Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -2 minutes ago
November brandstof prys November 2026 Geert -25 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -5 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -7 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago

sleep met outomatiese ratkas

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Ek begin sommer 'n nuwe gesprek. Ek wou juis nie dit begin onder 'n ander bestaande gesprek "ford en ratkaste" nie, want die klem val op outomatiese sleep, wat geld vir alle fabrikate.

In aansluiting met die gesels op Jan se inset "Meyer se droom toer", kan ons hier verder gesels, sonder om Jan se gesprek te besoedel.

In brëe trekke handel dit oor die mees aanbevole manier om steil berg-af te sleep met 'n outomatiese kas. Party noem van, hou dit in Drive, ander sleep eerder dan in handrat, en dan is daar ook spoedbeheer opsie.

1]Ek verkies om baie steil bergpasse soos Magoebaskloof, of die Koo/Keisie by Montagu, die R318, as voorbeelde eerder in handrat modus te sleep. Ek kan dan teen kompressie my spoed laag hou, sonder te veel voertuig remme gebruik. Boonop is ek onder die indruk dat in Drive opsie, die kas in ratte 4 en meer sal wil bly. 

2]Jan noem dat hy in Drive sleep, maar dat sy Ranger self die ratte inspan vir beheer, en dan soms as hy dan platpad kry, wil die Ranger nie sommer dadelik die ratte wissel nie.

3] Gaan spoedbeheer gestel op snelhede onder 60km/hr daarin slaag om 'n bakkie met 'n woonwa se snelheid te beheer, indien die normale Drive opsie gekies is??

Ja 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/01/2024 - 07:46

Ek het vergeet om te noem, ek het 2 resepte;

1] teen steil bergpasse met skerp draaie oor relatief lang afstande, verkies ek handrat. Dis nou op plekke waar mense kwalik met veiligheid vinniger as sê 60km/hr wil/kan afgaan.

2] afdraendes wat nie gevaarlike draaie het nie, en dadelik opgevolg word met 'n opdraende of platpad, hou ek dit in "Drive" en skakel spoedbeheer tydelik af. Sodoende tel ek bietjie "gratis" spoed op vir die bult wat kom.

Andersins sleep ek met spoedbeheer, in die modus wat ratte effe langer vashou voor skakeling na hoër rat. Word "power" genoem by Hiluxe. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/01/2024 - 08:24

Ek het nog nie met die Ranger teen ‘n steil pas gesleep waar ek baie stadig wou afgaan nie. Met die Everest en Prado (beide outo kaste) het ek teen bv Vanrhynspas wat vrek steil is, terug geskakel na tweede en daarin gebly. Ek weet nog nie of die Ranger my gaan toelaat om dit te doen nie.
 

Die Prado en Everest het beide die opsie gehad om die ratkas te hou in tweede of derde rat. As mens dit in 2 of 3 sit ry dit net in daardie rat en in L net in eerste rat. Toe ek by die Hexrivier pas afgery het oppad terug van Pretoria af met die Ranger het ek dit in Sport modus gesit en gekyk of ek kan afrat. Die ratkas wou my nie laer as 3de laat gaan nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/01/2024 - 08:39

Chris S, ek vermoed dis 'n veiligheidsmaatreel, jy gaan slegs handrat ratte kan kies indien die rekenaar volgens spoed en revolusies van mening is dat die veilig toelaatbaar is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/01/2024 - 09:28

ek vermoed dis 'n veiligheidsmaatreel, jy gaan slegs handrat ratte kan kies indien die rekenaar volgens spoed en revolusies van mening is dat die veilig toelaatbaar is.

Ek glo dit is om skade te voorkom, maar as mens met amper 5 ton se kombinasie teen ‘n steil pas moet af wil jy soveel as moontlik deur die enjin gerem word. As jy nie ‘n laag genoeg rat mag kies nie gaan jy moet remme gebruik. Dalk te veel

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/01/2024 - 09:48

Chris,

ek vermoed jy sal 'n ander benadering moet volg. Jy gaan dit nie regkry om op 100, 80, wat ookal as voorbeeld, dalk direk 3de gekoppel kan kry nie. 

Ek bring maar spoed af met remme, totdat myne direk vanuit Drive in 4de inglip. Dit kan op 100km/hr en laer gebeur. Dan moet ek maar weer met bietjie remme aanwending die spoed verder verlaag totdat rpm laag genoeg is,waar ek dan met hand na 3de kan afrat, ensovoorts. 

Sodoende is ek verlede jaar Georges valley gemaklik af, sonder om konstant of te veel op remme te ry nie. 

Remme brand net as dit lank konstant aangewend word, bedoelende op remme ry. Deur die remme 'n paar keer aan te wend [hard] om spoed te verminder, en dan te kan los, tot nog 'n verdere afrat-aksie en dan teen kompressie te ry, behoort nie 'n nadelige effek te hê nie. 

Sal graag wil hoor wat seg die meer ervare woonwaslepers. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 09/01/2024 - 10:01

.............met 'n outomatiese ratkas voertuig sleep nie, maak jou voorstel, Wessel, hierbo logiese sin om eers die spoed met jou remme af te bring tot op 'n punt waar die outomatiese ratkas jou toelaat om 'n laer rat te gebruik om te help rem.  Trouens, dis presies hoe ek maak by steil afdraendes met my handrat Pathfinder.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/01/2024 - 10:18

Ek sal darem nie probeer om teen ‘n hoë snelheid na ‘n lae rat toe te skakel om te rem nie. Mens mag net 80 ry teen die Hexrivierpas, maar waar dit begin kronkel word 50 aangeraai en ek hou daarby. Die deel oppad af waar daar ‘n muur gebou is om te keer dat voertuie om die skerp draai die pad verlaat en op die pad val wat opgaan, ry ek nog stadiger as 50. Ek het spoed verminder na minder as 30 toe, maar die Ranger wou my nie toelaat om af te rat na 2de nie.
 

Toe ek nou die dag teen ‘n steil tweespoor uit is om die 4x4 te toets, kon ek nie eers van stilstand af na 1ste rat toe skakel om af te ry in laestrek nie. Ek moes toe op die Hill descent control staatmaak. Dit gebruik spoedbeheer om te keer dat die kar te vinnig ry teen ‘n steil bult af. Dit span egter remme ook in. Ek is geleer en is gewoond daaraan dat mens in 1ste rat laestrek teen ‘n steil klip/grondpad af ry en die pedale heeltemal uitlos om te voorkom dat die wiele gly of jy te vinnig ry. Nou mag ek dit nie meer doen nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 09/01/2024 - 10:19

My Hilux (en voriges) se spoedbeheer werk nie teen 'n spoed van laer as 40 kpu nie. Ek is nogals spyt daaroor, want ek sou dit (in sommige gevalle) graag in die wildtuin teen sowat 25 - 30 kpu wou gebruik. Ek het voorheen eenkeer met 'n maatskappy "pool car" ('n kollega se vorige voertuig) - 'n VW Passat - wildtuin toe geglip. Daarmee kon ek spoedbeheer teen 25 - 30 kpu gebruik.

Ek gebruik handratte teen steiltes af, soos Hexrivierpas, Magoebaskloof ens. In laasgenoemde pas sit ek die ratkas selfs in eerste rat op sommige plekke.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 09/01/2024 - 11:46

My Ranger is nuut............,..................................................gekoop en standaard. Daar is geen modifikasie aan die enjin gedoen nie. 

Waar ons in Durban gebly het is daar 'n afdraande na die rivier toe en as ons die Ranger vroeg in die oggend daar gery het wou hy om die dood nie oorskakel na 'n hoër rat nie en die enjin/ratkas het dit terug gehou. Eers wanneer in die plat Umgeni ingedraai is het het hy oorgeskakel. 

Elmarie het baie daaroor gekla want sy het die Ranger bestuur en gesê die enjin klink te hard. My Isuzu DMax automaties het dit nie gedoen nie. 

Miskien is ek maar te versigtig en Elmarie berispe my gou as sy dink ek ry onverskillig veral op 'n steil afdraande. 

Soos genoem die Ranger hou die kombinasie goed genoeg vir my en raak net kort kort liggies die remme as die spoed vir my te hoog word veral by skerp draaie. Hou nie daarvan om remme hard te trap nie behalwe in 'n noodgeval.

Het al baie steil afdraandes gesleep met baie skerp draaie sonder probleme onder andere twee rillers soos Rowerspas by Pilgrimsrus en Nelshoogte tussen Nelspruit en Baberton. 

Gebruik maar net die bietjie verstand wat ek het. wink​​​​​​

Wil net noem met die laaste diens onder waarborg (75000Km -5jaar was verby) vroeër vanjaar het ek my vriend by die garage gevra om asseblief die voertuig mooi na te gegaan want ons gaan dit nou baie gebruik. Was bereid om vir ekstras te betaal want was toe nog 'n salaris trekker. Goed soos remskoene en ruitveërs wat normaalweg vervang moet word met sluittasie. 

Hy het gesê hy waarborg my dat ek eers weer oor 'n jaar moet laat diens en dat alles reg is. Ons het tot nou toe nie die 20000Km gery tussen dienste nie en het net jaarliks gediens soos die waarborg vereis het. 

 

 

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 09/01/2024 - 20:44

Die Ranger (minstens my 3.2 outo) se spoedbeheer werk vanaf 30km/h (die nuutste modelle se afsnypunt is 20 km/h). Die logika daaragter het te doene met veiligheid en 'n aanname dat sulke stadige snelhede meestal in swaar verkeer relevant is...ongeag die "intelligensie" van die spoedbeheerder kan dit nie vooruit sien wat aan die gang is nie en sal in 'n noodgeval, bv. as iemand skielik voor jou stop nie vinnig genoeg kan reageer nie, so die vervaardigers dwing mens om ook selfbeheer toe te pas! Nuwer Ranger modelle het ook sg. aanpasbare ("adaptive") spoedbeheer waar mens ook kan kies hoe groot die gaping tussen jou en 'n voertuig voor jou is (tipies 4 standaard afstande waaruit mens kan kies). Die stelsel sal die geselekteerde spoed handhaaf maar terselfdertyd ook geselkteerde volgafstand handhaaf, sou die afstand groter wees as geselekteer sal die voertuig versnel tot die geselekteerde spoed maar nie daarbo nie. Daarmee saam kom ook katoeters soos laanbeheer waar die voertuig die baan waarin jy ry sal probeer handhaaf (behalwe as die bestuurder doelbewus van baan verander), 360 grade kamera stelsels, en nog 'n klomp goet soos outomatiese parkering - wonder hoe dit bestuurder lisensie toetse gaan raak! Kyk ook na die volgende:

https://www.ford.co.za/s….

Om terug te kom na die ouer spoedbeheer waarmee ek dink meeste van ons se voertuie toegerus is, die Ranger ratkas sal ook outomaties spoedbeheer afskakel sou die snelheid met meer as 16 km/h daal teen 'n opdraande (as die ratkas om een of ander rede nie afrat nie). Interessant, Ford wys daarop dat dit wel riskant kan wees om te sleep met spoedbeheer aan...klaarblyklik is die rede dat die spoedbeheerder nie weet van die sleepsel agter nie en dus foutiewe besluite mag neem... As mens tussen die Ranger handboek (my 3.2 s'n is amper 500 bladsye!) se lyne lees, is die boodskap ook maar dat mens darem ook bietjie common sense moet gebruik by ratkas en ander keusesdevil

Om af te sluit, ek het in 1998 in Stockholm die voorreg gehad om met een van die eerste outomatiese volgafstand beheer stelsels te speel. Hulle (Saab, nie die motormense nie maar die wapenstelsel mense) het 'n Volvo daarmee toegerus en 'n klomp van ons het op 'n ou lugmag basis daarmee kon speel. Die tegnologie is egter ook nie sonder sy foute nie, dis in wese 'n mm-golf radar (in die geval was die hardeware verkry vanaf 'n missiel stelsel) wat onder sekere omstandighede deur slegte weersomstandighede soos sneeu, swaar reën en stof vals lesings kan gee..dus moenie altyd aanvaar dat die tegnologie altyd reg is nie, weereens daai common sense ding!

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/01/2024 - 22:44

Met die Prado het ek dit net met effense afdraendes gedoen. Die Prado se spoedbeheer sit voet neer as dit opdraende ruik, selfs as mens nie sleep nie. Dan jaag die toere sommer op na oor 5000 en die ratkas skakel terug na derde. 
 

Sondag met die Ranger het ek ook nie al die pad met spoedbeheer gesleep nie. Voor ‘n bult het ek ‘n voetjie bygesit sodat die spoed by 100 bly, nie eers effens terugsak voordat die ratkas terugskakel nie. As ons die steil deel van die helling haal het ek die voet afgehaal en dan het die Ranger mooi by 100 gehou meestal sonder om vreeslik die toere op te stoot. 
 

Dit was eintlik maar eksperimenteer om die sweet spot/s  vir sleep te vind. Ek het met die Prado ook maar so gemaak. Dis nie lekker om te sukkel teen ‘n bult uit nie. Baie van die roetes hier rond het steil hellings vanwee die Kaapse plooiberge. En dis op- en afdraendes. Teen steil afdraendes het ek gerem as ek sien die spoedbeheer verloor beheer. Mens moet die gesonde verstand waarna Grootwind verwys gebruik. Tegnologie is wonderlik, maar definitief nie ‘n plaasvervanger vir gesonde verstand nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 08:09

Ek het nou probeer kyk wanneer die eerste bakkie met ‘n automatiese ratkas toegerus is in SA. Ek kon dit nie bepaal nie, en daar was moontlik iets wat ‘n outomatiese ratkas gehad het lank voor die ander hedendaagse bakkies. Ek sou egter skat outomatiese ratkaste in bakkies is maar die laaste agt jaar of wat meer algemeen in SA? En nou sleep meeste van ons wat bakkies het daarmee. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 08:42

Destydse Chev Elcaminos en Ford Rancheros het ook 3 spoed outomatiese ratkaste gehad

Die Amerikaners kan mos nie ‘n stick shift soos hulle ‘n handrat noem bestuur nie. Toe ek uit passeer het vir my eerste bestuurslisensie kon jy as jy met ‘n outomaties die toets doen, nie ‘n handrat bestuur met die lisensie nie. Ek wonder of dit nog so werk.  

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 10/01/2024 - 16:17

Middag almal,

Ek het verskye articles gelees, insluitende die Australiese handleiding van my Pajero en hulle beveel almal aan dat jy vir beste brandstof verbruik, beste engine wringkrag en temperatuur altyd in bergagtige omgewing in Sport Mode, manual, handrat, moet sleep. Die Suid Afrikaanse handleiding praat nie oor trailer/woonwa sleep nie.

Ek sleep ook permanent in 4 wiel dryf hoog. Dan is die lass versprei op all vier wiele 40% voor en 60% agter wiele. Dit is ook aanbeveel in die Australiese handleiding. Die Pajero het ń middleste ewenaar (diff), so met hom kan jy dit doen. In sluit middle ewenaar mag jy nie op teer ry nie.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 10/01/2024 - 16:31

Ek sleep net met spoedbeheer onder 60km/u in ń plat omgewing. In die Wildtuin noord van Afsaal. Anders moet die versneller/engine die hele tyd kompenseer vir die bulte om die spoed vir geen rede konstant te hou nie. Ek hou net nie daarvan nie. Ek dink ook die brandstof verbruik sal hoer wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus