Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann, November 2026 Rona du Plessis -33 seconds ago
Wessel November 2026 Johann L -2 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -2 hours ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 30/01/2024 - 13:55

“Toyota Industries het in ‘n aparte verklaring gesê sy werkers het die brandstofinspuitingshoeveelhede aangepas om die data beter te laat vertoon” aldus Maroela Media. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/01/2024 - 14:04

....en dit in Japan!!!!

Hopenlik is ou Grompie nog sterker as wat ek dinklaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 30/01/2024 - 15:09

sy werkers het die brandstofinspuitingshoeveelhede aangepas om die data beter te laat vertoon

Verwag eerder minder kW uit jou Toyota as meer Wessel. En onthou, die dun lug daar in die Transvaal verminder ook werkverrigting. Kom toer maar weer hier vir ‘n paar ekstra perde.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/01/2024 - 15:20

Grappies op 'n stokkie, ek is nie juis bekommerd dat daar probleme met die enjins is nie, dis net uiters teleurstellend om sulke nuus te lees.

Mens koop 'n voertuig op jou oudag, en jy is van mening dat jy goed gedoen het met jou spandering, dan word die mat onder jou wiele uitgepluk. 

Toyota Japan en SuidAfrika sal baie vinnig 'n weldeurdagte persverklaring moet uitreik. Sulke nuus gaan [nie kan nie] hulle verkope sleg knou. Veral omdat die nuwe generasie L.Cruisers en Prado's ook met die 2.8 TD masjien toegerus word.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 30/01/2024 - 15:32

Ek verstaan nie juis nie. Moet gaan soek vir ń artikel.

Nog van geen 2,4 of 2,8 eienaars klagtes gehoor dat die enjins nie aan verwagting voldoen nie.  As die fabriek gekul het met hoër kraglewerings syfers  as wat dit huidiglik lewer, is dit seker nie so groot probleem dat die huidige eienaars net vol lof is ?? Bly dus n puik enjin, syfers deur die parlement aangepas. Wit leuntjie.

As dit by emissions kom, dan moet hulle pa staan,by wie ook al dit reguleer. Die kullery gaan nie die voertuig in my garage affekteer nie, of hoe. Miskien as jou naam Gretha Thunberg is.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/01/2024 - 16:53

....google net "Toyota diesel engines" en jy gaan magdom nuusberigte kry.

Ek is seker jou waarneming en beskouing is korrek aangaande die betroubaarheid van die enjins.

hoe bedoel meneer nou, " die voertuig in my garage". Wat het jy gekoop, of bestel, en was daar drank by betrokkelaugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 30/01/2024 - 18:21

Volgens die artikel uit Australië (ook ‘n groot mark vir Toyota) is dit nie die eerste onlangse skelmstreek nie. Die een met veiligheidstoetse is nogal kommerwekkend (sien uittreksel onder).

Goeie nuus vir Wessel is dat sy 2.4 volgens die artikel nie geraak word deur die kullery nie (die betrokke 2.4 enjins is nie hierheen uitgevoer nie) maar die 2.8 wel. Die LC 300 ook. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/01/2024 - 19:39

...dankie vir die bevestiging rakende die 2.4 2GD enjin. Ek het ook half huiwerig tot dieselfde slotsom gekom nadat ek die artikel gelees het. 

Gaan baie lekker slaap vanaand, ook omdat die 2de stel elektriese heining aangebring is, waar ons kompleks kwesbaar was [hopenlik].

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 01/02/2024 - 08:31

Die stuk rondom Toyota se veiligheids toetse wat Chris S geplaas het verklaar dalk die storie 'n klompie jare terug met Kurt Darren wie se Fortuner op pad huis toe in 'n brug vas is en toe in 'n sloot in (as ek reg onthou) met geen lugsakke wat ontplooi het nie. Toyota as ek reg onthou het gereken dit was "normaal"....laat mens mos nou wonder. Toe ek klompie jare terug met die Territory agter in 'n Opel Astra vas ry op die Ben Schoeman het beide voorste lugsakke asook die veiligheids gordel "tensioners" onmiddelik afgegaan. Dit lyk asof die verneukspul by Toyota nou al lank aan die gang is....wonder hoeveel ander vervaardigers dieselfde doen? 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/02/2024 - 11:43

Môre vriende

Dit mag natuurlik alles waar wees, dat Toyota en die onderdele [sub assemblies] verskaffers aan hulle, moontlik oneerlik mag wees.

Ek weet wel dat as mens "verkeerde" of dan ongoedgekeurde buffers aan Toyotas aansit, hulle baie maklik beweer dat dit die werking van lugsakke ensovoorts negatief kan beinvloed.

Dit geld natuurlik ook vir ander fabrikate soos Rangers en Everests ook.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 01/02/2024 - 11:52

Dit is korrek. As jy ‘n goedgekeurde bosbreker opsit soos bv ARB dan werk jou lugsakke nog maar die bosbrekers is peperduur. Ek het nou my tweede bakkie wat so bosbreker op het wat die oorspronklike buffer vervang. Dit maak ‘n groot verskil aan die aanvalshoek as jy oor hindernisse ry, maar verder sien ek nie veel voordeel daaraan nie.
 

Ek het beide bakkies tweedehands gekoop met die bosbrekers reeds op, ek sou nie self geld uitgee daarop nie. Ek ry eerder R45k se diesel uit. Ek glo die bosbrekers belemmer lugvloei en verander aerodynamika. Hulle is ook vrek swaar. In Europa is dit onwettig (in meeste lande in elk geval) vanwee die gevaar wat dit vir voetgangers inhou tydens ‘n ongeluk. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/02/2024 - 12:12

....die aller fraaiste "broekie lace" goedjies wat voor aan trokkies aangebring word. Dit lyk net mooi, en help net om te weet waar jou trokkie se voorkant is, daarmee parkeer ek veel beter, en ry nie in my eie garage se muur vas nie. Eseltjie het ene opgehad, en ou Grompie is bloots. Hy het mos parkeers sensors reg rondom, dis hoekom mens jou ouderdom [geboortedatum] moet verskaf by bestelling van Hiluxe. laugh. 

Ek kan nogal dink dat daai vreeslike manlike buffers baie negatiewe effekte ook het..  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 01/02/2024 - 13:13

... my sesde dubbel-kajuit sonder daardie "laat my mooi en 'tough' lyk" goedjies voorop die bakkie se neus. My garage is sodanig dat die bakkie sonder daardie ekstratjies net-net inpas. Ek is genoodsaak om voor-om my bakkie te loop om by die deur te kom wat in die huis in lei. Met so-iets sal ek agterom moet loop en die garagedeur eers daarna kan toemaak.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/02/2024 - 09:30

Sit en lees oor die nuwe Ranger, wat bo die MR1 plafon is.. Nou wonder ek net, waar gaan dit eindig. Hoeveel luukses, foefies en vermaak wil die mark in 'n BAKKIE van alle dinge hê??

Hierdie spesifieke Ranger spog met goete wat ek nie eers alles neergeskryf het nie, maar wel met;

1] verhitte en verkoelde sitplekke.

2]verhitte stuurwiel 

Dan iets wat vir my nie sin maak nie, hulle beskryf dit is 'n "full time four wheel drive", met die opsies van agterwiel aandrywing, 4 hoog en 4 laag. 'n Teenstrydige omskrywing Dit klink vir my na 'n gewone bakkie ratkas met die keuse om 4x4 in hoog of laag te skakel.  

Hierdie inset is nie om Rangers af te kraak nie, maar bloot as voorbeeld waarheen omtrent alle fabrikate heen beweeg.

Dis soos die vergelyking nou op die internet, tussen die 2.8turbo diesel en die v8 Land Cruisers. Maak dit werklik saak hoe vinnig jou plaas-bos- rowwe terrein- bakkie,  tot by 100km/hr kan versnel?? As dit belangrik is, koop 'n sport motor.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/02/2024 - 10:12

Probeer Cara-Camp. Hulle het al puik werk vir my gedoen. Vra vir James by 021 852 8215.

0

So die "full time 4x4" op die Ranger is nie soos 'n gewone oordrag ratkas in ander voertuie bakkies nie. Jy kan kies om in 2x4 of 4x4 op die gewone teer pad te ry teen normale hoofweg spoed. 

Sofer dit al die luukses gaan dink ek DK bakkies begin om oor te neem by sport nits voertuie. Ek ry een van die nuwe Ranger met al die "luukses, foefies en vermaak" en dit maak die rit baie meer aangenaam. Ek kan nie met 'n geruste hart veilig 'n plat kar of selfs 'n SNV gebruik op die slegte paaie van Mpumalanga nie maar my Ranger kan ek in gemak soontoe ry en nog dieselfde dag terug kom.

Die Engelse het 'n mooi se ding "Different strokes for different folks". 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/02/2024 - 11:55

Middag Jacques, wat sal jy dan sê is die groot voordeel van die Ranger bo die Everest, op die slegte Mp.langa paaie.? 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus