Aan al die Kampforum-lesers : Dit sal lekker leesstof wees om te verneem van julle beplande Desember/Januarie kampvakansie. Oorweeg gerus soos Jan Meyer om 'n afsonderlike draad te skep en ons tuisblyers sodoende saam te neem met die beplanning en later die werklike vakansie. By voorbaat baie dankie.
Pak op jou goetjies....
lui die liedjie!!!
As dit ek was, sou ek afbreek en huistoe gaan. Julle hoef nie eerd te bekommer oor oorslaapplekke terug nie, dis binne paar ure by jou huis.
Dit is gewoonlik 'n moeiliker besluit as mens met bespreekte plekke terug huistoe sit, en jy kan nie sonder oorslaap by die huis kom nie.
Ons gaan nou begin oppak
Ongelukkig het die weervoorspelling nog nie verbeter nie, so ons gaan nou maar oppak om weg te kom voor dit begin reën. Ek vertel later verder van ons laaste dag op die strand gister. Dis grotendeels op die strand deurgebring en nie in die see nie weens die manne met die grys jasse. Ons moes ook Hartenbos toe gistermiddag. Later meer daaroor ook.
Chris S....
....gelukkig het jy mos nou 'n bakkie. Moenie kanse vat met die reën nie, maak gou en gooi sommer die goed met mening agterop![]()
Pak weg, maak toe, en gaan maak vir oulaas draai op strand. Dan stort, aantrek en ry.
Veilig tuis
Reën is voorspel van 11:00 af, so ons het 07:00 begin oppak. Die reën begin toe 08:00, en stop 09:30 net na ek die laaste nat seil ingesit het. Tussen Riversdale en Swellendam was die weer maar goor op die N2 met heelwat reën en baie lang treine verkeer. Lg tussen Swellendam en Ashton ook.
Die Ranger het lekker gesleep. Ek was lui en het spoedbeheer gebruik op 100kph werklike spoed. Voor ‘n bult begin het ek net bietjie voet bygesit om op 100 te bly en verder die ratkas se brein die werk laat doen. Gaan seker slegte verbruik tot gevolg hê. Alles is nou amper droog dan kan dit weggepak word en die wa gestofsuig word.


Lekker om...
....plek te hê waar mens kan skoonmaak en droogmaak.
Moet jy môre gaan werk, of het jy nog verlof.??
Gaan môre werk
Maar aan die karavaan. Sou mos eers môre terugkom
Blouwillemaandag…
Blouwillemaandag........................................se rubiek nou net gelees en hy raak nogal waar dinge aan op sy humoristiese manier.
Daai ou vriend/vriendinne waaraan jy somtyds dink - kontak hulle voordat dit te laat is.
Ou oorlede vriend van my se spreekwoord -"time wait for no man"
Laas Saterdag by Dwarswegstrand
Ons is so 10:00 strand toe. Daar aangekom sê die een lewensredder daar is agt hamerkop haaie gesien met ‘n hommeltuig, en hulle gaan die strand vir eers toemaak. Later sien ons Bothastrand in Grootbrak se rigting se vlae is nie meer gekruis nie en gaan vra daaroor. Nog ‘n ruk later maak hulle ons strand ook oop maar sê daar mag net waist deep geswem word.
‘n Paar mense begin swem. Na ‘n ruk kom Chris Jnr uit die water na die lewensredders en sê hy dink hy het ‘n haai gesien. Almal staan op om te kyk, ons ook. My donkerbril is gepolariseer, en die water is mooi helder. Ek sien toe wraggies sodoende twee haaie naby die strand in die golwe en die strand word weer toegemaak.
Later word dit weer oopgemaak, maar ons kinders speel saam met ander in die sand. Toe ek na hulle stap met sonroom, sien ek weer ‘n haai en sê vir die lewensredders. Toe dit later laagwater is gaan ry ek vir oulaas plankie saam met Chris Jnr. Ons kom amper in die moeilikheid want Salomien wou 16:00 ry Hartenbos toe om te gaan foto’s neem van ‘n paar gesinne van Worcester wat daar kampeer en ons speel ‘n bietjie te lank na haar sin.
Daar aangekom gesels ek eers met ‘n vriend wat ook ‘n Ranger het. Hy het ook 70 profiel bande laat opsit, en sê sy spoedmeter is ook van toe af akkuraat. Ons braai later almal by ander vriende wat daar kampeer. Hulle staan almal in die E-blok en dis nog stampvol. Dis baie feestelik by Hartenbos en ek kan verstaan dat jy dit sal geniet as dit jou tipe ding is. Dis egter nie myne nie. Ons vriende waar ons braai staan reg voor teen die see, en daar is natuurlik ‘n konstante stroom mense wat verby loop op die paadjie. Ek soek nie al die toeskouers terwyl ek braai of ontspan by my staanplek nie. Hulle sê ook die water is vrek koud en die wind het hulle van die strand af gewaai die oggend. Die ablusie by Hartenbos is wel van uitstaande gehalte en word heeltyd skoon gehou. Ons het natuurlik reeds weer by Dwarswegstrand bespreek vir Desember en sal eerder daar bly.
Ons het natuurlik reeds weer…
Ons het natuurlik reeds weer by Dwarswegstrand bespreek vir Desember en sal eerder daar bly.
Ook my voorkeur bo Hartenbos.
Heup diepte....
....is geheel voldoende vir ou tandebek om 'n happie of peuselkossie te bekruip.
Jou klong is baie oplettend, of haai was baie naby aan hom.
Ek sal Hartenbos oorweeg buite seisoen, maar dan kom veiligheid ter sprake. Word almal wat buite seisoen daar kampeer om enkele ablusies ingedeel, of kan jy gaan staan waar jy wil.
Een maal na Hartenbos gekyk…
Een maal na Hartenbos gekyk tydens 'n Desember besoek aan familie wat daar naby woon...dankie maar nee dankie, die karavane is behoorlik opmekaar met tent toue wat mekaar kruis. As ek die ou omie en tannie langsaan se p@#pe in die nag wil voel tril en hoor ja, andersins sal ek maar verby hou ![]()
Wessel....................
.................my ervaring buite seisoen in Hartenbos is dat sekere blokke gesluit is en dat jy 'n plek kry by die paar blokke wat oop is. Dit het die besliste voordeel dat 'n mens nie alleen staan en blootgestel is aan misdadigers nie - veral as jy nie by jou kampopset is nie, is daar altyd ander kampeerders rondom jou wat 'n ogie hou oor onbebekende rondlopers, as daar is.
Hier is 'n voorbeeld waar ons staan in BlokD in Februarie-maand, ons voorkeur maand vir Hartenbos.

Volgende naweek haak ons weer
Ek probeer gewoonlik iets doen die naweek van/voor my verjaardag. Dis ‘n lekker verskoning om te gaan kampeer. Ek het plek gekry by Stille Waters naby Rawsonville vir volgende naweek. Dis ‘n plekkie wat ek al lank in die oog het, maar waar ek tot op hede nog nie kon plek kry nie. Daar is ten minste een gesin wat saam met ons gaan. Dis ons vriende met die Tourer SW wat by Pine Creek in Grootbrak was terwyl ons by Dwarswegstrand was. Twee ander gesinne is genooi, maar hulle kom eers Maandag of Dinsdag terug van Hartenbos af. Gelukkig is Stille Waters lekker naby en word dit nog laat donker hier. Mens kan dus na werk ry die Vrydag en hoef nie die Sondag te haastig te wees om op te pak nie. Ek het Nr 4 bespreek vir die wat belangstel en na die skakel hier bo gaan kyk.
Geniet die wegbreek. Julle…
Geniet die wegbreek. Julle het dit nodig na so Desember/Jan vakansie.![]()
![]()
Tariewe is grys
Middag Chris, dit lyk baie mooi daar, en elke staanplek het omtrent eie geriewe.
Ek is stadig vandag. Verstaan ek reg, daar is 'n staanplek fooi van R1200 rand en dan boonop ook R150 per persoon per nag. Is laasgenoemde vir ekstra persone meer as die minimum van 8, of vir elke persoon, die eerste 8 ook.
Stille Waters tariewe
Elke staanplek het eie geriewe. 1-5 het elk ‘n kombuisie en badkamer (blykbaar twee van lg) asook ‘n jacuzzi/plonspoeletjie. 6 het ‘n swembad by maar kos R2250 en is bespreek vir volgende naweek. Die basistarief vir 1-5 is R1200. Dit is vir die eerste 8 mense. Vir meer as 8 mense betaal jy R150/volwassene ekstra en R90/kind ekstra.
Die minimum is natuurlik sleg as julle net twee of selfs vier mense is. R1200/aand is duurder as Dwarswegstrand of Hartenbos se seefront staanplekke in hoogseisoen. Vir twee gesinne van vier is dit R600/gesin. Dis ook nie goedkoop nie, maar kampering is nie meer goedkoop nie. Tensy jy ‘n pensionaris is en buite seisoen kan kampeer.
Stille waters
Dankie Chris S dit klink aansienlik beter as die wyse hoe hulle dit beskryf.
Opmekaar kampeerdery
Ons was laas naweek Mosselbaai toe en het gaan inloer by Hartenbos wat nog vol was. Ek het glad nue daai erge gevoel gekry van opmekaar kampeer nie, miskien omdat ek onlangs plekke gesien het soos Ebb en Flow en Victoria Bay wat baie erger is. Hier by Victoria Bay byvoorbeeld staan ons tent seker minder as 30cm vanaf buurman se tent. Ander bure staan karavaan tent op die grens...omdat hul plek moet maak vir nog 3 tente. As hulle braai staan meeste op ons staanplek en kuuer, want hulle plek is vol tente en gazebos. Daarom hou ek van oord reels wat sê 1x tent of karavaan per staanpkek, want om so baie op te slaan op 1x staanplek verontrief jy mede kampeerders





Dalk pak ons vroeër op
Vandag word nog sonskyn voorspel maar van môre af reën tot omtrent Donderdag. Afgesien van die oppak van nat seile, is ek nie lus vir in die reën oppak nie. Ek oorweeg dit om môre vroeg op te pak, hopelik voor dit begin reën. Dit sal hartseer wees, maar om weer hier te sit in die reën en boonop nat op te pak is ek nie lus voor nie.