Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -3 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -9 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -10 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

wiellaers ????

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet daar is al heelwat gesels oor die onderwerp, maar vir 'n nie tegniese persoon verstaan ek iets nie.

Is daar 'n wesenlike tegniese verskil tussen 'n woonwa se wiellaers, en byvoorbeeld die van 'n bakkie.?? In my 47 jaar van voertuie besit, het ek nog nooit nodig gehad om op enige van my voertuie  "bearings" te vervang nie. Daar word wel inspeksies gedoen, maar nog nooit het ek my bekommer, of gevind dat 'n wiellaer skielik warm loop omdat dit te styf ingesit is nie.

Waarom is die meerderheid woonwa slepers dan so uiters sensitief oor die woonwa se laers. Waarom wil handelaars dit so graag vervang?

Waarom is dit so maklik om 'n wa se laers "te styf" te stel, maar dit gebeur dan nooit[?] met 'n nagaan van 'n voertuig se laers nie.

Ek sal graag van die tegniese manne wil hoor.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 14/12/2023 - 21:34

...............tegniese kenner nie, maar ek sal probeer antwoord uit my jare-lange ervaring van woonwa besit :-

  • Voertuie ry meestal daagliks, of andersins dikwels terwyl woonwaens slegs soms in beweging gebring word.  Die geloof by sommige eienaars is die ghries word hard en moet vervang word
  • Om hierdie rede word wiellaers dikwels gewas en met skoon ghries gepak.  Sou goeie wiellaer-ghries gebruik word, sal dit nie verhard nie
  • Inspeksie van die wiellaers aan weerskante van 'n wiel is 'n goeie gebruik, want indien ghriesspatsels opgemerk word, beteken dit dat die wiellaer-seël foutief is en die wiellaers ghries verloor wat vasbranding kan veroorsaak.
  • Omdat woonwa-wiellaers dikwels deur nie-vakmanne gediens word, ontbreek die kundigheid om dit teen die korrekte "torque" te installeer
  • My bekende, kundige woonwa-spesialis, Pine Joubert van WC Caravan Fitment Centre het op my versoek persoonlik self al vier wiele se laers vervang en hy het gesê ek hoef nooit weer daana te laat kyk nie.  Ek sal wel dophou vir ghriesspatsels aan die binnekant en buitekant van elke wiel.
0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 15/12/2023 - 02:31

Met die diens het tegnikus hierdie foto vir my gestuur en genoem dat wiellaers definitief vervang moet word. Is slytasie erg?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/12/2023 - 06:10

More Len en al die ander tegniese manne

Is die antwoord op my oorspronklike bekommernis dan so eenvoudig ---die ervaring en kundigheid van die vakman/handlanger wat die takie doen???

Ek ril sommer as ek moet hoor---"ons het die ene so bietjie stywer/losser gestel"

As dieselfde mense dit dan tevore gediens en gestel het, hoekom is 'n verstelling dan nodig. Laers kan sekerlik nie hulle self losse of stywer draai nie. Soms moet mens, soos Len,  maar net aandring dat die "baas" self die taak doen, om die gemoedsrus te kry. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 15/12/2023 - 06:29

Die Land Cruiser se wiel laers moet elke 20k km gediens word.  Dit is dan oor pak, en nuwe seels insit. Dit glo ek is Toyota se voorskrif omrede van die voertuie permanent onder slegte omstandighede werk. Dit is n duur besigheid omrede dit 6,5 uur se werk vir ń senior tegnikus is. Neef takel die job liewers nie self nie. 

Dit was nog nie een keer nodig om die laers agv slytasie te vervang nie. Cruiser staan op 120 000.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 15/12/2023 - 06:33

maar net aandring dat die "baas" self die taak doen, om die gemoedsrus te kry. 

Al baie gesien by besighede dat base minder weet as sy werkers wat vir spesifike doel aangestel is

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 15/12/2023 - 08:24

Dagsê manne

Ek sit en kyk hoe `n vink mannetjie `n huis probeer bou en hoe die wyfie die ding afbreek. Ek sien niks fout met die ding nie maar sy dink anders. Ek gaan haar met klippe gooi.

Wat het dit met wiellaers uit te waai...........Niks nie maar ek is een van daai dom of dalk net gelukkige ouens wat nog nooit ooit enige van my karevane wat ek oor die afgelope 35 jaar gehad het se wiellaers laat "diens" of vervang het nie.

Ek doen wel die inspeksie ding. Voor `n ver sleep 500km+ sal ek die wa optel en voel of daar speling is en kyk vir ghries wat uitlek en dis al en het dit nog nooit gevind nie.

Ek stop ALTYD na die eerste 100km en voel of die vellings nie te warm is nie en die TMPS sal ook vir my vertel as die wiel warm word.

Ek is seker maar net dom of baie gelukkig en het ook nog nooit regtig `n pothole getref teen spoed nie.

My filosofie is as hy nie stukkend is of gebreek is nie los hom uit. Hoeveel keer lees ons van karevaan wiele wat uitneuk net nadat die laers "gediens"is. Soos genoem as dit die eerste keer reg en deur `n kundige gedoen is is hy reg.

Groetnis

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/12/2023 - 08:31

More Geert

Daar is jy reg, by groot plekke is dit menige keer die geval. As mens egter by klein plekke laat diens, en die baas en sy handlangers bou woonwaens, en doen herstelwerk,  dan is die baas nogal heel vaardig.

Ek vermoed dat Herman bevestig het dat die gereelde vervanging van laers meestal 'n geldmaak besigheid is. Ek wonder of enige woonwa soveel kilo's [120 000km] in sy leeftyd doen. Teen 6000km/jr, sal dit 20 jaar diens moet doen om dit te haal.

Gereeld nagaan en ghries is sekerlik 'n prioriteit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/12/2023 - 08:56

Slowstrike, Herman

Nou 'n baie belangrike vraag vanaf 'n Nerd, as mens nou langs die pad voel die wiel se naaf is warm, wat maak mens. ??

Hoe maklik is dit om so 'n laer effens losser te stel?? Ek raai daar is 'n pen deur 'n bout wat vas/los draai verhoed. Hoe fyn is die "pitch", en/of  hoeveel gaatjies deur die bout, vir fyn losser stel.?? 

Geert: vir my lyk daai bearings omtrent nuut, maar onthou nou my agtergrondlaugh

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 15/12/2023 - 09:53

Wat ek vanoggend op YouTube gesien het, was n Ausie wat sy laers se moere net met die hand vasdraai, natuurlik so styf hy kan, en dan die "split pinn" in te sit. Hy sê dat as daar nie ń gaatjie oplyn nie, dan draai jy die moer terug totdat dit oplyn.

Daar is ook baie te lees oor die torque van wiellaers, en dit lyk my hier by 15 tot 20Nm is algemeen. Hulle praat ook van dat jy ń spelling van 0.001mm op die laer soek.

My beskeie antwoord is. As dit warm word, dan gaan jy moet skiet.  Dalk sommer oor pak, die ghries het dalk uitgeloop.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 15/12/2023 - 13:30

Nou 'n baie belangrike vraag vanaf 'n Nerd, as mens nou langs die pad voel die wiel se naaf is warm, wat maak mens. ??

Vroeër jare sou dit maklik wees. Ek sou net vir Gerrie Bezuidenhout bel en hy sou kom help waar ek ookal sou wees. Ongelukkig het hy onlangs nes Willem ons al verlaat.

Ek ry wel `n spaar laer stel saam dit is te koop by meeste karevaan winkels. Dit kom in `n plastiek bakkie met alles in wat jy nodig het. Ek is `n handige ou en behoort dit self te kan doen as dit moet maar ek glo as die ding warm word en jy ry stadig sal jy darm die volgende dorp maak en as jy die laer stel saamry sal daar wel iemand wees wat kan help.

Groetnis

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/12/2023 - 15:34

Goeie plan Slowstrike

Ek het ook so 'n stel laers wat vervang is, en dit gaan dadelik 'n plek vind in die wa. Soos jy seg, iemand sal dit wel kan insit, indien nodig.

Ten minste weet ek myne sal pas op die Kavango, want hulle het dit verskaf, en kom uit my wa uit. Moontlik is wiellaers elkgeval universeel--one size fits all"

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 07:25

More Herman, my Kavango se laers is tapered. 

Is daar 'n wesenlike voor-of nadeel verbonde aan die vorm van die laers, onthou ek vra uit onkunde en nuuskierigheid.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 16/12/2023 - 08:44

Môre Wessel. Met tapered bearings kan jy die " inner race" in plek los as jy dit vervang. Tensy dit grof is, dan moet die deel uitgehaal word. Somtyds kan dit n moeilike werkie wees.

Wat ek lank gelede gelees het is dat as jy jou wiele vir n lang tyd in dieselfde posisie laat staan met volle gewig, dan druk die laers klein inperfections op die huls, my Afrikaans vir race. Dit lei tot voortydige failure.

Nou wonder ek of die werkswinkels die inner race uithaal waneer hulle bearings vervang. Want as die inner dalk grof is, dan sal die " nuwe" bearing gou in sy maai wees.

Skuus my Afrikaans is weer terrible.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 09:21

ek lees jou engels en afrikaans, en onthou die lang debat wat gevoer was, oor waens wat lank staan. 

Ek moet dalk maar myne gereeld, 1 keer/maand om die blok sleep. Dis egter 'n moerse oefening, dalk makliker om elke maand op te domkrag en wiel 'n kwart draai te gee. O gaats, dis net soveel werk waar wa toegemaak onder skadunet tussen ander voertuie staan.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 10:28

More, dit gaan net help as jy dit nie teoreties presies terug op sy plek stoot nie.

Ons praat nounet daarvan, of ek elke maand die wiele 'n kwart draai roteer, met die 4de draai is dit presies op dieslfde plek terug. Tenminste verkort mens die kontaktyd op 'n spesifieke punt met 'n faktor 4. Dalk moet mens die aantal grade nog minder maak.

'n Ander oplossing is om die hoekstutte te gebruik om netnet die wa se gewig te dra. Dalk nog beter, sit die wa op daai klein stutte onder die as.

Herman: hoe is Jurgie gestoor??

  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 16/12/2023 - 11:11

Jurgie staan op blokke onder die as. So die wiele is net los van due grond af. Ek het n klein trolley jack wat dit vinnig en maklik oplig. So af en toe sal ek die wiele n spin gee om die ghries rond te krap.

Ek glo Len is reg met sy benadering. Om op presies dieselfde plek, op n millimeter te stop, is naby aan lotto wen. Tensy jy regtig jou bes probeer.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus