Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande.
Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣
Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende
Oog toetse
Hy het ook gesê die regulasies vir lisensies is nou strenger, en as ek my kode 10 wil hou sal ek ‘n bril moet dra. Ek kan afgradeer na kode 8. Dalk moet ek maar, ek is nie lus vir bril dra nie.
Ek weet nou nie of ek verkeerd verstaan nie. Jy kan te blind wees om n kode 10 voertuig te ry., maar daai blindheid is goed genoeg vir n kode 8 lisensie?
Nog 'n gekheid met oogtoetse vir bestuurslisensies
My vrou se oogspesialis het aanbeveel dat sy vir eers nie meer bestuur nie totdat haar sig in minstens een oog na na 70% verbeter het. Met al haar mediese dramas hierdie jaar het haar sig kwaai verswak. Maar volgens die spesialis is dit interessant dat die opposisie aanhou druk plaas dat die geldigheid van bestuurslisensies moet verleng word vanaf 5 jaar na 10 jaar. Hy sê dis uiters gevaarlik want hoe ouer 'n mens word verswak jou visie dikwels binne 5 jaar en indien 10 jaar as beleid aanvaar word, gaan talle bestuurders met 'n swak visie ongelukke op ons paaie veroorsaak.
Hoe veilig is ons?
Dis nou al 'n gereelde ding dat op hoofpaaie skerp voorwerpe op die oppervlak geplaas word as dit donker is, en dat klippe van brue af op voertuie gegooi word in 'n (meestal suksesvolle) poging om 'n voertuig tot stilstand te dwing ten einde die insittendes te beroof, ongelukkig somtyds met noodlottige gevolge. Dit begin nou ook lyk asof sg sagte teikens soos toerbusse vol toeriste geteiken word, die naweek was 'n bus met buitelandse toeriste op pad na Suncity en Pilansberg geteiken waar oa ook op hulle geskiet was. Laat mens wonder hoe veilig is ons terwyl ons sleep? Ek vertrek deesdae eers rondom 5 uur of 6 uur in die oggend (afhangende of dit somer/winter is) om nie meer in die donker te sleep nie, vroeër was dit geen probleem om 2 uur in die oggend te vertrek nie en sommer 'n vinnige rus in te kry langs die pad...nou? Hoe op aarde hanteer mens sulke aanvalle met 'n swaar sleepsel gehaak? En nee die 9mm gaan nie help nie, die toerbus aanval die naweek was blykbaar deur 10 swaar gewapende karakters gedoen...saam met die ding kom die aanvalle op toeriste in die W Kaap en elders.
Kapitaal belê nie waar mense mekaar comrade noem nie
Vanoggend se artikel in die Daily Investor is insiggewend, beide Johann Rupert en Andre de Ruyter maak hierdie opmerking....nogal geneig om met hulle saam te stem, ek kners deesdae op my tande as die spul politici mekaar Comrade noem...en die arme stomp Blade en sy kommunistiese party is letterlik dekades agter die res van die wereld.
Veiligheid oppad na Pilanesberg
op pad na Suncity en Pilansberg geteiken
Dit is altyd my grootste bekommernis om na Pilanesberg te sleep....deur al daai lokasies. Dit lyk meestal vreedsaam, maar daar is ook altyd tekens lanks die paaie dat dit nie altyd so vreedsaam gaan nie.....soos plekke waar tyres gebrand is en klippe rondlê
Veilige sleepgebruike
Na aanleiding van Grootwind se vraag hierbo, "Hoe veilig is ons", hier is my sleepgebruik die afgelope paar jaar :-
- Omdat ek nooit tydgewys gedruk word om gou by my bestemming te kom nie, vertrek ek nooit voor sonsopkoms nie en sorg dat ek nie na sonsondergang op die pad is nie.
- Ons sleep meestal langpad en dan breek ek die rit af in skeksies van nie meer as 500km per dag nie.
- Ek poog om altyd (of dan minstens soveel as moontlik) op die nasionale paaie (N-roetes) te ry.
- Ek sorg dat my brandstof nooit laer as'n ¼-tenk diesel daal nie.
- Ek poog om slegs by groot motorhawens op die N-roetes brandstof te hervul, selfs al is daar goedkoper opsies weg van die hoofroetes .
- Voor ons vertrek, plaas ek my handrem-beskermer (kyk foto hieronder) oor die handrem om te voorkom dat boosdoeners die handrem optrek en ons dan beroof.
- Ek sorg dat ons sleepvoertuig opdatum gediens is en nie 'n diensinterval sal bereik terwyl ons met vakansie is nie.
- Ek sorg dat die Exclusive se onderstel minstens jaarliks, voor ons vertrek op vakansie, gediens en geïnspekteer word deur Pine Pienaar van WC Caravan Fitment Centre. My ouderdom maak dit vir my moeilik om dit deesdae self te doen.
- Vir wat dit werd mag wees, hou ek noodnommers op ons selfone beskikbaar en veral my versekeraar se noodnommer en polisnommer, asook Tracker se noodnommer.
- Ons twee se selfone word in die voertuig versteek omdat dit aan die Pathfinder se "hands free" deur middel van Bluetooth gekoppel is. Ek hou ook twee ou, ongebruikte selfone en 'n ou beursie met 'n paar Rand daarin, openlik in die motor ingeval ons beroof word.
Wat kan 'n mens meer doen ? Sou graag van ander ouens wil hoor wat doen hulle.
Slim
Ek hou ook twee ou, ongebruikte selfone en 'n ou beursie met 'n paar Rand daarin, openlik in die motor ingeval ons beroof word.
Dis jammer dat mens sulke voorsorg moet tref, maar baie slim om so te probeer voorkom dat mens gestrand gelaat word sonder selfone en kaarte terwyl jy met vakansie is.
DailyInvestor
Grootwind, wat 'n lekkerlees artikel oor Rupert se stellings. Ek hou veral van hoe hy die vraag oor BEE beantwoord het.
As mens soveel ingepomp het vanaf 1979, is so 'n persoon se kritiek geregverdig, en moet gehoor daaraan gegee word.
Veiligheid op paaie
Middag vriende
Die situasie word nou rerig kommerwekkend. Min hoofpaaie na vakansiebestemmings is vry van probleemareas soos Vosloorus/Heidelberg, Grasmere omgewing, Soweto omgewing, Diepsloot, Tembisa langs R21.
Die R300 en N2 in Kaapstad omgewing.
Ek is oortuig dat almal die beste voorsorg tref om meganiese probleme te voorkom, asook bande probleme. Ongelukig bly ons kwesbaar vir die krimenele element en aanvalle. Dis nou die spykers in die pad, die klippe pak in die donker, en die afgooi van randstene bo-op voertuie. Omrede baie van die gevalle in donker voorkom, moet ons net in daglig ry.
Wat om te doen in geval van gewapende aanval/kaping, wat in die dag ook kan gebeur, ek weet nie. Gaan ons ten duurste ons voertuie handwapen bestand laat maak??? Dis seker maar al wat mens kan doen.
Hoe gemaak om te verhoed dat bande stukkend geskiet word, sal "run flats" mens kan uithelp.
Geert: Vriende van my het al in 'n padblokkade ingery op Pilansbergpad, maar kon betyds by 'n kruising uitglip. Ons het Maartmaand afgesien om soheentoe te gaan, want daar was baie onrus en betogings sommer in Mokwase en voor die wildtuinhek.
Op enstige noot, ek was gister by Mahindra om spesifikasies te kry. Dalk is dit maar tyd om 'n bakkie te koop wat nie aandag trek nie.![]()
En so kort op die hakke van…
En so kort op die hakke van al die "goeie" nuus dat motorvervaardigers, myne en wat nog redelik ongelukkig is rakende hulle probleme met Eskom en Transnet het die Frankryk pas aangekondig dat by gebrek aan die nodige besigheids hervorming in die land hulle alle nuwe beleggings opskort.. tot die nodiege hervorming plaasvind...."This decision is reportedly linked to the current unstable and non-competitive business environment in the country". Weet nie of kamp mens se gemoedstoestand sal verbeter nie....gaan maar vanaand na Radio Jakaranda se kersliedere vertoning by die Time Square Arena hier in Pertoorsdorp kyk, miskien help dit...
Alles verloop volgens plan
Die NDR is in volle swang en in die pylvak. Sou die ANC dalk hulle meerderheid verloor in Mei sal hulle seker vir Julius die president pos aanbied ten einde beheer te behou en die laaste oorblyfsels van die welvaart wat “kolonialisme” geskep het uitwis sodat die transformasie na sosialisme kan plaasvind. Nog ‘n Afrika land in sy maai.
Peugeot???
Sjoe, ek lees dan nounet weer dat die Landtrek bakkie plaaslik vervaardig gaan word.
Wel, in die verlede het die Franse ook baie gou geepad uit die land, so saam met die Swede. Daarom sal ek nie enige van hulle produkte koop nie. Die name wat tans hier is, het vasgebyt deur daardie jare, en sekerlik maar baie uitdagings oorleef.
Maak nie vir my sin nie
Dit is inderdaad so in terme van die nuwe regulasies dat jy te blind kan wees vir kode 10 maar goed genoeg kan sien vir kode 8.
Maak nie vir my sin nie....as jy blind is, is jy blind. Nie geld of ander lisensie kan sig beter maak nie.
Toets van forum
More vriende
Ek wil net sekermaak dat die forumblad nog werk. Ek sien in die afgelope ongeveer 17 ure het geen insette bygekom nie.
Môre Wessel. Neef sit op die…
Môre Wessel. Neef sit op die stoep met sy oggend koffie. Die bye werk dat dit bars hier in die doringbome. Gister weer besef hoe ongelooflike hulp Google is. Die ou enjin se olie, in engels genaamd " galleries" weet nie die Afrikaans nie, moet deeglik skoongemaak word.
Het ń video opgespoor waar die olievloei baie goed verduidelik word, en hoe toegang verkry word. !!!!
Goeie môre…
Goeie môre............................................Môre sou ons laaste dag by Plett. Forever wees maar daar word reën voorspel so sal vandag oppak.
Lekker gekuier hier en gaan nou na Knysna om saam met kinders te kuier tot na Kersfees. Kinders van Namibië arriveer Saterdag en die van Nelspruit net voor Kersfees.
Die kamp begin nou besig raak en mense die klomp slaan groot op. Almal drie tente aan wa en dan nog add-a-room daarby. Neem heeldag vir die opslaan.
More forum en Jan julle
More forum dis naweek en Jan veilig sleep





E bly
Dankie, ek is bewus daarvan Wessel. Die oogkundige reken ek kan afgradeer na EB sonder om uit te passeer. Laat ek maar eers met die verkeershoof gaan praat. Ons werk immers vir dieselfde baas.