Herman, ek skep sommer hierdie nuwe gesprek, dan is alles mooi bymekaar. Ek dink almal sal graag ophoogte wil bly met jou nuwe herwinningsprojek. 'n Hoenderhok met 'n aircon klink net nie reg nie.
Nog 'n plek in Pretoria omgewing is;
Independent 4x4 telnr 012 548 1335
Julle vlieg bokant my kop…
Julle vlieg bokant my kop met die battery koppel en wederhelfte wat ok is? Wessel? Of is jy onder die belt ? ek vang hom gladnie.
Herman...
...dit werk so, dis gebaseer op 'n ou boere grappie.
Die omie stop by die vulstasie en vra die handlanger om na die water, olie en knormoer te kyk. Seg die knapie----die water en olie is OK, maar ek het nie na die miesies gecheck nie.![]()
Eintlik 'n skoon grappie van vervloë dae.
Dop skink en glasie lig.
Vanoggend die water volgemaak, kragstuur olie in, die kill switch op dieselpomp draad losgemaak en enjin geswaai. Oliedruk liggie het uitgegaan. Draad terug gesit en gestart. Loop pragtig. Sjoe die enjin ouwerol was maar n naelbyt en wakkerlê tyd.
Kortbroek is aangetrek, Landy word gewas. Nou gaan neef eers bietjie leeglê, en meer as gewoontlik drink
.
Baie geluk, Herman................
...............die Landy het mos nou gestart na die hartoorplanting !
Nou gaan neef eers bietjie…
Nou gaan neef eers bietjie leeglê, en meer as gewoontlik drink
.
Welgedaan. Geniet daai koue.
Net ń regstelling. Die oupa…
Net ń regstelling. Die oupa sny nie gras nie, was nie karre nie, en verf nie huis nie. Dit.... is Gawie en Sakkie se werk.
Maar is oupa se voorreg om…
Maar is oupa se voorreg om met toestemming, toesig in beheer te wees onder ouma se kwaai wakende ook. ![]()
toetsrit gedoen
Môre Herman
Het jy al die LR vir 'n toetsrit gevat. Ons weer die masjien loop mooi, maar hoe voel die LR op die pad en sy werkpaaie.
Moet nou netnie dat jou kop uithak en die LR vol blommetjies verf nie. Ek weet jy soek hard na 'n gemeenskaplike kontak met die engelsman, maar laat hom dan eerder die groentetuin natlei.
Vasbyt, alle goeie dinge/kuiers kom ook tot 'n einde.
Het so 80km draai gery. Die…
Het so 80km draai gery. Die rpm hou ek so tussen 1200 en 2000 vir die eerste 500km, so sê die boek. Dan olie ruil en bietjie stoot vir rukkies.
Het ń olielekkie op die turbo se toevoer gekry, die koper wasters bietjie stywer getrek. En die nuwe oliefilter sweet waar dit vasdraai. Verder loop dit regtig mooi.
Deesdae doen die LandRover die plaas aankope, en net so 250km per maand. So behoort teen einde 2024 ingeloop te wees.![]()
Nou is die Landie weer so…
Nou is die Landie weer so goed as nuut! Spottery ten spyt, daar is darem maar min voertuie wat so'n ikoniese status as daai LRs het.
Klou waarde
Dan is daar BAIE mense wat 'n onwrikbare vertroue in dit het. Ekselwers het 'n paar vriende wat absolute LR mense is.
Die regte bos LR's soos die Defenders van oudae, is maar net gemaak vir die veld en rowwe paaie.
Markwaarde !!!!!
Herman, ek snuffel voormiddag op die 4x4 community, moenie vra waarom nie, en val van my stoel af.
Het jy gesien wat vra die manne vir 'n 2006, 2008 LR Defender [Puma]? Die pryse draai bo R400 000. Nuwer Discovery's omtrent vir die helfte daarvan.
Daai LR van jou is moontlik baie meer werd as wat jy dink.
Markwaarde
Het ook al so opgemerk Wessel. Ook interessant is dat die Land Cruiser 76 ook heelwat meer werd is as wat dit nuut gekos het. En om die koek te kroon, word ek meer as dubbel aangebied vir die Nissan Champ as wat ek betaal het.
Het ek darem nou gesukkel…
Het ek darem nou gesukkel met n verdomde olie lek. Was al genoem dat ek reken dit kom van die oliefilter af. Nee, toe vervang ek die O ring op die olietermostaat wat reg bo die filter sit, en die lek is helfte beter....
Uit radeloosheid word n ou wit T shirt opgeskeur en op vreemde wyses waar ek kan bykom vas te maak om die lek te isoleer. Want staan dit en luier, wys die lek gladnie.
Na menigte 20km ritte om die olie kans te gee om sy plek te wys, nail ek hom vandag. Die blikskottelse splinternuwe " lift pump" lek... nie by die pakstuk nie, maar dit lek. Môre, of oormôre sit ek die oue terug.
Van die week af gaan die ou armgat moet begin Lotto speel. Die lyf word verinneweer met ou spul aan die gang hou. Intussen dink en droom neef van n nuwe v6 Land Cruiser bakkie. ń Khaki kleur een, enkel kajuit, sonder n canopy. Blykbaar kry mens n " bolt on supercharger kit "vir die v6......





Knormoer geswaai
Baie geluk, jy het sekerlik 'n koue of 2 geknak toe die masjien draai.
Is jou beterhelfte darem OK nadat jy battery gekoppel het??