Middag almal. Wil graag n guns vra asb. As iemand hoor van die ou vorige weergawe Jimny 1300, lae km en diens rekord. Laat weet asb. Wil hom agter motorhome trek. Dankie
Die "Cute factor" Wessel!!!…
Die "Cute factor" Wessel!!! Hoe sal n ou Chev Spark lyk agter n >R1m motor home? Armgat.
Jeanne, kyk by We Buy Cars. Daar is jou kanse seker beter. Hulle het vir elke voertuig ń Decra verslag wat ń deeglike en onafhanklike evaluasie van die voertuig is.
Dan is......
.....'n 2002 Corolla 1300 seker ook nie "cute" nie. Sal dan maar die Hilux en Kavango hou.
As ek reg onthou sleep Harry ook 'n nuwe Jimny saam.
Hi JeanneHet jy 'n…
Hi Jeanne
Het jou 'n boodskap gestuur
2011 suzuki jimny 1.3
115000km
Full service history
Jeanne jones
Middag, het jy toe al 'n Jimny opgespoor en gekoop. Kon jy die meegaande A-raam vind??





Jimny ???
More Jeanne
Waarom spesifiek 'n Jimny. Wil jy net hoog sit in 'n wildtuin, of is jy agter die 4x4 vermoe aan?
Dis tog opvallend dat as mens 'n moterhome in 'n oord sien, dan het dit 95% kere 'n Jimny op sleeptou. Wel. ek sal ook nie met 'n duinebesie in Kruger wildtuin wil rondkerjakker tussen olifante en leeus nie.