Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem saam, Jan Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Afrigting span Springbok rugby Jan Meyer -2 hours ago
Amper... Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -6 hours ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/01/2024 - 16:18

Sovêr ek onthou is die belasting voordeel met dubbelkajuite [DK] hier in 1998 rond gestop. dit het baie ouens onkant gevang. 

Ek dink nie dat DK vir besighede belastingvoordele inhou nie. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 23/01/2024 - 18:20

En dit spreek boekdeledevil

Maar koeriers, voormanne, verkoopsagente en boere verkies duidelik die Toyota en Isuzu bo die Ford. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 23/01/2024 - 20:54

Dankie Grootwind.  Min van ons besef dat op die F1 vlak vind al die navorsing plaas wat in ons voertuie opeindig.

Nou wonder ek of die F1 enjins nog meganiese nokasse gebruik? In die Datsun sss dae het ons dubbel valve springs ingesit, en ń cam wat nie juis op lae rpm gedeug het nie. Jy het in so smal, wat ons genoem het, " rev band" waar daar baie krag was gery. Die luier klank was so lekker " off beat" gerammel.

Wat ek opmerk van die kleiner verplasing enjins is dat daar baie ratte ingespan word om die enjin in sy rev range te hou.  Die cvt ratkaste staan my gladnie aan nie, maar dit word ook baie algemeen.

Ek wonder hoe sal ń Cvt ratkas sleep ? Dalk gaan die belt effe swaarkry?.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 24/01/2024 - 21:32

Seker my Datsun SSS (1973 model) het reeds standaard dubbel valve springs gehad...ek het op 'n stadium die enjin moes herbou (lang storie) en die kleppe en nokas standaard gelos (maar die onderdeelverskaffer het so 'n foutjie gemaak en die blok met Mahle resies suiers teruggestuur...) En kon daai 1600 darem deur die revolusies hardloop...net wat 'n jong ingenieurs student wou hê! Kan steeds my agterent skop dat ek die SSS verkoop het toe ek trou en 'n sin vir  verantwoordelikheid ontwikkel!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/01/2024 - 12:31

Die gesprek oor Mnr Boucher se ou yskas wat vervoer moet word tussen plekke het my weer laat dink hieroor. Hoekom koop privaat persone ‘n bakkie? Die hoof redes is seker omdat jy baie en/of groot en/of swaar (en/of vuil) goed op ‘n bakkie kan laai. Dis vir seker nie vir rygerief, ekonomiese vervoer of om maklik parkeerplek te kry nie. 
 

Maar dan sit meeste privaat eienaars (veral van dubbelkajuit bakkies) ‘n kappie op hulle bakkie. En deesdae kos ‘n kappie ‘n klomp geld. Nou is jou bakkie beperk. Jy kan bv nie meer ‘n yskas daarop laai nie. My fiets sal waarskynlik nie eers agter in my bakkie se kappie pas nie.
 

Jy kan wel bv tuinvullis en boumateriaal (solank dit nie te lank is nie) laai, en die bak weer redelik maklik skoonmaak. Maar dis nie meer ‘n bakkie in die volle sin van die woord nie, want die bakkie het ‘n deksel op. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/01/2024 - 12:54

....'n bakkie bepaal meestal wat se bakkie mens koop, en hoe jy dit toerus.

Boere en karweiers koop meestal enkelkajuite, sonder kappies. Elektrisiens en loodgieters byvoorbeeld koop enkelkajuite en sit kappies of drarame op.

Privaat persone hetsy net egpare of gesinne, met kampeer behoeftes koop  onderskeidelik enkel- of dubbel-kajuite. Dan rus hulle dit toe met vreeslike kappies, tente en allerlei lekker goete, soos Shaun.

Ouens soos ekke, wil net woonwa sleep en kampeergoete laai, sonder dat dit by 'n verkeerslig die voetoorgang gebruik. Dus, sit so 'n ou net 'n kasppie op. Ongelukkig is jy dan effens gesnoeker met vervoer van veral staan yskaste.

Elke keer as my kinders moes koshuiskamers leegmaak oor lang universiteits vakansies, het ek maar 'n tralie-waentjie gehuur en hulle trek gaan haal, en weer terugeneem. 

Ek het van 1997 al 'n dubbelkajuit met 'n kappie as hoof gesinsvoertuig. Ek sal baie moeilik sonder ene kan klaarkom. Grompie is die mees ekonomiese voertuig wat ek nog gehad het, dit ry vir my baie gerieflik, en ek parkeer soos ek wil, sommer wydsbeen oor 'n lyn, want ek kan en mag, want ek is mos 'n oumens met 'n hoedlaugh  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 26/01/2024 - 13:58

Ek ry tans met my 8ste (en waarskynlik laaste) dubbel-kajuitbakkie. Slegs een was 'n 4x4, maar ek het gou agtergekom dat ek nie 'n 4x4 nodig het nie. Ja - by enkele geleenthede het ek al gewonder hoekom ek nie maar weer 'n 4x4 gekoop het nie.

En ja - al my bakkies was toegerus met kappies. Die eerste 7 het glasveselkappies opgehad totdat ek die voordele van my seun se Rhinocab gesien het. 

Ek kan my nie 'n meer geskikte voertuig vir my doeleindes indink as 'n dubbel-kajuit nie. Dit is 'n uitstekende sleepvoertuig. Ek pak my kampeertoerusting met die grootste gemak in die bak - my karavaan is so te sê leeg en lig. Ek vind dit gerieflik vir my behoeftes by die huis - tuinvullis ens.

Ja, ek kan nie alles daarop vervoer nie - soos bv 'n regop yskas. Maar ek wonder of ek al meer as 3 of 4 keer die afgelope bykans 30 jaar gewens het dat ek eerder 'n oop bakkie ry omdat ek sodanige behoefte gehad het waar 'n bakkie met 'n kappie nie gedeug het nie.

Nee wat - ek is verslaaf aan my dubbel-kajuit.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 26/01/2024 - 18:44

Nog nooit n dubbel kajuit gehad nie. Hele paar van die extended cabs.  Mag vir  tax, en my Papiere en planne was uit die pad en goed georganiseer. Was vir werk, nooit gebruik vir iets anders nie, daarvoor was daar ń SNV. Tel n Discovery as ń SNV?? Dis mos n hardebaard 4x4.

Nou sien mens menigte ou topples met hulle double cabs. Wat sit nou agter in die canopy, behalwe vir kamp? Ja die jong gesinne verstaan ek, maar vir res?? Seker makliker om die groceries op die agtersitplek te vervoer. Agter in die canopy is dit net sakke recycling toe en tip toe met tuinvullis. Of hoe.

ń Lekker stasiewa- shape, of dan SNV. Werk vir ons lekker. Ouma gee nie om om die roomys en skilpadjies nou gekry by P/ pay.. in te laai nie, die aircon kom mos by. En Giep het die hele agter seat vir homself.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/01/2024 - 07:03

Sommer 'n paar los gdagtes na aanleiding van Herman se inset;

1] nou weet ek ook waarom "extended cab" tog goed verkoop. 

2] watter voertuie val in kategorie van SNV? Sluit dit dubbelkajuite en enkelkajuite in? Deesdae lyk dit vir my, enige klein karretjie soos byvoorbeeld die Toyota Urban Cruiser, wat effe hoër op wiele is, en effens soos 'n stasiewa lyk, is 'n SNV. 

3] Is 'n SNV noodwendig ook 4x4 of "AWD"? Wat is mooi afrikaans vir AWD, dalk "Alle Wiel Aandrywing" 

4] In watter klas, behalwe baie duur, val Fortuners, Everest, Prado, LandCruiser,  Defenders, Evoque, Discovery's, tipe stasiewaens?

5] Het die term stasiewa verval, en is dit vervang met SNV. Byvoorbeeld, die vorige era Ford Territory was na my mening 'n stasiewa. 

Bostaande maak eintlik nie saak nie, ons koop wat vir ons werk. Ek wou sommer 'n enkelkajuit koop, toe seg die beterhelfte----en as die kinders kom kuier, of jy wil vriende oplaai, waar moet hulle sit.

Soos Chris B, ek wil hoofsaaklik woonwa sleep, en tesame met bostaande argument, weer ge-eindig met 'n DK en kappie.                 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 27/01/2024 - 18:02

..........SNV-aanhanger is.  Ek ry nou my derde een, eerste was 'n Nissa Sani, en daarna twee Nissan Pathfinders.  My vernaamste rede is langpad-vakansie reise waar ek 'n karavaan sleep.  Omdat dit net ons twee is wat reis, slaan ek die agterste twee rye sitplekke plat en het dan 'n reuse area waar ons al ons kampgoed inpak  -  absoluut niks word los in die Exclusive gepak nie.  Selfs ons vrieskassie, tent-sele, grond nette en wat nog kom agterin die P/F.  Sou ons dringensd 'n derde sitplek benodig (soos toe ek voor-verlede jaar in die Wildtuin siek geword het en my seun moes kom help om ons by die huis te kry), slaan ek een van die agterste sitplekke terug en heroorganiseer 'n bietjie van die items.

Die vernaamste voordeel van ons SUV's is, dit is 100% stofvry as ons in wildtuine ronkarjakker.

Tuinvullis en bourommel was nog nooit vir my 'n probleem nie  -  ek vul dit in sakke en vervoer dit so in die P/F.

My SNV's was nog altyd 4x4, bloot net omdat P/F 's net as 4x4 in SA bemark is.  Dit het nogal dikwels goed te pas gekom, maar dit is maar die uitsondering.

So lyk my pakkerasie : (jammer vir die skewe foto)

.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/01/2024 - 19:26

Ek het 'n rukkie 'n Territory gehad, toe ons nog 'n gesin van 5 amper almal grootmense was. Ek het dit blo0t gekoop vir die 4l sessilinder en sleepvermoë, EN die gerief van al 5 insittendes. Drie kinders het lekker loslyf gesit en seun van 6vt het gemaklik ingepas.

Weens die vol agtersitplek kon ek nooit die sitplekke platslaan as ons met vakansie was nie. Wat die jongste geniet het, was die derde ry sitplekke in die wildtuin wat sy dan vir haarself gehad het.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 28/01/2024 - 14:25

Gister is ek Mosselbaai toe om n man te sien wat my nuwe, 2dehandse inverter wat ophou om die Utility te lees te laat kyk. Met ons geselsery vind ek uit hy was in HTS Witbank, so 3 jaar na my, en ook groot vriende met n skoolmaat, wat ook elektrotegniese?? Ingenieur is. Klein wêreld darem. Hy kon in ń japtrap die foutiewe relay vind, en het dit vervang.

Wat ek eintlik moet by uitkom, is dat in sy mtorhuis staan die pragtige VW California Beach Adventure. Magties, is dit nou n gawe stukkie kamp gereedskap!! Kyk as jy R1,5m het wat jou pla, gaan kry een, sal nie teleurgesteld wees nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 30/01/2024 - 08:49

‘n Vriend van ‘n vriend het ‘n Jeep Grand Cherokee SRT. Sondag was daar ‘n Oesfees by ons kerk, en hy was daar met die Jeep. Dit het ‘n 6,4l V8 HEMI (Jeep se naam daarvoor) enjin wat 344kW lewer. Toe hy dit aansluit en weg ry huis toe het ons groepie mans wat daar staan omtrent gekwyl vanwee die geluid van die enjin. 


A

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 30/01/2024 - 09:29

Bly jy hou ook van die diep gerammel Chris S

Onlangs n video clip gesien waar die 2,8 LC 70 opgeweeg word teen die 4,5 v8. Die 2,8 klop dit met versnelling en kom vinniger by 100kp/h uit as dit sleep. Maar.... die klomp krag maak dit op dié stadium swaarder op diesel as die v8. So ek reken as jy in dik sand jou waentjie sleep, gaan die 2,8 meer diesel gebruik. So ligter op diesel, gaan wees as jy snelweg ry, nie hard werk 4x4 nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/01/2024 - 10:02

...en verbaas gewees. Die feit dat die 2.8 selfs beter sy spoed gehou het, as die V8 teen die lang bult, laat my wonder. Behalwe dat die 2.8 meer Nm lewer uit masjien, as die v8, moet mens ook dalk kennisneem van die ratverhoudinge en die ewenaar verhouding. 

As ek reg onthou het die outomatiese 2.8 maklik die 100km/hr gehandhaaf, maar die V8 was af na 3de rat tot onder 80km/hr. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 30/01/2024 - 10:41

So ligter op diesel, gaan wees as jy snelweg ry, nie hard werk 4x4 nie.

Ek wonder of dit nie is hoekom vervaardigers die kleiner enjins in groter voertuie soos bakkies ook begin sit nie. Enigiets moet mos fit for purpose wees. En waarvoor word die meerderheid bakkies (en SNV’s) deesdae gebruik? Nie soseer vir vrag dra, duine ry of deur Botswana se sand kruie nie maar vir werk toe, skool toe en op teerpad vakansies.
 

En dan is daar natuurlik die noodsaak om aan die EU en ander lande se regulasies oor uitlaatgasse en diesmeer te voldoen. So sterf die enjins met meer as vier silinders stuk-stuk uit en uiteindelik die binnebrand enjin ook. Behalwe dalk in die VSA…

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 30/01/2024 - 10:59

En daar trap Toyota ook in die gat wat VW en Audi klompie jare terug vir hulle self gegrawe het. Blykbaar grootskaalse verneukspul gewees met die toetse en toets uitslae van 'n klomp enjins, insluitende die 2.8 diesel. Blykbaar is enjin produksie by Toyota vir eers op ys gesit. Laat mens wonder wanneer die volgende verneukspul gaan kop uitsteek. Erens ry 'n klomp mense met Toy's rond wat nie presteer soos dit moet nie...eishsurprise

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/01/2024 - 11:25

...jy sal moet verduidelik, ek het geen idee waarvan jy praat nie. 

Beteken dit dat my 2.4TD nog beter moet presteer??? laugh Vir my goed genoeg, dit moet net hou 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/01/2024 - 13:46

O genade, ek het nou deur al die persverklarings gelees. In kort kom dit daarop neer dat die bekende enjins in die Hiluxe, Fortuners, Prasdo's en Lexus almal onder sertifikasie verdenking is.

Ek kan net nie lekker agterkom watter spesifikasies moontlik verkeerd kan wees nie, hetsy die kilowatt, wringkrag of CO2 vrystelling syfers nie.

Dit lees asof die toets-instrumente in die laboratoria en die op die produksie vloere verskillende sagteware gebruik om die data te verwerk.

Die lank en die kort is dat;

1] die kwaliteit nie tersprake is nie, steeds goed

2] die enjins darem nie sal oppak nie

3] ouens wat Kavangos probeer sleep met 2.4GD6 masjiene kan gratis kom omruil vir sterker 2.8GDS bakkies. Ai, hoe lekker droom ek nou bollie-blapslaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus