Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
November brandstof prys November 2026 Geert -6 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -5 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -6 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -17 hours ago

Die braai van skaaptjops

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek beskou myself nie as 'n koskenner nie, weet bittermin van kosmaak af, maar braai graag.  Ek is ook geen kenner van braai nie en het al dikwels gewonder of daar nie beter en lekkerder maniere van braai is nie.

Ek braai met 'n gewone toeknyp rooster op meestal hout kole en soms met brikette.  Ek draai aanmekaar die rooster om met skaaptjops wat gaar moet wees en steaks wat medium moet wees.

My annerhelfde is die vleiskenner in ons huis en sy doen die grootmaat aankope, staan selfs langs die blokman en sê hoe sy dit opgesny wil hê.  Ons koop ons skaapvleis by 'n plaaslike slagter wat sy skape van Robertson af kry.

Terug by die braai van skaaptjops :  Soos gesê, ek weet nie veel van kosmaak nie en strooi maar net sout en Robertsons Steak & Chops Spice weerskante op die vleis na 'n paar draaie en "thats it".

Wat kan ek beter doen met die voorbereiding en die braai van skaaptjops ?

.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/06/2023 - 11:00

Môre Len

Ek en jy is in dieselfde kategorie. Maak vuur, brikette meestal weens gebrek aan lekker droë hout, en braai/draai tot myne medium is en Marie s'n goed[dood]gaar.

Ek laat lê my vleise vir 12 ure op suurlemoensap met lekker braai speserye, net om die vleis koubaar te kry. Dit voel vir my of Brits se slaghuise net ou hamels slag.

Steak koop ons of ribeye, of 21 dae verouderde rump steak. Vark is maar vark. Ek dokter skaap, steak, en vark almal op dieselfde manier. 

Ek hou nie eintlik van allerhande souse/smere en diesmeer oor my vleis nie, dit moet na vleis smaak.

As ek so lees aan ander se insette, dan weet ek dat ek vêr tekort skiet as dit by kosmaak kom.   

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 23/06/2023 - 12:44

Oom Len

 

Vir `n verandering probeer gerus die braai speserye van Ina Paarman Braai& Grill.

Volgens my is dit van die beste ..........

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 23/06/2023 - 13:24

Ek doen ook maar grootliks soos Len met my lamstjops. Ek gebruik egter my eie braaispesery-mengsel wat ek aanmaak. Op lam strooi ek die braaispesery op elke kant net voor die laaste omdraai aan elke kant.

Ek hou egter van 'n "basting" (spesifiek Jimmy's) op my steak (wat selde gebraai word - eerder 'n Joey's patty), hoender en vark. Ek marineer geensins laasgenoemde drie vleissoorte vooraf nie. Ek "sout" my steak ook op die kole, maar my hoender en vark "sout" ek vooraf. Ek plaas "sout" in aanhalings omdat ek inderwaarheid my tuisgemaakte braaimengsel gebruik. Al drie laasgenoemde vleise word ge-"bast" met die voorlaaste omdraaie en dan word die "basting" net vinnig 'n bietjie aan die vleis "vasgebrand" vir enkele sekondes (darem nie "brand" nie, maar dan is dit nie 'n loperige sous op die vleis nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 23/06/2023 - 14:00

....SS, ek gaan tog Ina Paarman se doepa probeer.  Ek het elders gelees ChrisS gebruik ook Ina Paarman se produkte.

.....Chris Kanselleer, ek weet jy is 'n kos-maak-kenner en is nie verbaas dat jy dus jou eie speserye maak nie.  Ek moes in my Oxford Dictionary gaan kyk wat presies is dit om te "baste"  -  om iets liggies te bevog, in jou geval met Jimmy's.  Hier in ons kruidenierskas staan juis 'n bottel Jimmy's wat ek tog gaan probeer om my volgende steak te "baste".

Nou hoekom skram jy weg van 'n steak-braai ? My spesialiteit om te braai is 'n lekker, volgrootte bees-fillet, veral as 'n klompie mense gaan eet.  Mammie berei dit die vorige dag voor deur dit in te smeer met olyfolie en Ina Paarman se Garlic & Herb en dit dan vir minstens 12 uur te laat staan voor dit gebraai word. Voor dit haal sy die spier uit die fillet uit want dis onaangenaam om dit na die braai te probeer verwyder.  Die voordeel van 'n hele fillet braai, is dat dit dunner is op die twee punte en hierdie deel is meer gaar vir gaste wat dit so verkies  -  hoe nader na die middel is dit medium tot "rare".

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/06/2023 - 14:03

....hoe kan jy nou so 'n snit vleis opdonner met "Garlic". Ek sal jou mos dadelik by die lokale sinode moet aankla van wangedrag in die ergste graad.laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 23/06/2023 - 14:07

..............dis so 'n flou mengseltjie jy sal dit nie eens agterkom nie.  Maar ek sal die boodskap aan Annatjie oordra want sy doen die voorbereiding.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/06/2023 - 14:30

My biefstuk moet nog pienk wees binne maar net ophou bloei het. Die sousie wat uitloop as jy sny moet net-net nie meer rooi wees nie. Ek bedruip ook soms die vleis met ‘n marinade net voor afhaal, maar kruisskyf (ek dink dis rump se naam) is eintlik geurig genoeg. Beeshaas marineer ek sommer vooraf al, want alhoewel dit doeksag is smaak dit eintlik na niks. 
 

Tjoppies moet heeltemal gaar wees. Soveel so dat die vetjie uitgebraai is. Vark rashers en skaapribbetjies dieselfde. Vark ribbe is eintlik gaar, maar ek hou dit bietjie langer op as wat nodig is om dit net warm te kry. Hoenderborsies en sosaties braai ek laag en vinnig sodat dit nie uitdroog nie. ‘n Heel oopgevlekte hoender is egter ‘n ander storie. Iemand het gesê dis soos om met ‘n vrou te baklei. As jy dink dis nou klaar, moet jy dit nog so tien minute gee. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 23/06/2023 - 14:30

Lekkerste lamtjops ooit by Prince Albert se landbouvereniging vergadering.  Baie warm kole, draai tops elke 30 sekondes sodat dit nie brand nie. Net sout by die laaste draai. 

Eet so van die vuur af. Geen bykos nie, net brannewyn en coke. Heerlik.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/06/2023 - 14:32

Spiceologist maak baie lekker speserye. Ons geniet veral die Bull Dust op bees. Moet dit net nie by die see koop nie. Dit raak so taai gemors. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 23/06/2023 - 17:58

... moet mens mos braai - al is dit net 'n Terracebaai galjoen wat vanaand op die kole val.

0
Durbanville

Jeanne Jones

Mon, 26/06/2023 - 10:13

Hallo almal. Ek hou daarvan as ek loin tjoppies braai, om almal op hulle vetkant sy staan te maak langs mekaar en druk dan sosatie stokkie deur almal dat hulle lekker stewig staan. Dan braai ek daai vetkant crispy, haal stokkie uit en braai dan weerskante tot gaar. Ook net braaisout en braai speserye.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 26/06/2023 - 10:19

Hi oom Len

 

Dit gaan voorentoe smaak. Ek self probeer ook maar ander se voorstelle volgens my is mens te geneig om altyd dieselfde ding te doen....Verandering is goed en boonop die enigste konstante in ons lewens.

Ek gooi net die speserye op volgens my is daar genoeg sout in maar dit mag dalk vir persone wat van baie sout hou te "min"wees en bietjie ekstra sout mag nodig wees.

 

Geniet dit ek is besig om vleis te bewerk vir biltong maak...

Groetnis

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 27/06/2023 - 10:17

Sout en swart peper vir my op n skaap tjop of rib braai dat daai vet kraak

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 27/06/2023 - 10:26

Ek smeer altyd my Lamb tjops met Worcestershire Sous so half uur voor die braai en gooi dan ook speserye daaroor en smeer dit weer in. Los in bak en braai dan net. Niks verder word byvoeg. Heerlik verby.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 27/06/2023 - 16:32

So is ek oor maar vol tjol as dit by speserye kom, nie omdat ek wil wees nie maar die maag wil nie met alles mooi saam werk nie, so meng ek ook maar my speserye self en sou ek na n braai gaan, vat ek genoeg saam om almal se vleis te gooilaugh

Die spesery wat ek meng is klaar op die mark maar ek het n all rounder van hulle gemaak, jy gebruik hom op alles, het tot n klein bietjie droëwors spesery in.

As dit by Sout en marinering kom, dan is daar twee resepte wat ek volg, Skaap, Hoender en vark gooi ek die sout op met eerste draai slag en nie laaste draai slag nie, by Beesvleis soos Rump, gooi ek hom toe onder die spesery n dag voor die tyd, twee ure voor die braai gooi ek die vleis met die soutmengsel toe met Coke, dat alles onder die coke is, dan wanneer ek braai haal ek die vleis uit die sous mengsel uit braai hom maar gooi nie weer sout op nie, sal dalk so in die middel van braai n bietjie swart peper op gooi.  Skaap en vark tjops moet gaar wees, ander manne hou van hom weer so medium weldone,

Sal die naweek n rumpsteak marineer en braai en wys hoe werk dit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 27/06/2023 - 16:37

..............klink of dit lekker kan wees, maar ai, daardie Coke op vleis weet ek darem nie  -  voel net nie vir my reg nie.

Ek besef egter, ek is outyds.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 27/06/2023 - 17:13

.... toe ek nog in Tzaneen gewoon het, het ek gewoonlik, wanneer ek die dag in Mooketsi gewerk het, oor middagete na NTK se tak gegaan en die tyd daar verwyl. Dan koop ek gewoonlik vir elkeen van die personeel 'n koeldrank. Eendag, toe ek weer oor middagete daar kom, sal ek uitvind dit is die destydse takbestuurder, Petrus Barkhuizen, se vrou se verjaarsdag en hulle gaan 'n stukkie vleis "braai" vir al die personeel. Ek voel toe baie simpel om te "gatecrash" op hulle ete daardie dag, maar Petrus hou aan ek moet bly want daar's genoeg vleis.

Een van die personeel, ene Harold, "braai" die vleis. Dit was inderwaarheid in 'n regte ploegskottel, met pote en 'n handvatsel in die middel, op die vlamme geplaas. En net nadat Harold die vleis in die skottel geplaas het gooi hy 'n liter Coke in die skottel. Die vleis kook toe letterlik eers in die Coke. Nadat die Coke verdamp het, begin die vleis eers "sizzle" in die skottel.

Noem dit braaivleis (ek twyfel of dit daarvoor kwalifiseer) of dan liewer vleis in Coke gekook en toe in die skottel gebak. Ek kan net sê - o donner dit was lekker.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus