Kyk nou is ek gerattle soos lanklaas.
Buurvrou bel en vra ek moet gaan kyk buurman het seergekry en dit gaan haar `n uur vat om by die huis uit te kom. Ek werk van die huis af so ek stap gou om. Gelukkig het ek `n remote vir die hek en sleutels.
Buurman is in `n rolstoel al vir 17 jaar en ek haal my hoed af vir die man. Waar ander in sy situasie op `n hoop gaan sit en sulk het hy houtwerk begin doen. Hy werk elke dag en maak allerhande goed om besig te bly en `n geldjie te verdien.
Kom daar toe is die man so wit soos `n laken en dis net bloed waar jy kyk en dit spuit met elke hartklop. Ek het `n toerniket gemaak van stukkie hout en sommer `n stuk elektrise draad. Die hand toegedraai in `n skoon handoek en die binne in `n plastieksak en is weg ongevalle toe. Baklei heeltyd hoekom het hy my nie dadelik gebel nie maar soos altyd is die antwoord dat hy vir niemand `n las wil wees nie. Magyig man ek is seker nog 20 min van so bloei en hy sou dit nie maak nie.
Hy is dadelik gehelp en is tans in die teater.
By die huis is die eerste ding wat ek doen is stort (Maal rooi water nie grys nie) en toe gryp ek die noodhulptas wat ek nie eers aan gedink het om saam te vat toe ek hom gaan help het nie. Lekker stupid maar het nie so iets verwag nie
Baie nice nog soos nuut lekker baie verbande pleisters spalk oogklappe ens ens ens maar o weë elke ander ding die brandgel hoofpyn pille alles wat kan het verval en moet vervang word. Gaan dit die naweek doen en dan ook sommer die een in die karevaan nagaan.
My vraag is wie het al daaraan gedink om hulle tassies na te gaan en nog meer is dit nie dalk tyd om weer `n gevorderde noodhulp kursus by te woon nie.
Ek weet daar is altyd baie parate kampers wat altyd regstaan om te help sou kinders sorg nodig kry maar tog moet mens jouself en dalk ander kan help
Groetnis
Nee darm nie maar ek dink…
Nee darm nie maar ek dink ewe erg. Dit is die linkerhand waar die pinkie begin deur die hele handpalm en feitlik heeltemal deur die gewrig.
Geen normale mens is gerat vir so iets nie glo my dus was dit net die toerniket en handoek en hospitaal toe. Ek het al vingers tot op die been oopgekloof ens maar die is erg verby en dit vang my nou eers so effe. Laat mens dink oor hoe roekeloos mens soms raak met kraggereedskap.
Nare besigheid. Ons het n…
Nare besigheid. Ons het n baie goeie noodhulp tas. Dieselfde as wat gebruik word waar rampe gebeur het. My eerstehulp wat ek destyds op die myn gekry het, was baie gevorderd en het baie tyd aan trauma bestee. 3 hoek verbande gevou op n legio maniere.
Von se saamry noodhulp is net so volledig vir oge en ore en pille en plysters en brandwonde maar nie vir trauma nie.
My plaasmanne was so rukkie gelede op n basiese noodhulp kursus. Man, jy sal dink dat hulle nou dokters is as jy hulle praat luister. Eintlik kostelik.
Ek haal my hoed af vir jou…
Ek haal my hoed af vir jou wat die saak kon hanteer. Ek weet van baie mense wat sal omkap as hulle so iets sien.
Ek het jare terug `n brand…
Ek het jare terug `n brand en noodhulp kursus gedoen nou by die ou Pretoria brandweer stasie in Bosmanstraat. Dus die name en plek behoort `n aanduiding te wees van hoe lank terug dit was.
Daar is van daai plek vandag niks oor nie. Die ambulans stasie was deel van die brandweer stasie en ek onthou vandag nog die indrukwekkende hout trappe en reling van daardie gebou.
Ons is eers geleer hoe om `n brand te benader en behoorlik te blus en toe in daai toring op met maskers in die rook om die pop te gaan red. Dit was baie insiggewend.
Daarna die noodhulp kursus oor 3 dae dit was baie deeglik met `n geskrewe en praktiese eksamen daarna en nee jy moes bo 70% kry om te slaag nie 30% nie.
Die hele ding is die laaste dag afgesluit deur vidio`s te kyk van regte brande hoe dit geblus word en natuurlik ook die noodhulp was die vidio`s meestal van motor ongelukke en hoe die beseerdes behandel is. Laastens was die vidio van die Westdene busramp en hoe die kinders uitgehaal is en mond tot mond gekry het. Hier het ek die plot verloor opgetaan en uitgeloop. Daar was vir my gesê ons moet dit kyk om die kursus te voltooi en my antwoord was hy kan die sertifikaat in sy gat opdruk. Toe ek uitloop het meer as 90% van die ouens ook opgestaan en uitgeloop. Daai liedjie "little deummer boy"was die hele tyd die agtergrond musiek van daai vidio en ek haat dit tot vandag as ek dit hoor.
Maar dit was baie lank gelede en ek het klaar besluit ek gaan weer `n kursus doen voor die einde van die jaar.
Noodhulp kurses
Ek is deesdae spyt ek het nie van die geleenthede by vorige werkgewers gebruik gemaak om noodhulp kursesse by te woon nie. Ongelukke tref mens ontydig en vang mens onkant. Ons het juis afgelope Sondag n persoon in ons Kerk gehad wat tydens die diens n aanval gekry het....daar het ek weer besef dat ek bittermin weet, wat moet ek doen vir die man....op sy sy lê? Water gee? ....ek weet nie.
Ook met afgelope besoek aan KNP besef hoe afhanklik mens kan wees van besoekers wat mediese kennis het of noodhulp ken. Daar is basies niks in KNP nie. As jy by n plek soos Satara is, is jy ver weg van mediese hulp. Enigste plek in KNP wat medies het is Skukuza, maar is volgens my swak. Selfs by Berg en Dal is mens 80km vanaf n hospitaal. By Berg en Dal is daar kennisgewing by ontvangs dat as jy n dokter is, jy vir hulle moet noem en vra hulle of hulle jou dan enige tyd tydens verblyf kan kontak sou iemand anders in die kamp mediese bystand benodig.....of dr's saam speel en of dit effektief werk, weet ek nie, maar ek hou van die idee. Elke kamp sal dan toerusting moet aanhou wat dokters dan kan gebruik om hul werk te kan verrig
Danie ons ook
Ons het een in die Ranger of ons met bakkie gaan kamp of karvan haak is hy altyd saam gelukkig het jy kop gehou en jou buurman dalk se lewe gespaar soos Anton se party mense hol weg of gaan in n panic mode. Noodhulp kasie / sak altyd belangrik maar wat jy ook se Danie is maak seker jy weet hoe om dit te gbruik ek gaan saam Berdien ook weer vir n noodhulp kursus wie weet dalk het jy dit voorentoe brood nodig![]()
Ek word elke 3 jaar verplig…
Ek word elke 3 jaar verplig deur my werkgewer om my Noodhulp kwalifikasies te hernu wat baie goed is. Ek sal almal aanraai om enige noodhulp kursesse te doen om so jou onmiddelike familie en vriende te help in tye van nood. Bygesê 'n level 1 en 2 noodhulpversorger is een van die gevaarlikste "jobs" op die planeet. Jy weet net genoeg om 'n sny, breuk en brandwond te behandel totdat die persoon na die naaste hospitaal vervoer kan word vir ekspert mediese hulp. Verder as dit maak jy jouself oop vir potensiele regseise teen jou as jy nie die regte behandeling 100% volgens die boek doen nie. Onthou Dr's het mediese verseker vir eise teen hulle as hy iets verkeerd gedoen het maar jy as noodhulpversorger het niks. Jy staan op jou eie as jou pasient jou na die tyd "sue."
Ek het so 12 jaar terug 'n ER 24 paramedikus wat 'n Dr was bygestaan tydens 'n voertuig ongeluk waar twee mense ontslaap het. Twee persone het oorleef, een met breinskade. Dis hier waar die probleme begin het. Hier pasient het met reghulp alles probeer om die noodhulp of eerder lewenshulp te probeer verkeerd bewys deur moontlike foute uit te lig. Na 7 jaar se jaarlikse besoeke deur die SAP ondersoeker het die saak stil geword aan my kant. Dankie Vader. (Baie goed het gebeur te lank vir 'n forum gesprek) Vra enige Noodhulp personeel of brandweer man oor hierdie soortgeluke uitdagings in hulle werk. Genoeg gesê hieroor.
Noodhulp tas. Myne het "alles" in van pille tot brille om my familie mee te help. Onthou tot macurocrome (Merbromin) mag nie vir iemand mee behandel word nie, tydens eerste noodhulp. By die hospitaal word alles in die wond afgeborsel of geskrop. Die pasient kan jou aanspreeklik hou vir pyn en lyding deur verkeerde mesiese hulp. Selfs kopseerpille of enige mondelikse medikasie mag NIE deur 'n noodhulp persoon (level 1en 2) aangebied word aan 'n pasient nie, selfs mediese personeel soos dr's. Hou jou kant skoon en weet wat jy mag en nie mag doen as 'n noodhulp versorger. Ken die reels en speelveld. Dis jou plig as noodhulp versorger om jouself te beskerm, voor die pasient.
Wees VEILIG en DINK voor jy iets doen. Moet nie buite jou mediese kwalifikasies optree nie. As noodhulpversorger voel jy goed om iemand te help wat suksesvol herstel. Dit voel baie slegs as hierdie persoon ook 100% herstel maar fout soek na die tyd om geld te maak. In ons tye is dit baie maklik om foute na die tyd uit te wys. Ek hou dit maar kort.
Ek ry ook nog altyd 'n…
Ek ry ook nog altyd 'n noodhulp tassie saam. Gelukkig was hy nog net benodig vir hoofpyn pille. Nou is my vrou swanger met 'n tweeling.
HAHA Voortrekker. Opsie…
HAHA Voortrekker.
Volgende Keer
Opsie 1: Daar is belangriker goed as kopseerpille in 'n noodhulp tas.
Opsie 2. Kies baie sterker kopseerpille.
Jy moet trots wees op die nuwelinge. Dit gaan jou lewe nog beter maak. Nogmaals geluk
Wees VEILIG en DINK voor jy…
Wees VEILIG en DINK voor jy iets doen.
Hier stem ek saam en ja wat doen jy ???
Update op buurman is dat hy heel waarskeinlik sy hand gaan verloor. Volgens sy vrou het die ortopediese chirurg en neuroloog haar vertel dat hand beserings so ernstig soos syne minder as 5% kans het op herstel. Weens die fyn beentjies senuwees en bloedvate wat geheg moet word.
Hy was 8 ure in die teater maar daar is aan haar gesê dat selfs na dit is die kans 90% vir komplikasies en dan sal amputasie volg. Ai die man gaan sukkel om dit te verwerk.
Ekself is vanoggend so effe ongemaklik. Deur die nag is my rug seer en dit word maar slegter. Dink dis van die ou optel uit sy stoel en in die kar tel. Seker `n spier of iets ooreis. Ek sê vir die vrou hoe ek al `n paar keer gesukkel het om hom weer in sy stoel in te help maar gister kon ek hom optel en in die kar laai sonner sukkel.
Groetnis
My hart gaan uit na jou…
My hart gaan uit na jou buurman en na jou.
Dankie vir wat jy gedoen het. Jy kan trots wees op jouself. Gee jouself die eer en erkenning. Trama is een "duiwel" waarmee 'n hulpverlener na die tyd mee stoei.
Met so 'n ernstige hand wond wat bloei is tyd beslis nie aan jou kant nie. Hy is steeds gelukkig. Ek glo tyd sal leer.
Hou ons op hoogte.
Met hartseer moet ek noem…
Met hartseer moet ek noem dat buurman vanogegnd oorlede is. Die skok en bloedverlies het `n invloed gehad en volgens die dokters het hy moontlik `n ligte beroerte gehad gedurende die operasie. Hy was meestal gesedeer en sy vrou het genoem dat die kort tydjie wat hy wakker was was hy nie homself nie. Hy was gesedeer maar hy het `n masiewe beroerte gehad deur die nag.
Ai dis sleg die ou was `n staatmaker en alhoewel in `n rolstoel het hy altyd `n oog en oor op my plek gehou as ek nie hier was nie. Hy het my altyd gebel as my alarm sou afgaan nog voordat die sekuriteits firma kon reageer.
Daar word lekker in my woud gekap en die bome val al hoe meer.......
Dis nie die nuus wat ons wou…
Dis nie die nuus wat ons wou hoor nie.![]()
Sterkte met die verlies aan n vriend. Mag daar berusting wees vir jou en die familie.
Ai maar dit is slegte nuus…
Ai maar dit is slegte nuus. Die byle kap nie net in die bos nie, dit kom nou in die ry af.
Dit vang mens as so bekende gaan. Môre is die " selebratiion of life" van n baie goeie vriend wie se kanker hom ingehaal het.





Ons het 2 tassies
....wat saamkamp, maar vir sulke ongevalle is ons nie gerat nie. Van noodhulp en slangbyt weet ek weinig.
Bedoel jy die buurman se hand was heeltemal afgesny????