Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -2 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Geert -3 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -3 hours ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Jurgens Exclusive

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek en my annerhelfte kamp al die afgelope 55 jaar sedert 1969 in karavane  -  nog nooit het ons nie 'n karavaan in ons erf gehad nie.  Ons het begin met 'n heel kleintjie en toe al groter gegaan totdat ons naby my aftrede besef het ons het 'n behoefte aan 'n karavaan met 'n eie volledige badkamer. Vir 37 jaar het ons lekker ge-karavaankamp sonder 'n badkamer, maar in 2006 in Hartenbos byt die badkamer-gogga ons en ons gaan kyk na die Jurgens Classique by Tuinroete Woonwaens.  Daar aangekom het ons die Classique mooi bekyk en was beïndruk, veral in vergelyking met ons Jurgens Penta waarin ons toe gekamp het.  Met die uitklim uit hierdie pragtige wa merk ek 'n gebruikte Jurgens Exclusive op wat 8 maande oud is en nog net eenkeer gebruik is. Met die inklim in hierdie wa was die koeël deur die kerk, ons koop hom net daar !  Die handelaar sleep die Exclusive na Hartenbos en ruil hom net daar om met ons Penta waarin ons nog die oggend opgestaan het !

Vir die afgelope 18 jaar is hierdie Jurgens Exclusive ons fantastiese vakansiehuis op wiele. Hierdie kêrel is al 80 870km agter twee van ons Nissan Pathfinders gesleep (met nog 4000km wat in April, Mei en Junie voorlê) en was al in elke provinsie in die land.

Ek vertel later verder oor hierdie wonderlike wa.

.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 20/03/2024 - 10:36

Die windpomp en berge in die agtergrond komplimenteer ook die prentjielaugh. Alhoewel ek nog nooit die binnekant van 'n Exclusive beleef het nie kry ek die idee dat dit baie luuks is en daarmee saam ook alles bied vir gerief. Glo julle geniet dit en verstaan ook dan die rede dat julle nooit ooit in n tentjie sal kamp nie.....laugh

Impulsiewe besluite.....die kooptransaksie....cool

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 12:08

Hennie, die foto is van my eerste Pathfinder wat gekoop is toe ek in Kaapstad se middestad gewerk het en my werksadres is tydens registrasie gebruik.  My huidige Pathfinder het darem 'n CF nommerplaat.

Die Exclusive in die foto het nog sy ou wiele opgehad en nie die "mags" wat wyle Willem Brits vir my in Pretoria in die hande gekry het en wat jy vanaf Roodepoort Hartenbos toe vervoer het.  Vandaar het my dogter en haar gesinn wat daar met vakansie was, gesorg dat ek dit in die Kaap kry !  "So maak mens" as jy 'n forum-vriend is !

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 12:12

.............was eintlik 'n storie.  Ons moes al ons besittings uitpak ten aanskoue van almal wat in Des/Jan daar gekamp het.  En toe kom haal hulle die Penta en die bure was vas oortuig dis die balju wat op ons karavaan beslag gelê het !  Alles het toe gekalmeer en na normaal teruggekeer toe die Exclusive weer daar ingetrek word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 15:40

.............byvoegings in ons wa is die lugversorger.  Ai maar dis darem 'n luukse lekkerkry ding.  Ons gebruik ons s'n nie voltyds nie, net as die hitte onuithoubaar sou word.  Teen slaaptyd sal ons dit so 'n rukkie aangeskakel hou, maar net voor ek droomland betree, skakel ons dit af.  Dis darem ook heerlik tydens middagslapie-tyd !

Ek weet die plasing van die verkoelingseenheid is altyd 'n debat, maar ek het besluit dit kom agterop die stert, agter die badkamer en die verste weg van ons dubbelbed wat teenaan die neuskas is.  Dit is dus nie steurend nie en het voldoende lugsirkulasie en geen kans op waterlekke in die neuskas nie. So lyk die spulletjie binne en agter die karavaan.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 15:58

...............eie wa is die toppunt van karavaan luuksheid.  Ongelukkig het die Exclusive nie 'n baie groot ingeboude watertenk nie, maar een persoon kan kan baie gemaklik stort.  Die tweede persoon wat wil stort gaan sukkel om van die seep ontslae te raak want die watter sal gedaan wees. Een oplossing is om voor die tweede een stort, gou weer die watertenk te vul.  'n Beter oplossing is die aanskaf van 'n TankBuddy.  Dis 'n apparaatjie wat die oordkraan se water via 'n tuinslang met die wa se watertenk verbind en dit outomaties gevul hou.  Ek weet daar is ouens (wat gewoonlik nie 'n eie badkamer het nie) wat kla dat dit die gebruik van dieselfde oordkraan deur ander kampeerders ontsê.  Maar dis twak want daar is altyd 'n verdeler wat 'n tweede kraan beskikbaar stel vir ander gebruikers. Maar ek het buitendien die gebruik om nadat ons albei gestort het, die tuinslang eerder van die oordkraan te ontkoppel.  Ons hou dit dus nie permanent gekoppel nie.

.

Die ander storie wat mense warm onder die kraag maak, is die gryswater wat nie behoorlik versorg word nie.  Ek vang ons gryswater in 'n drom op en ledig dit dan in 'n drein of by 'n boom of struik.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 16:14

..............warmwater te hê en ons het dié voorreg tot so drie jaar gelede ten volle geniet.  Mar toe gee die geyser die gees en begin lek, nogal in die Wildtuin.  Ons moes toe maar vir die res van die vakansie sonder warmwater klaarkom.  Ek het 'n nuwe geyser uit Randburg bestel en dit toe self geïnstalleer. Die nuwe geyser verskil geheel en al van die oue en ek moes maar improviseer om die nuwe eenheid te laat werk.  Hier is my installasie.

.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 20/03/2024 - 16:15

Sou wat wou gee om dit te kon aanskou - veral die ander kampeerders se gesigte. Dit moes histeries-snaaks gewees het. Dan weer moes dit ook waarskynlik die eerste (en enigste) keer gewees het dat iemand so iets beleef in 'n karavaankamp.....nie jou normale plek vir die soort transaksie nie....ai Lenlaugh

Die lugversorger - baie netjies geiinstalleer en dit werk vir julle - geniet hom. Om nie te kan slaap nie a.g.v. hitte is bitter erg onaangenaam.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 16:30

......geïnstalleer is, was net elektries.  Omdat ons dan en wan kamp waar nie krag is nie, het ek 'n McGyver gas-geyser aanmekaar gesit sodat ons darem met warmwater kan stort.  Dis net 'n tydelike affêre wat buite staan en aangesteek word as ons wil stort waar daar nie krag is nie.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 16:45

Ook 'n luukse waarmee ons onself bederf.  Hierdie is die vierde een,  twee het gekalf en een is gesteel.  Miskien hou die goed nie met die ryery nie.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 17:11

Vir oumense soos ons is dit onontbeerlik om 'n karavaan-verskuiwer te hê.  Die grootte van die karavaan maak dan nie saak nie want jy verkuif hom net waar jy hom wil hê.  Ons het die PowrTouch op twee van die vier wiele.

.

.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 20/03/2024 - 18:14

Len,  is ietwat .................................................verbaas oor jou skrywe: 

 "Exclusive nie 'n baie groot ingeboude watertenk nie, maar een persoon kan baie gemaklik stort . Die tweede persoon wat wil stort gaan sukkel om van die seep ontslae te raak want die watter sal gedaan wees 

Ons stort 'n paar keer voordat ek die tenk moet volmaak. Ons maak die water oop en wanneer goed nat is word die kraan toegemaak terwyl ons was. Spoel dan af. 

Die Classique se tenk is 60 liter. 

0
Lyttelton

Trev

Wed, 20/03/2024 - 18:34

Len, jou tank buddy lyk redelik anders as ons s'n - sal waardeer as jy kan aandui waar jy joune gekoop het

0
Lyttelton

Trev

Wed, 20/03/2024 - 18:39

@Len, ek sien jy laat loop jou gryswater in 'n drom.  Ons het ook al ons afvoerpype van die kombuis en badkamer byeengebring en het 'n soortgelyke konnekter soos joune.  

Ons het 12 meter 20mm pyp en konnektors gekoop wat ons dan koppel aan die een wat uit die karavaan kom en dit na die kamp se drein laat loop - dit was die afgelope naweek by Klein Kariba. Ek het die pyp in meer beheerbare 4m lengtes laat sny sodat dit makliker is om op te rol.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/03/2024 - 18:44

Dit is baie mooi en prakties, mens maak doen met wat jy kan en het.

My Penta se verhaal sal ek later deel, nou moeg gewerkskaf vir vandag.

Binne stort pla my nog nie op die stadium nie, maar dit sou handig gewees het as daar een was. Verbasend ook, was die feit dat my Penta net 'n 20 L kan voor in die neuskas gehad het, my dogter se ou 1993 Penta het 'n lekker tenk onder die wa.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 20/03/2024 - 19:30

Voordat die tamaties vlieg - dit het niks met jou karavaan te doen nie, maar my eie stupidgeit.

Oplossing vir die water wat nie genoeg is vir 'n tweede stort nie, het ek in die haas gelees as: "om voor die tweede een te  stort". laughlaugh

Ek het al van "movers" gehoor, maar geen idee gehad hoe dit werk nie. Met jou foto en 'n crash course van Daan dink ek dit is 'n briljante uitvinding en laat my wonder hoe op aarde mens tevore so 'n massiewe wa gedraai gekry het - definitief met meer as moeite...

Al die fotos vertel vir my waarom jy so gaande is oor jou Exclusive en ek sien al prentjies van die heerlike wildtuinvakansie wat vir julle voorlê.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 19:34

Jan, ons Exclusive se watertenk is maar 40 liter, maar met die TankBuddy is dit eintlik nie 'n probleem nie.  Miskien moet ons eerder 'n beietjie meer ekonomies stort soos julle maak !

Trev, ek het ons TankBuddy in 'n kompetisie gewen en weet ongelukkig nie waar dit gekoop is nie.  In ons s'n se geval weet ek net die watertenk moet eers sonder die TankBuddy gevul word tot propvol en daarna word die TB gekoppel  -  dan hou hy die tenk vol.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus