Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Fit for purpose
As ek reg onthou het ek taamlik onlangs gevra of hedendaagse bakkies fit for purpose is met al die luukshede wat ingebou word (en die prys deur die dak stoot). Maar ek bly in die Wes-Kaap, waar ons paaie nog redelik goed onderhou word. As mens in van die Transvaal provinsies bly is jy nie so gelukkig nie.
Nav wat Jacques gesê het - is ‘n bakkie soos ‘n Raptor met die opgegradeerde vering dan nie meer fit for purpose as bv ‘n Everest nie? Ek dink meeste voertuig resensente is dit eens dat 20 duim bande nie geskik is vir ons paaie nie. Gewoonlik het sulke bande ‘n laer profiel en ry nie so gemaklik soos kleiner bande met ‘n hoër profiel nie.
As ek my voorgraadse…
As ek my voorgraadse Ekonomie module onthou word prys o.a. deur die bereidwilligheid van 'n kliënt om te betaal bepaal? As iemand bereid is om R1+ vir 'n bakkie te betaal is dit seker reg so...Wat verskille tussen bv Ranger/Everest en seker dan ook HiLux/Fortuner aanbetref was die bakkie weergawe se agteras gewoonlik met bladvere toegerus terwyl sy SNV boetie kronkelvere het....eersgenoemde is dan in staat om 'n groter vrag te dra (maar betaal weer 'n prys met 'n swakker padhouvermoeë? en 'n harder rit?). Die verskille tussen die Nuwer Ranger/Everest is dalk anders...Wat klokkies en liggies aanbetref geniet ek my Ranger s'n vreeslik baie, het mos nou die beste van twee wêrelde, luuksheid en robuustheid, in een pakkie! Wil my egter doodlag vir die mense wat lae profiel bande op hulle bakkies sit, om nie te praat van die "tupperware" brigade wat sulke vals plastiese luginlate op hulle bakkies se enjinkap vasplak...en sommer nog 'n klomp "go faster" strepe saam met plakkers wat kamtig soos modder lyk. Die was vir lank 'n Ranger ding maar ek sien al hoe meer Hilux'e en selfs Isuzu's wat hiermee spog!
33 duim bande
Verskoon my onkunde, en help my reg;
die 33 duim bande verwys na die deursnee van die band, of hoe?? Dan is jou sywal 8 duim of 203mm ongeveer.
My Hilux se notasie is 265/65 x17, wat rofweg dan 'n sywal van 172mm het. Maak daai ~ 30mm so 'n merkbare verskil.
Grootwind...
...spot maar met die plastiese GR Hilux brigade. Ek is mos 'n man van aansien, en ry 'n konserwatiewe onopgesmukte wit Hilux [ie] ![]()
Raptor bande kan nie 33 duim wees nie
17 duim vellings en 33 duim bande
Jacques se bandgrootte maak nie sin nie. Volgens die artikel hier onder het die Raptor 285/70 x 17 bande. 285 is die breedte, 70 dui aan die profiel is 70% van die breedte - dus 199mm en die 17 is die deursnee van die velling.
Die Platinum Everest se standaard bande is volgens die tweede artikel 274/45 x 21. Dit gee ‘n lae profiel van 123mm. Dis wel beskikbaar met 18 duim vellings met AT bande waarvan die profiel uiteraard hoër gaan wees. Die artikel sê nie hoeveel hoër nie.
Die Raptor met die gevorderde vering en hoër profiel (as die standaard pad bande op die Everest) gaan sekerlik beter vaar op lelike paaie.


Chris S....
... dit is nagenoeg korrek. As jy die som maak kry mens 32.71 duim buite deursit [diameter].
Dit het my ook rukkie geneem om die 33duim te verstaan.
O, ek sien!
dit is nagenoeg korrek. As jy die som maak kry mens 32.71 duim buite deursit [diameter].
Dit het my ook rukkie geneem om die 33duim te verstaan.
Jammer
Baie jammer dat my inset van 33 duim verwarring veroorsaak het, en Wessel is 100% korrek met 32.71 duim.
Maar ja, die Raport maak maklike werk van grond pad en meeste lelike paaie, en dan doen hy dit in styl met funksies wat 'n Apolo ruimte resiger deurmekaar sal maak.
Moet by se my 2019 Raptor het baie lekkerder gery as die Everest Ltd wat ek voor hom gery het.
En net vir die rekord my bakkie het Ford Raptor "go-fast" plakkers op waarmee hy uit gekom het en ek glo dit is 'n ekstra 2 kw werd, miskien meer.
spreektaal
middag Jacques, ek het in die verlede ook agtergekom/gehoor dat by/in sekere 4x4 kringe, dit algemene spreektaal is om na sekere bandgroottes sommer net te verwys as 33duim bande.
Nou weet ek ook iets na jou terloopse verwysing na jou 33 duim bande.
Herman...
...spesiaal vir jou, die pryse van die nuwe Land Cruisers;
Stasiewa: 900 tot 1077 kR
Dubbelkajuit: 864 tot 1039 kR
Die goedkoopste DK is vir die v6 petrolmasjien.
Sal graag wil sien of die 2.8 turbodiesel outomaties hier gaan vlamvat. Dit gaan later in handrat ook beskikbaar wees.
Dankie Wessel. Sou brandstof…
Dankie Wessel. Sou brandstof kostes nie ń faktor was nie, het ek die v6 gekies vir ń goeie plaasbakkie tot sleep voertuig tot duine ry. Sal orals uitblink. Die 2,8 gaan dalk nie lekker aanklank kry by my volk nie. Soos gesê, die asmatiese 4 silinder gaan nie maak dat jy elmboog by die venster uit bestuur nie. Daai v8 klank is darem maar net die paar liter brandstof werd.
Die man wat R1m vir sy bakkie betaal, kry die vat terug, én brandstof is vir die besigheidsrekening. So is nie n faktor nie. Natuurlik moet jy dit net kan bekostig. Ek moet dalk n klein Bob the builder besigheidjie begin met n v8 bakkie en 2 manne agter op.![]()
Ek moet op bankie agter rottang afskortingkie
....gaan sit. Daai trokkies bly my oog vang, en dis waar dit bly. Ongelukkig is dit met paar ander goedjies ook so.![]()
Dalk maar my fokus so effe verskuif na goeie gebruikte v6 Hilux. Hulle word blykbaar nie gesteel nie.
Sluit darem ‘n houer vir jou brandewynglas in
Ek sien die nuwe reeks (al wat verander het is die lelike nuwe ligte, ander radio en enjin), het darem ‘n plek waar jy jou brandewynglas kan sit terwyl jy rond geskud word. Ek wonder of hulle ‘n pak wet wipes by gee om die cupholder na die tyd skoon te vee.
Nee Chris....
....mens draai net die proppie op na stewige slukke. ![]()
Faktor vir dubbelkakuit trokkies
Vang my oog 'n artikel vanoggend in die Citizen. Blykbaar is daar 'n GROOT wedywering onder vervaardigers, wie se bakkie is die vinnigste tot by 100km/hr!!!!
Die tyd om te klop is tans 6.9 sekondes. Nou gaan die nuwe Amarok uitkom met die 2.3l Ford Mustang masjien, bloot om die tyd te jaag.
Sjoe, ek is oude doos!!! Is dit rerig belangrik vir DK eienaars, hoe vinnig ek by 100km/hr kan kom. Mens koop mos nie 'n dubbelkajuit om te "drag race" nie!!!
Opvallend is dat geen Hilux in die tabel is vir tye onder 10 sekondes nie.![]()
Waar mis ek die punt???
Die tyd om te klop is tans 6…
Die tyd om te klop is tans 6.9 sekondes.
Watse dubbelkajuit doen daai tyd van 0 tot 100 ?
Daai tyd....
...staan tans agter die naam van die;
Ranger Raptor 3.0 V6 dubbel turbo.
Sal jou vinnig Kaap toe vat.![]()
Ranger Raptor 3.0 V6 dubbel…
Ranger Raptor 3.0 V6 dubbel turbo.
Nie gedink 'n "bakkie" kan so vinnig verstel in standaard vorm. Die engin grootte en dubbel turbo's verleen egter die groot krag. 293kw/583Nm. Ek sien ook daar is 'n firma PWR, in Ausie land wat die krag so bietjie opjaag na 380kw/780Nm .
Versekering
Ek praat Saterdag by die krieket in Op-die-berg met twee vriende. Die een is my kort termyn makelaar. Ons praat toe oor bakkies en ander rygoed, brandstofverbruik en die tipiese dinge waaroor mans langs die sportveld praat. Die makelaar vertel ons toe van ‘n klient - 24 jarige man - wat ‘n nuwe P-reeks bakkie gekoop het. Sy versekering was voorheen op sy stiefpa se naam, maar Ou Mutual het agtergekom hy ry met die voertuig. Vir die nuwe bakkie is sy premie R5200.
Die ander vriend sê toe ‘n kennis van hom het ‘n Raptor gekoop, en sy versekeringspremie is R7500 ‘n maand. Dit ten spyte daarvan dat hy al in sy veertigs is. Daar mag natuurlik ander faktore wees, soos ‘n swak eise rekord, wat sy premie opstoot. Maar so ‘n hoë werkverrigting voertuig se versekering gaan duurder kos.





Raptor
So in my geval ry ek 'n Ranger Raptor met 17 duim vellings en 33 duim bande met besondere suspensie wat deur FOX ontwerp is. Ek kan dan ook nog goed op die bak gooi sonder om te bekommer oor die mooi matte.
Moet noem, ek dink nie 20 duim wielle is prakties nie.