Gegewe die misdaad-toestand in die land is dit seker natuurlik om bekommerd te wees oor veilgheid wanneer 'n mens lang afstande sleep, veral bejaarde persone wat 'n maklike teiken is vir booswigte.
Ons kinders het hierdie bekommernis ook nou by ons wakker gemaak en ek het gewonder hoe hanteer ander slepers hierdie probleem. In ons geval probeer ons om op die nasionale paaie te bly sover as moontlik en ons sleep glad nie voor en na sonop nie. Ons stop ook nie meer by aftrek-rusplekke langs die pad nie en probeer om nie met 'n te leë brandstof-tenk te ry nie. Bygesê, ons sorg sover moontlik dat die sleepvoertuig en die karavaan tegnies onberispelik is.
Ons kinders wil hê ons moet altyd saam met vriende 'n langpad aanpak, maar dis nie altyd moontlik nie.
Hoe gemaak as jy teëspoed kry soos byvoorbeeld 'n pap band, selfs op 'n nasionale pad ?
dop, prop en pomp
ai Herman, ek sal my opleiding moet voortsit!!! Ek het die prop stelletjie aangeskaf, en 'n bottel "gatvol" of iets dergeliks.
Chris S het al video grepe/skakels gestuur waarna ek gekyk het, om die dop en prop te gebruik. Die teoretiese gedeelte het ek met lof geslaag, nou die praktiese module.
Ek is net bekommerd dat ek hakkel op die dop gedeelte, en dan totaal onder die prop kom, en nie by pomp uitkom nie
.
Geel sambreel
Ek is net bekommerd dat ek hakkel op die dop gedeelte, en dan totaal onder die prop kom, en nie by pomp uitkom nie
Ek moet eers hiervoor giggel Lekker woordspeling.
Die Geel sambreel het ‘n toepassing waaruit mens dienste soos wiel omruil kan bestel. Kry die toepassing en bêre die snotproppe Wessel. Hulle kon selfs vir Lapskag (of was dit Oom Len) gehelp het toe hulle battery gekalf het in Skukuza (as ek reg onthou).

Maurits...
Dis daai half, na 'n uur tyd, wat mens nie in ons omgewing het nie.
Ek het geelsambreel se padnommer op my foon. Ek sal op omstandighede en omgewing hopenlik die regte besluit maak.
Sluit toe en wag met rollie in die hand
Dis daai half, na 'n uur tyd, wat mens nie in ons omgewing het nie.
Sluit julself toe en wag op hulp met die skiet ding op die skoot. Dis dalk veiliger as om uit te klim en met die spaarwiel se afkatrol ens te stoei.





Gevare op langafstand reise
Ek weet nie hoekom julle ou manne wil sukkel om bande te ruil op n karavaan of dubbelkajuit voertuig nie. Dit is net om jou rug te beseer. Ek het die afgelope paar jaar op verskillende plekke in ons land papwiele weens een of ander rede opgedoen. Elke keer my assuransie geskakel en net daarna gesit en kyk hoe doen die manne dit. Maurits