Na aanleiding van Herman se kommer oor voertuie se lewensduur, en die "10 jaar waarborg" van onderdele beskikbaarheid, begin ek die gespek vir ons.
Die vraag is, wat is die normale lewensduur van die fyn en komplekse elektroniese komponente en sensors in hedendaagse voertuie. Daarmee saam, wat is die waarskynlikheid dat dit na byvoorbeeld 10 jaar, nog beskikbaar sal wees?
Is dit waarom die gebruikte voertuigmark wemel van voertuie ongeveer 10 jaar oud?
Met die Territory het Ford…
Met die Territory het Ford Lazarus se een diensbestuurder my gewaarsku oor onderdeel beskikbaarheid toe Ford se Aussie fabriek toegemaak het. Alhowel Ford in Auusieland onderneem het om onderdele vir ook minstens 10 jaar beskikbaar te stel het pryse begin opgaan asook wagtye. Glo nie diegene wat die Territory daai kant besit het selfs vandag nog probleme nie, die fondament van die model is in baie ander Aussie voertuie gebruik so hulle het steeds pakhuise vol glo ek. Eintlike probleem is egter ook tipies van meeste ingevoerde voertuie...ons suig maar aan die agterspeen, hier was iets soos 4000 Territories verkoop. Wat my aanbetref is ek deesdae geneig om eerder plaaslike vervaardigde voertuie te verkies, Ranger, Hilux en Sussie eienaars behoort selde onderdeel probleme ervaar. Navarra? Weet nie, maar hulle verkoop so swak dat ek dink daar sal ook probleme opduik een of ander tyd. Wessel jou Corolla dink ek was ook hier vervaardig so Toy in Durban sal sekerlik baie onderdele nog aanhou. Ek het wel twee ingevoerdes (beide Suzuki) op my werf maar sover geen probleme nie selfs al is die SX4 nou 15 jaat oud. Ek hou egter verby die Sjinese modelle, nie altyd seker hoe lank hulle altyd in die land is nie, bv. Geely was hier 'n klompie jare terug, toe weg vir 'n paar jaar en nou weer terug, selfde met Proton van Maleisië. Wat Mahindra aanbetref het ek egter geen idee nie., hulle verkoop redelik goed. My ervaring met Hyundai was nie te goed klompie jare terug nie, die tempo waarteen hulle nuwe modelle vrystel laat my egter wonder of onderdele altyd vrylik beskikbaar sal wees. Natuurlik, as baie van 'n model verkoop word is die skrootwerwe ook 'n goeie bron van onderdele...langs die ou Johannesburg pad in Rooihuiskraal, Centurion is daar 'n plek waar letterlik honderde afgeskryfde voertuie staan en op veilings verkoop word, baie lyk nie asof hulle veel skade het nie.
Spesiaal vir Len
Jammer om jou draad effe te kaap Wessel, maar ek het gisteraand 'n episode van Chicago PD gekyk, en daar word die krimineel in sy,wat lyk soos 'n Pathfinder, deur die polieste in 'n Dodge RAM bakkie gejaag, sjeim, daai PF het ernstig verloor en het maar na die jaagtog ernstig gebuig gelyk...is die Dodge dus die beter voertuig? natuurlik, die TV jok mos nie!![]()
Sepies.........................
GW, ek glo vas dit was 'n regte sepie waarna jy gekyk het - gryp mense se verbeelding aan !





Tipe voertuig
Dalk is Chris elders reg, waar hy noem dat sekere voertuie dalk minder sensitief mag wees vir tekort aan onderdele, hetsy meganies of elektronies.
So gebeur dit dat ons 2001 Corolla se rathefboom knop van ouderdom verbrokkel. So vat ek maar 'n kans en gaan vra vir Toyota of hulle dit nog verskaf. Groot is my verbasing, die man neem die VIN nommer en volgende oggend kon ek die nuwe gaan haal.
Ek het my les geleer met my Territory. Die oomblik toe ek verneem dat die produksie gestaak is in Australië, het ek dit ingeruil op my vorige Hilux. Bloot omdat onderdele skaars en duur geword het.