Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -3 minutes ago
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -14 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -16 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -18 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago

Elektriese koppeling/prop

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Het ek nou 'n broertjie dood aan die plastiese proppe waarmee sleepstange gekoop word. Dit lyk baie oulik in swart plastiek, en werk goed, MAAR dit hou nie lank by my nie.

So gebeur dit toe weer met my, met die afhaak by Ritchie breek ek die een hakie wat agter om die wa se "male" hak, af. Nou sien ek al in my geestesoog hoe die prop loskom en op die pad sleep, en ek moet Johannesburg deur sonder woonwaligte.

Gelukkig is wetenskaplikes bekend dat hulle omtrent alles regmaak met maskeerband. Vir die wis en onwis draai ek toe elke keer die koppeling toe in maskeerband, wat gewerk het.

Ek gaan volgende week die ou metaal tipe prop aan Grompie laat sit, ten minste breek daai hakies nie so gou af nie.  

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 15/09/2023 - 07:26

Op my vorige Hilux is die plastiek-koppeling geïnstalleef. Ek het dit gou-gou laat vervang. Met die huidige bakkie se aankoop het ek daarop aangedring dat daar 'n metaalkoppeling aangesit word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/09/2023 - 11:56

Wessel, ek stem saam, die plastiek-koppeling hou nie lank nie, gewoonlik breek die hele dekseltjie sommer af.

Op die foto hieronder  het ek aan die linkerkant die ligte koppeling met 'n metaalkoppeling aangebring.  Die een aan die regterkant is vir my kamera agter-op die karavaan wat ek tydelik met 'n plastiek-koppeling gedoen net om te toets of dit vir die kamera gaan werk.  Die toets was suksesvol en ek het dit met 'n metaal-koppeling vervang.

Intussen het ek die "bakore" gewysig soos op die tweede foto.

.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus