Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -2 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Geert -3 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -3 hours ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Impulsiewe besluite

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Ek lees hoofsaaklik op die forum van goedbeplande/weldeurdagte vakansieplanne - wat sekerlik die ideaal is. Voorbereiding is al n groot deel van die lekker vakansie waarna mens uitsien. Ons doen dit ook soms solaugh.......

n Ander keer het so verloop:

Terwyl ons nog in Riversdal gewoon het het ons vele Sondae vir middagete uitgestap Stilbaai toe. By die swemstrand was Die Lappiesbaai Restaurant wat heerlike kos bedien het met keurige ligte klassieke musiek in die agtergrond terwyl jy oor die see kan uitkyk....

So was dit dan ook een Sondag in Julie 2000 die geval. Skoolvakansie. Ek het die opmerking gemaak dat dit n baie lekker middag is, maar dat ek hierdie tyd van die jaar darem baie na die Kruger Wildtuin verlang. Soos asof uit een mond het Daan en ons dogter gereageer met "maar kom ons gaan!" Betaal vir die ete en huis toe.

Ek het geweet dat daar niks so dringend in ons werksdagboek is dat ons nie vir n paar dae kon wegloop nie. n Paar opdragte aan die werkers en een om na die tuin om te sien was genoeg.

Hoe gemaak sonder n bespreking? Julie is /was nog altyd n gewilde maand in die wildtuin en gewoonlik lank reeds vol bespreek. Ons het egter besluit om tente en ander kampeertoerusting op te pak en net te ry.... Sou chalets die enigste beskikbare opsie wees, was dit ook maar goed - ons wou net DAAR wees.

Drie ure later was alles gepak en ons het in die pad geval. Deurnag gery (nie meer nie) en die volgende middag in Nelspruit aangekom waar ons besluit het om in n gastehuis te oornag. Die volgende oggend is ons die wildtuin in, op pad na Skukuza om daar by ontvangs te verneem na enige moontlike beskikbare plekkie. Om buite die wildtuin te bly en as dagbesoekers in te gaan was n opsie.............maar nie in daardie stadium nie, ons wou DAAR wees.

Kry eers iets om te drink.....vervolg

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 11/02/2024 - 20:18

So jammer om te hoor dat jy drie jaar van jou lewe moes afstaan om in die KNP te werk, maar soos hulle sê. iemand moes die werk doen.....wink

Op Len se vraag hier bo - dit sal lekker wees om meer hiervan te hoor

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 11/02/2024 - 20:36

Was werksaam by 'n onderneming wat volwasse basiese opleiding aan alle personeel gegee het. Die engelse naam "Adult Basic Education".

My taak was om toe te sien dat daar fasaliteite beskikbaar was, en dat opleiding volgens behoeftes gegee word, materiale beskikbaar was ens.

Ons het van totaal ongeletterde mense tot matriek geskool.

Ek was drie jaar in die Kruger daarmee betrokke en ook in beheer van Vrystaat, Wes Transvaal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo.

In die wildtuin het ons sowat twintig opleiding sentra gehad, dit was 'n groot aantal sentrums om te diens ens, en het geweldig baie van my tyd in beslag geneem, wat ek natuurlik verskriklik geniet het. Ongelukkig het die baie weg van die huis, en op die pad, sy tol ge-eis, en ek het "minder groen weivelde" gesoek.

Goed, ek het nou genoeg van Rona se gesprekslyn gekaap, jammer Rona, sallie weerie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/02/2024 - 06:42

Rona sal moet vertel as sy nog baie sulke impulsiewe stories het. Ek het een wat dalk die moeite werd is om te deel, maar kan op n ander plek plaas ?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/02/2024 - 07:12

...... vertel asb, tot in fynste besonderhede. Moet geen bydraende faktore tot impulsiewe daad, uitlos nielaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 12/02/2024 - 09:20

Gesels asseblief - hier of op n nuwe plek - ons wag nou in spanning en hou die spasie dop.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/02/2024 - 11:47

Sal later bykom, ek woel met ander dinge en mag net brekfis, tee tyd en lunchtyd in die huis kom loaf. 

Die verloop van die petalje het so begin. Een naweek by skoonouers op Evander, gaan loer ek ons in by skoonsus. Kry swaer Dolf en sy maat Jock waar hulle sit en mampoer stook, en drink  in sy garage. Ek het toe ook n blik gekry om op te sit, en ń glasie ontvang.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 12/02/2024 - 12:29

Enige storie wat begin met ‘n glasie mampoer behoort goed te wees. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/02/2024 - 13:10

...neef se veelbekende  vraag---- was daar drank betrokke!!!

Baie duidelik---Ja, maar nie "Jack Daniëls" nie, klink eerder na "Jock Mampoer "

Hier kom 'n groot storie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/02/2024 - 13:33

Eers gou die twee karakters bekend stel. Albei was 4x4 mal. Jock het n Jeep Gladiator gehad met n vreeslike groot v8 enjin in. Dolf se speelding was ń Wyllis cj2a , due 2de wêreld oorlog model, met ń vuurwarm 2,5l Firenza enjin en Alfa 5 spoed ratkas.  Vir hulle om op n Vrydag na werk, en natuurlik ń paar doppe, in die 4x4's te spring en Sodwana toe te ry vir die naweek, was al ń gewoonte. Vrouens het opgegee met hulle twee.  Elk geval was dit beter as hulle weg was, anders het die naweke in vreeslike kuiers ontaard. Altyd by mekaar, en besig in die garage met 4x4 tune of stook.

Die jare het jy n permit bekom by parkeraad, en jy kon op die strand ry na hartelus.  Ek het ń Landrover ser3 met ń Ford v6 ingebou, net so lekker ryding op die sand gewees. Groot tyres op gehad. 

So met die glasie in die hand, dit was hier vroeg in November, Bekla ek my lot by hulle oor die komende vakansie, en by die huis sit. Die 2 dogtertjies was een op die pottie die ander een in die doeke. So kom swaar Dolf op met ń plan

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/02/2024 - 13:55

Sê Dolf. Kom ons vat vir skoonpa see toe vir ń vakansie. Ons vrouens was vreeslik erg oor pa Piet, en hulle sal dink ons is Heroes. Dit was net daar bespreek met hulle, en het die nuus met skoonpa gaan deel. Hy was ook ingenome want nou kan hy sy ou Willy's met die side valve enjin weer n slag gebruik. Dit het so flenter seildakkie en dun wielietjies gehad, ń vaalgroene.

Vra vir Dolf of sal hy kyk vir ń staanplek, en hy verbind homself daartoe. Ek moet intussen vrugte kry  stooksels  vir die manne, en verbind myself om binne die volgende 2 weke af te lewer. Dit is gedoen, ek kon 3 asblikke pynappels kry, klein maar stroopsoet.

My jonger broer wat PF was het gehoor van die trip en gevra of daar plek in die Landy was. Hy wil saamkom. Bevestig met hom,  hy noem dat sy beste pâl wil ook graag saamkom. Lawrence kry ook sy plek.

Skoonpa besluit dat hy sy neef Jannie, gaan saamkom vir geselskap. Die Jeep het mos 2 sitplekke.

My ander swaer kom kort daarna een middag by my ingery met n brullende CJ 6 Jeep. Groot glimlag, nou net gekoop, hy gaan saam Sodwana toe....

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 12/02/2024 - 14:18

Ek gaan nou eers begin lees en besef hier kom voorwaar n ding...

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 12/02/2024 - 15:43

Nee magtig Herman............................................die gewagery dwing my nou om ietsie te  vat vir die senuwees. So bang ek mis iets.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 12/02/2024 - 16:03

... bedoelende Neef, al persoonlik ontmoet het nie (selfs saamgekuier saam met hom, Len, Wessel en Lapskag tydens die Herfsblare saamtrek in Karoo Nas Park) sou ek amper geraai het HKGK.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/02/2024 - 16:35

....ek dink jy raai reg. Ons sal net geduldig moet wag, moontlik swem onse neef en Giepie alweer in die leivoor. Onthou daar was >40C vir sy omgewing voorspel.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/02/2024 - 16:39

 Meeste van die klomp was hengelaars, en daar is genoeg visstokke op die Landy dat dit lyk of dit n rietbos op die dak het.  ń Jeep is te kort vir n visstok. Dolf en  saam my in die Landy, die het  bank sitplek gehad, kon 3 sit. Broer Pat en Lawrence het maar min plek vir hulself met als wat ingepak word agter in. Nee, nie tente nie, net seile wat tussen die lorries gespan sal word. Niks stoele nie, niks matrasse nie, daar ís nie plek nie. Die kos en hengelgerei en paar potte het die spasie opgeneem. Dolf het so klein rokertjie wat met brandspiritus werk ool ingepak. Jock het 18 bottel pynappel mampoer kon afstook. En dit was wragtig heerlik, maar blikskottel, dit het oge laat train en wange lam gemaak.

Skoonpa het n army trommel vol spanners en spares gelaai. Tang en draad, sy Willys was effe aan die bedenklike toestand vir die 450km pad.

Swaar Willem het soos gewoontlik vir homself ń tentjie, tafeltjie, stoel, paar blink glase, skeersakkie en aftershave ingepak. Hy was altyd n pynlik netjies en presiese man. Hy was saam Jock in sy Jeep. Dit het nie gehou nie. Duskant Piet Retief het Jock vir Dolf begin verlang en besluit dit is lekkerder in die Landy by sy maat en saam voor ingeklim. Nou sit ons skouer aan skouer, Jock is so naby dat ek kan sien sy bril is asvaal gevat

Nou sit die twee en drink die een dop na die ander, ek is houtnugter agter die stuurwiel. Haal Dolf ń hele knoffelbol uit sy sak en sê, ons moet maar knoffel eet vir die muskiete, dit help. Kan jy indink hoe stink die twee hier langs my , dit knars soos hulle knoffel kou en met mampoer afsluk. Sulke lang asems uit.. Ahhhh.... 

By Pongola is ons deur n pad blokade. Die spietkop kom staan met sy flitsie hier by my en steier behoorlik terug toe die twee manne koppe hier langs my indruk om met hom te gesels. Hy kon sien ek is nugter en wens ons voorspoed toe, hy lag te lekker toe hy wegstap.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/02/2024 - 18:55

Maters, as die storie te veel draaie loop, sê net so.

Die punchline kom nog. Wat ek kan noem,  is dat ek die enigste oorlewende van die span manne is,  en dit is lekker om die weer saam hulle te herleef.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus