Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Johann L -38 minutes ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -59 minutes ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel November 2026 Johann L -1 hour ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/11/2023 - 16:19

Ek stem saam, en dis hoekom ek genoem het dat ek al die pad met spoedbeheer gery het. Ek doen dit nie gewoonlik nie, want dis nes Grootwind sê - die spoedbeheer lees nie die landskap nie. As ek sleep veral gebruik ek dit net as die pad plat is. 
 

Die Ranger is definitief nie so dors soos die Prado nie. As ek dieselfde snelheid en verbygaan gehandhaaf het met die Prado op spoedbeheer wonder en of ek 6,5km/l sou haal. Die Ranger wag ook langer om af te rat as die Prado. As lg net ruik die snelheid val effens rat hy af 4de toe en as dit steil raak gooi hy sommer terug 3de toe en tel die toere vinnig op. Die wringkrag by laer toere met die diesel maak waarskynlik ‘n verskil daar. Die Ranger het meer as 99% van die tyd in sesde gecruise.

Wat jammer is van die bakkie itv sleep is dat mens nie die hoër ratte kan uitskakel nie. Ek het gister teen die pas af De Doorns toe probeer om met die ratkas te rem, en dis nie so maklik nie. Met die Prado kan ek kies of ek 4de, 3de of 2de rat wil gebruik deur die hefboom na die spesifieke posisie te beweeg.
 

In Sport modus met die Ranger kan mens wel op- en af skakel een rat op ‘n slag, maar die ratkas se brein keer jou om af te rat as hy dink jy ry te vinnig. Ek moes bv stadiger as 60 ry voor ek 4de rat toe kon skakel, en toe kon ek nie 3de toe nie. Nou wonder ek, as ek sleep en ‘n opdraende sien kom, hoe gaan ek maak? Met die Prado het ek 4de toe geskakel net voor die opdraende begin, en dit teen 100km/h. Dan hou die kombinasie meestal die snelheid sonder om terug te skakel 3de toe. Dit lyk nie of die Ranger my gaan toelaat om 4de toe te gaan teen 100km/h nie. Maar ek moet nog die boekie mooi bestudeer. Intussen soek ek na ‘n kappie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/11/2023 - 19:31

Naand Chris

Lees Die Bleddie Boekie laugh

Ek hoop jy kry die ratkas en beheer gou onder die knie. Ek is seker dat jy 4de teen 'n hoër spoed as 60 moet kan kies. 

As jy die hefboom uit Drive oordruk na Sport, om handrat te kry, na watter rat gaan dit oor. My bakkie skuif uit Drive na 4de rat. Dit is dan die hoogste rat wat gebruik sal word. Daarna kan ek dit op/af rat, as revolusies[spoed] dit toelaat. Omdat ek teen 104km/hr [speedo] sleep, is dit laag genoeg om wel 4de te skakel

Ek is seker jy sal ook die hoogste rat kan kies. Jou Ranger se 4de rat is veel groter as myne wat 1:1 is, en dit gaan revolusies opjaag. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 13/11/2023 - 19:38

Ek gebruik slegs D as ek nie sleep nie en Sport as ek sleep, laat die ratkas se breinboks self besluit wat werk (daai boksie met baie elektronika en sagteware is heel slim,,,leer selfs jou bestuurstyl aan en pas die skakelpatrone daarvolgens aan). Maar ek gebruik ook Sport as iemand my die hoenders inmaak en ek bietjie meer lewe in die trokkie wil blaas, dis natuurlik net by uitsondering laughdevil 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/11/2023 - 21:30

Dit klink asof mens die Ranger se brein kan vertrou. Totdat ek ‘n kappie gekry het sal ek nie kan sleep daarmee nie, want die bakkie het ongelukkig net ‘n oop bak - nie eers ‘n seiltjie nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/11/2023 - 21:33

Ek het vergeet; die Prado lewer 179kW teenoor die Ranger se 147kW. Lg wel teen laer revolusies, maar die Prado tel syne vinnig op as mens voet neersit. Dit het egter ‘n groter drinkprobleem as die Ranger. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/11/2023 - 06:30

Môre Chris

Vertel asb as jy oplossing gevind het vir ratkeuse. Ek sal graag wil hoor of jy ook snelratte kan uitskakel vir bult op sleep.

Ek gebruik dit ook as ek lang afdraendes afgaan met woonwa. Teen steil afdraendes moet ek maar remme ook inspan om revolusies in toom te hou. Rekenaar beskerm ratkas en enjin te alle tye.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/11/2023 - 08:20

Om ‘n ander sleepvoertuig te koop is soos om met ‘n ander meisie te begin uitgaan. Sy het dieselfde basiese onderdele as die vorige een, maar hulle vorm en werksverrigting verskil. Sy is dalk ook jonger (of ouer) as die vorige een, en verskillende generasies kom met verskillende ingesteldhede en uitdagings. Dan is haar brein natuurlik ook heeltemal anders bedraad as die vorige een. As jy haar dus dieselfde hanteer (ek wil nou nie sê “ry” nie)  en knoppies druk of goeters beweeg of draai kry jy dalk ‘n heel ander reaksie as met die vorige een. En sy werk dark harder of beter of vinniger as die vorige een (of nie so goed nie) en drink minder (of meer). 
 

Wat sleep betref met die Ranger sal ek my maar verlaat op Grootwind se raad en net oorskakel na S toe en die bakkie se brein laat besluit wat om te doen. As ek sien daar word gejag na ratte sal ek kyk of ek beheer kan oorneem. Al wat my kwel, is dat die bakkie mag besluit om in vyfde rat te bly teen ‘n bult en sodoende die rat beskadig. Ek glo darem nie dit sal in sesde bly met ons gesin en al ons negosie in en die Kavango op sleeptou nie. Dalk sal dit nie eers na vyfde toe gaan nie en in vierde bly. Die tyd sal leer. 
 

Natuurlik brand almal dat ek die komende naweek al met die bakkie moet sleep Leeuwenboshfontein toe, maar sonder ‘n kappie gaan dit nie gebeur nie. Ek gaan ook nie halsoorkop ‘n kappie koop net om een te kry nie. Die goed is duur, en duidelik nie almal van dieselfde gehalte nie. Ek het geen aptyt vir nog skuld nie, en veral nie vir onnodige skuld nie. Ek soek na mense wat ‘n T6 Ranger wil inruil op ‘n nuwe reeks, en ‘n kappie op het. Ford gaan hulle niks ekstra gee vir die kappie nie, so ek kan dit eerder by hulle oorkoop. Maar om nou iemand te kry wat in daardie bootjie is en ‘n gehalte kappie het is die uitdaging en ek gaan dit nie jaag nie. Ek sien in elk geval uit daarna om weer met die Prado te ry. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 14/11/2023 - 10:35

Jy sal maar daai nuwe meisie moet uitprobeer Chris! Verduidelik net bietjie daai verskil in werksverrigting, ek is darem nou nuuskierig!

As jy kappie soek, net my ervaring, eerste Ranger was een of ander ingevoerde vlekvrye staal waarvan selfs die dak 'n opgestopte roof liner gehad het en sy agterste klap was ook op die voertuig se sentrale sluitstelsel gekoppel met 'n binnelig reeds gekoppel aand die voertuig. Baie netjies maar o wee, die kantvensters werk nie so mooi met die laai en uitlaai nie en daai trokkie is te hoog om maklik agter in en uit te klim. Die huidige Ranger het 'n RSi ene op, ook vlekvrye staal en verf is powdercoat. Ongelukkig nie sentrale sluit nie en ek moes self plan maak met binnelig. Maar wat ek baie handig vind is dat dit behoorlike klappe weerskante en agter het sodat mens maklik rondom kan inpak en uitpak sonder om in en uit te klouter...glo my dis 'n wenner (Dink die Rhino ene is soortgelyk). Hierdie tipe is nie goedkoop nie maar is myle beter as die van veselglas. 

Nou, om terug te kom na daai meisie se werksverrigting...laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/11/2023 - 11:11

Chris,

mens kan by RhinoCab 'n magnetiese koordlose LED lig kry vir die kappie.

Baie lekker, geen bedrading nie, en mens kan dit handig oral gebruik, selfs onder enkinkap.

Jy kan ook die sykant se oopmaak panele kry met klein vensters in. dis nou as die kinders daar wil ry. Te klein om iets deur te steel.

Glo my, uit 'n bagasie oogpunt werk die Rhino, RSI, ens baie beter en makliker as die veselglas kappies. Ek weet, my vorige trokkies het veselglas opgehad. Die kniege hou nie van opklim nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/11/2023 - 11:36

Die Ranger se klap is nog bietjie hoër as standaard omdat die vering bietjie gelig is. Ek is lank, en kan vorentoe lê, maar soos die jare aanstap gaan dit nie makliker raak nie. En ek gaan alles moet uithaal en terugsit want Salomien en die kinders sal nie kan nie. Ek het gesien mens kry van die kant klappe wat vensters in het. Die punte wat julle noem het ek ook oorweeg en besluit om eerder meer tyd te vat en ‘n ordentlike aluminium kappie te kry. Beekman maak ‘n veselglas een waarvan die kantvensters na bo kan oopklap nes die aluminium/vvs modelle, maar dis nie soveel goedkoper nie. 
 

Gewig is egter ook ‘n oorweging. Van die goed weeg 150kg en van hulle net 60kg. Met die Tough Dog vere behoort gewig nie te lol nie, maar as jy ‘n 150kg kappie het en ‘n wa wat 130kg op die haak plaas moet jy streng gesproke nie eintlik meer as so 220kg op die bak laai nie. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 14/11/2023 - 13:55

Ek het n.a.v Chris se soeke na 'n kappie bietjie gaan rondloer. Hel, maar die goeters het duur geword. Waar is die dae wat jy 'n kappie kon koop vir onder R10 000?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/11/2023 - 14:14

Lank gelede toe ek veel jonger was. ek het id 2016 vir 'n gebruikte veselglas kappie R8700 betaal.

My basiese RhinoCab, sonder 'n lig of enige ekstras het Mei 2021 reeds R32000 gekos.

Dan moet jy sien wat kos die ekstras wat mens kan aanlascrying 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/11/2023 - 14:24

Nes al die ander kampeergoed het dit baie duur geraak. Weereens omdat daar ‘n mark is. Mens kan nog ‘n tweedehandse Beekman kry vir R12k maar dan is dit wit (en deesdae moet alles mos bymekaar pas) en die kante kan nie oopmaak nie. 
 

Hier in Worcester kan ek ‘n Ramkappie nuut kry vir R30k. Dit het dan kantvensters in die luike aan die kant wat kan oopmaak en ‘n dakrak. In vergelyking met bv Rhinoman is dit darem effens goedkoper, maar steeds 10% ekstra op wat die bakkie my gekos het. Gelukkig is ek nie haastig nie, want die Prado is ingerig vir kampeer en sleep en is betroubaar. Ons gaan gelukkig nie vreeslik ver sleep voor Junie wanneer ons weer Kruger wildtuin toe gaan nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/11/2023 - 14:47

Chris, dit lyk na 'n netjies produk. Voordelig vir jou, hulle is sommer op jou agterstoep.

As jy ene opsit, laat hulle sommer handvatsels vie die 2 syklappe aansit. Dit hanteer net soveel makliker.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 14/11/2023 - 16:03

Daai koordlose LED lig vir 'n kappie werk goed. Ek het twee by die plaaslike Mica gekry, magneties werk met 4 AA batterye wat redelik lank hou en is magneties. en goedkoop Maar onthou dit werk net met die staal kappies, nie vir die aluminium of veselglas nie, daar sal mens hulle maar moet monteer met iets soos double-sided plakband. Chris, nie te seker van jou Ranger model nie maar die hoë remlig het ook 'n stel LEDs aan die onderkant wat mens van binne af kan aansit om die laaibak te verlig, werk uitstekend behalwe as die bak volgelaai is dan kry net die voorkant bietjie lig, die res is dan die Mica ligte se joppie!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/11/2023 - 17:58

Ek sien jy het ontslae geraak van daai plakkers op deure en stert.

Lyk baie beter daarsonder.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/11/2023 - 18:13

Die plakkers is af, al die klein krappies uit gepolitoer en die ligte se lense is weer helder. R850 later. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus