moontlik stilhou om 'n woonwa-sleper te probeer help. 

Ek het 2 jaar terug oppad Melkbosstrand toe, by 'n paartjie gestop wat papband op hulle Fleetline gehad het. Ek ry altyd my klein trollie jack saam as ek met vakansie gaan en dit het baie gehelp. Ek weet nie hoe die man sy karavaan sou kon lig met die wat ek skaars die trollie jack  onder die as kon inkry nie. Sy spaar was ook GLADNIE in 'n goeie toestand. Die bande op sy wa was ook meer as 15 jaar oud. Ai, ek het mooi vir hom gepreek.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 22/06/2023 - 08:10

Dit is waarvan ek praat. Red nou `n nasie of in die geval `n stad. Nee wat so gou as ek kan gaan ek die dorp se stof van my voete afskud.. na 59 jaar wil ek hier weg.

Vanoggend in MM

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Thu, 22/06/2023 - 09:35

Net vanoggend luister ek na n boodskap van n persoon wat sê, ek dra eerder my vuurwapen aan my en ek gebruik hom nie as wat ek hom nodig het en het nie my vuurwapen by my nie.

Nou sou ek hom moet gebruik, hoop ek na die eerste skoot besluit die manne om eerder my uit te los want hy weet nie wat ek dra nie, hoeveel rondtes of magasyne ek het nie en ook nie hoeveel vuurwapens ek by my het nie, Ek kan maar n pissie genoem word maar ek dra my vuurwapen elke dag aan my sy, tot as ek kerk toe gaan dra ek hom, dan dra ek hom net binne in die broek sodat hy heeltemal versteek is.

Gelukkig hier by ons in die bosveld dorpies is die gevaar nie so erg soos in die stad nie maar enige iets kan enige dag gebeur.

Om die punt aan te raak van stop ek om n mede kampeerder te help, ek stop en help graag as ek in n park is, soos nou in die wildtuin het ek n oom gehelp om wiel bearings te vervang want hy het nie die regte gereedskap gehad nie. Maar langs n snelweg of stil paaie, stop ek nie, jammer mede kampeerder behalwe as die ou op kampforum moet gou vra vir hulp, en ek is in die omgewing, ja dan sal ek help.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 09:40

....is nogal 'n snaakse gevoel. Ek het laasweek mense gehelp in veld in Kruger. Jy klim uit, loer rond en loer rond. Geluukkig was dit op laagwatwerbrug by James se watergat op S114. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 17:43

...die is mos veilig gemaak by hek. Elke bleddie tak wat kraak of roer word sorgvuldig bekyk. 

Gelukkig was daar omtrent 3 voertuie, sodat ons kon laer trek terwyl ons probeer het om kar aangeskakel te kry.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/03/2025 - 10:19

Aangesien ek my eie baas soms islaugh, het ek vandag myself indiens-opleiding gegee.

Ek het 'n spaarwiel afhaal en terugsit in my garage ge-oefen. Wat 'n gesukkel;

 Eers moet jy die lang stang in die regte effense gaatjie van katrol kry. 

Dan onthou om ekstra spaarwielslot af te haal

Nou begin jy katrol en katrol tot wiel amper op grond is

Daarna moet jy die T-stuk uit die velling wikkel.

Die terugsit moet haarfyn gedoen word, want skip jy 'n stap is jy in die bollie. Belangrikste is om T-stuk terug te sit net 1 deel[pen] wat deur wielbout se gat moet gaan. Dit moet jy met ketting onder spanning doen, anders glip dit uit.

Dan as T-stuk in sy plek is, moet mens die slot se pen ook deur 'n opening in velling kry, anders steek dit vas.

Ek oorweeg dit sterk om dakrak op die kappie te sit. Al pak ek net die verdomde spaarwiel daar. O gaats, op my ouderdom kan ek die wiel beheerd afgooi, maar hoe kry ek dit daarbo??

Daar is te veel goed binne my kappie as ons kampeer, en ek weet nie wat om te los nie.. 

Nagedagte: Met die Kavango by, en die bakkie kry 'n papwiel, sal ek beslis sommer die Kavango se spaarwiel op die bakkie sit. Dis lekker heuphoogte gemonteer, en word met 1 vleuelmoer vasgehou in vertikale posisie. Geen buk en bekruip gesukkel nie. Marie kan dit alleen doen terwyl ek wagstaan in die koeltelaugh  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 20/03/2025 - 11:09

Dit is my eerste opsie. Op ń teerpad is dit seker 90% van gevalle op die loopvlak waar ń stukkie draad of bout opgetel word. So die krat met die tools is nie heel voor in die bak nie. Terloops word die brandblusser ook daarin gebêre.

Dit is nou een situasie wat my erg ontstel is om te sien hoe ń voertuig brand.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/03/2025 - 11:25

Ek het verlede week die Ranger se spaarwiel laat sak, druk nagegaan en toe weer opgekatrol. Ek het die (noem dit maar) T-stuk wat in die velling pas uitgehaal en weer terug gesit en glad nie gesukkel nie.
 

Ek het nou wel nie ‘n slot om die spaarwiel se verdwyning te voorkom nie en tot op hede het dit darem nog nie voete gekry nie. Die vervaardiger moet eintlik net ‘n slot in die gat sit waardeur mens die stang druk om die meganisme wat die wiel katrol te werk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus