Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -38 minutes ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -7 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -22 hours ago

Suid Afrikaanse politiek

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Nogals heelwat opwinding in ons politiek gewees die laaste paar dae?

Ons gewese President se kenmerkende laggie het lyk my heeltemaal opgedroog.

Wonder of die Gupta's hom finansieel sal bystaanlaugh

Klompie Burgemeesters is van hul ampte onthef, of soos ons in die ou dae gese het, "Ge-fire"

Sien die "Mense regte komissie" wil ook die leier van die BLF hof toe neem, en baie van die ANC maak ook hul stemme dik en wil hom agter tralies sien.

Wil vir my ampertjies begin lyk of die nuwe bestuur se invloed so stadig deur spoel na alle sfere van die politiek?

Dan is daar  natuurlik ook twee nuwe partye vir die 2019 verkiesing;

Aunty Patricia se "Good" sal nog sien hoe "Good" dit gaan wees, alhoewel ek glo sy gaan heelwat stemme van die kleurling gemeenskap wegneem by die DA?

En ek glo die grap van die eeu, onse eie "Stand up Comedian" ou oom Hlaudi..............

Hy glo was hy het die SAUK uit 'n groot finansieele verknorsing gered???? Hulle rekenings was blykbaar almal in die swart toe hy daar weg is.

Ek verstaan hy gaan Dinsdag sy verkiesing manifes uitspel, ek sal dit graag wil bywoon, lus om weer 'n slag lekker uitbundig te lag.

Bly vir my jammer dat ons enigste oposisie party so droog maak en hul naam bollie maak, volgins die jongste menings peilings het hulle sowat 9 % steun verloor en dit is voor die Good party gestig was.

EFF het ook volgens die onafhanklike menings peiling sowat 6 % steun verloor, ek glo baie van die mense begin so stadig deur hom sien?

Wat ook al, ek dink hier is 'n opwindende paar maande voor ons.

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 13/10/2021 - 09:03

Vanoggend op RSG praat die eerwaarde van die ACDP....glo belangrik om te weet dat hulle die pestilensie ding sal uitsorteer, so sonder aandrang op inentings maar definitief moet mense donkiemedisyne gebruik. Glo geen twyfel dat die wetenskap dit reeds  bewys het nie. Mens begin wonder of 'n verkiesing nie net 'n ander naam is vir 'n komedie seisoen nie! Dalk iets in die water?

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/10/2021 - 09:26

Ja, ek moet sê ek verstom my vir die snert wat politici soms na vore bring in 'n poging om stemme te probeer werf.  Trouens, sodanige ouens teken eintlik hul eie doodsvonnis want hulle bewys openlik dat enige regdenkende landsburger hulle nooit met goeie munisipale dienslewering sal kan vertrou nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 13/10/2021 - 11:51

Die meeste van ons probleme met politiek lê daarin dat politici hulle as regeerders sien eerder as dienaars. ‘n Koning is ‘n regeerder (en ‘n totaal uitgediende beginsel), ‘n president is ‘n dienaar (of veronderstel om te wees). Die regering behoort ‘n fasiliterende en ‘n oorsig rol uit te voer. Ongelukkig manifesteer dit meestal nie so in SA nie, behalwe waar die DA aan bewind is. Op die ou end is dit nie die minister, LUK of raadslid wat die werk doen en die diens lewer nie - dis amptenare. Waar die ANC die septer swaai ontplooi hulle kaders as amptenare, en dis wat ons staats- en semi-staats instellings op hulle knieë gedwing het.
 

Die proses, en al die korrupsie wat so ingeburger is, het nege jaar en langer geneem. Dit gaan net so lank en waarskynlik nog langer neem om dit om te keer nadat ons van die ANC ontslae geraak het. En dan moet die volgende span nie so lank soos die ANC gegun word om hulle in te grawe nie. Maar in die land sal ons nie ‘n gesonde demokrasie kry voor daar ‘n sterker opposisie is met ‘n werklike kans om 50% plus een stem te wen nie. Vir die opkomende verkiesing is daar iets soos 370 partye geregistreer. Dis die ou beginsel van divide and rule. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 13/10/2021 - 20:26

"Dit gaan net so lank en waarskynlik nog langer neem om dit om te keer nadat ons van die ANC ontslae geraak het. "

Wildehont, ek het slegte nuus vir jou. Die ANC gaan regeer nog langer as Robert Mugabe in Zim, Afrika politiek is anders. Die party wat die vryheid gebring het sal regeer.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 13/10/2021 - 21:55

My stellings was hipoteties. Dis nou tensy die Capexit beweging dit kan regkry om ‘n referendum af te dwing…

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 14/10/2021 - 08:06

CapeXit se webwerf som dit bondig op. Hulle is nie ‘n politieke organisasie nie, en poog om 1,6 miljoen mense te kry om ‘n referendum te steun vir die Wes-Kaap om onafhanklik van SA te word. Hulle het net meer as helfte van die getal sover. Dit kan interessant raak. Hulle dink dis lewensvatbaar. Al kan hulle ‘n referendum afdwing en dit wen, kan ek nie sien hoe hulle die res van SA uit die republiek van die Wes-Kaap gaan hou tensy Trump die president word en die begroting kry nie. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 14/10/2021 - 08:21

Môre vriende

Dink die Capies dan om Orania as 'n deelstaat en provinsie in te sluit. O gaats, dalk sal Orania nie daartoe instem nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 18/10/2021 - 19:29

Kan nie wag om te gaan stem nie, ek loop altyd iemand raak wat ek baie lanklaas gesien het.  Kan my ook soms verkyk as daar van diegene opdaag met rooi gewaad.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 26/09/2022 - 07:58

Sien die laaste inskrywing was 19-10-2021 hier gemaak.

Het dié gesprek op Youtube gekry en geluister wat Dawie sê, wat dink jy ?

video
0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 26/09/2022 - 09:33

  • Ek hou nie van Izak du Plessis nie
  • Ek hou daarvan om na die ekonoom Dawie Roodt te luister.  Maar in hierdie insetsel het hy niks gesê wat ons nie reeds weet nie.
  • Ek luister egter ook graag na ekonoom dr Roelof Botha wat 'n baie meer positiewe boodskap in 'n donker Suid-Afrika uitstraal.
  • Demokrasie : In die jaar 2000 het ek by 'n Absa bank in Zimbabwe gewerk en my baas daar was die besturende direkteur dr Gideon Gono.  In daardie jaar het Mugabe die referendum in die land verloor en Gideon se reaksie was : " now you will see how democracy works".  Mugabe was so die moer in en net mooi daar het die onteïening van blanke plase begin en die res is geskiedenis.  Dus, demokrasie kan ook lelike gevolge inhou.
0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 11/10/2023 - 06:09

Suid-Afrikaners kla al amper vir 30 jaar dat die ANC onbevoeg is om die land te regeer, en alles goed wat die NP opgebou het afbreek. 
 

Dit is eintlik alles deel van hulle en die SAKP se Nasionale Demokratiese Revolusie. So onsinnig as wat dit vir enige denkende mens mag klink, glo hulle steeds in Lenin se omkeer van kolonialisme na sosialisme. Hier is ‘n puik artikel deur die Instituut vir Rasseverhoudinge wat dit baie mooi verduidelik. 
 

As die ANC nie hulle meerderheid verloor in volgende jaar se verkiesing nie gaan ons regtig die volgende Zimbabwe word. En sommer binnekort. Dis natuurlik indien dit ooit moontlik is om ‘n vrye en regverdige verkiesing te hê.

‘n Kontrakteur wat vir my al heelwat werk gedoen het vertel bv dat hulle een keer ‘n pad moes verbreed naby Kosibaai. Daar was ‘n geboutjie in die pad wat gesloop moes word. Toe hulle dit oopbreek staan dit vol gepak met kartondose tot teen die plafon. Die dose was almal vol ingevulde stembriewe van die vorige verkiesing. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/10/2023 - 06:59

..... die beweging/denkrigting genaamd " Radical Economic   Transformation".

Die handjievol ingeligtes kan net nie die oorgrootte ongeletterde meerderheid kiesers tot besinning bring nie.

Ons minderheidsgroep het net geen begrip dat die tydraamwerk vir verandering van die swartes, totaal anders is nie. Vir laasgenoemde is 'n transformasie proses wat oor selfs 50jaar strek, heeltemal aanvaarbaar. Solank hulle glo die proses werk, en hulle gaan die doel bereik, is hulle tevrede.

Ek het nog altyd my voorgeneem om nooit aan jonger persone sekere stellings te maak nie, soos;

ek is so bly dat my kinders nie meer op skool is nie,

ek is so bly dat ek nie meer hoef te werk nie

Nou egter, waar ek nie meer amptelik mag werk nie, my kinders reeds landuit is, is ek minder bekommerd oor hulle toekoms, en die van my kleinkinders. Ongelukkig kom dit teen 'n duur prys, die verbrokkeling van familiebande, en die geleidelike uitmekaar beweeg van familielede. Die gemeenskaplike faktore word net minder, of ons dit wil erken of nie.

Terug na die politieke arena, kan die regdenkendes die sosialistiese denkwyse gestuit/omgekeer kry. ??? Ek dink die All Blacks het klaar gewen.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 11/10/2023 - 07:38

Ek dink die All Blacks het klaar gewen.  

Ek moet eers lag vir die opmerking hier bo. Skerp.
 

Wat RET betref, dis maar baie soos die NDR. Lg is net ‘n stadiger en minder voor die handliggende manier om dit uit te voer. Soos die artikel verduidelik is die ANC stelselmatig besig om al die wetgewing in plek te kry om te transformeer na sosialisme terwyl RET meer van ‘n Mugabe benadering is.  

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 11/10/2023 - 07:53

Goeie brief Wessel met 'n paar gedige punte.

Ons besef nie hoeveel familie lede het ge emigreer nie.  Kyk net hier op die forum van 10 mense.  My twee seuns werk ook in Amerika.  Gelukkig kom hulle terug vir 'n maand of drie elke jaar maar vir hoelank? 

NIKS in SA gaan beter word nie.   Die politiek gaan net vererger soos die tyd aangaan.  Politieke moord is al algemeen veral in Natal en ander provinsies. 

Ek sien nie net die donker kant raak nie maar ek is ook nie blind en dom om alles negatief weg te wens en oor te kyk nie.  Binne kort is die Rand  R25 per $.   Petrol en Diesel is al klaar R25 /L of meer.  Kospryse sal aanhou styg.  Boere klim daagliks uit boerderye. Voedelsekerheid is 'n probleem.   Werkloosheid stuig en ons bevolking staan oor 62 Mil.  Groot maatskappye val daagliks soos SAL, Transnet, Spoornet, Transwerk, Eskom, Poskantoor, Telkom, ens, ens.  Stede en paaie verval.  Polisie is korrup.  Alles en Almal is Korrup.

Ek was die laaste 12 maande drie keer in Mozambique vir Visvang.  Hulle gaan vooruit.  Nuwe geboue word gebou, Paaie is mooi tussen stede en daar word daagliks nog verbeter.  Die N1 in Maputo word daagliks met besems skoon gevee. Ek kan nie onthou waneer laas ek verby nuwe geboue wat besig is met bouwerk gery het in Bloemfontein nie.  Alles staan stil. 

Die prentjie van SA word al hoe donkerder.  Dankie vir jou siening oor die All Blacks. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 11/10/2023 - 09:12

My oudste dogter en skoonseun en twee kleinkinders is besig om oor te gaan NZ toe hoekom my dogter sukkel al 10 jaar om werk te kry sy was al beroof en geslaan en hulle voel geen toekoms vir hulle kinders nie wat kan ek en Berdien doen niks ons kan net op ons knee gaan en vertrou alles sal vir hulle uitwerk in NZ 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 11/10/2023 - 09:49

Sterkte met die kinders en kleinkinders se emigrasie NZ toe. My seun en sy gesin is Maartmaand oor Ierland toe. Die redes is ook maar hulle klein kinders se toekoms. Dit breek mens se hart maar mens kan en mag nooit in hulle pad staan nie, gelukkig kan mens gereeld video oproepe doen. In my seun se geval werk hy vir 'n groot internasionale maatskappy so vir hulle was dit basies net 'n oorplasing,,,skaars 6 maande in ierland en reeds besig om huis te koop met ons oudste keindogter wat ook reeds daar begin skoolgaan het. Ons land begin nou al hoe meer lyk soos 'n "failed state", Zondo se kommissie het niks verander aan staatskaping nie, korrupsie en diefstal gaan bloot maar net voort soos tevore met bitter min korruptes wat 'n oranje oorpak dra. Die gevolge is te siene in die ekonomie wat begin lyk soos 'n vliegtuig buite beheer en afduik grond toe. Sien die groot myngroepe (Anglo, Glencore, Sibanye-Stillwater) het almal begin met Artikel 189 afleggings, Nissan ook, blykbaar werknemers ingelig dat hulle 25% van hulle werknemers wil aflê, en so gaan dit aan. Sien ook die artikel in die Daily Investor:

https://dailyinvestor.co…

Dink ekke gaan nou daai goed verouderde bottel Jack Daniels nadersleep!

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 11/10/2023 - 09:52

Sterkte aan almal wie se geliefdes in 'n ander land woon.  Maak 'n punt daarvan om hulle vandag 'n kort WhatsApp te stuur of later te bel.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/10/2023 - 11:38

Ek gaan goedkoop bottel brandewyn oopdraai, en soos diensplig jare, die prop plat trap.

My oudste [seun]en gesin is in Dudai, finansiele bestuurder vir Volkswagen/Audi Midde Ooste;

My oudste dogter en gesin is in Miami.

My jongste dogter is vanaf Januarie'23 in London, ook net oorplasing gewees binne internasionale farmaseutiese maatskappy.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus