Ek en my annerhelfte kamp al die afgelope 55 jaar sedert 1969 in karavane - nog nooit het ons nie 'n karavaan in ons erf gehad nie. Ons het begin met 'n heel kleintjie en toe al groter gegaan totdat ons naby my aftrede besef het ons het 'n behoefte aan 'n karavaan met 'n eie volledige badkamer. Vir 37 jaar het ons lekker ge-karavaankamp sonder 'n badkamer, maar in 2006 in Hartenbos byt die badkamer-gogga ons en ons gaan kyk na die Jurgens Classique by Tuinroete Woonwaens. Daar aangekom het ons die Classique mooi bekyk en was beïndruk, veral in vergelyking met ons Jurgens Penta waarin ons toe gekamp het. Met die uitklim uit hierdie pragtige wa merk ek 'n gebruikte Jurgens Exclusive op wat 8 maande oud is en nog net eenkeer gebruik is. Met die inklim in hierdie wa was die koeël deur die kerk, ons koop hom net daar ! Die handelaar sleep die Exclusive na Hartenbos en ruil hom net daar om met ons Penta waarin ons nog die oggend opgestaan het !
Vir die afgelope 18 jaar is hierdie Jurgens Exclusive ons fantastiese vakansiehuis op wiele. Hierdie kêrel is al 80 870km agter twee van ons Nissan Pathfinders gesleep (met nog 4000km wat in April, Mei en Junie voorlê) en was al in elke provinsie in die land.
Ek vertel later verder oor hierdie wonderlike wa.
Stort saam
Dis ‘n ander manier om water te bespaar (of dalk vat dit dan nog langer
). Ons stort ook soos Trev. Dit gebruik maar so 10 liter en die Kavango se tenk is darem 120 liter. Ek maak dit so elke tweede dag net weer vol om seker te maak ons het altyd water want ons was skottelgoed ook by die wa. Die wa het immers warm water, en dis lekkerder om vir die see of die bos te kyk terwyl jy was. Mens hoef ook nie alles heen en weer te dra nie.
Tru-kamera
Ek het ook 'n tru-kamera agter-op die Exclusive gemonteer met bekabeling onderdeur die wa tot voor by die A-raam. Die kamera se monitor heg aan die truspieël vas en die bedrading loop tot agter by die trekstang. Ek gebruik 'n gewone "male/female" prop om die koppeling te doen.

Neuskas-afdakkie
Die Exclusive se dubbelbed is aan die voorkant van die wa, agter die neuskas. Omdat ons verkies om in 'n suidelike rigting op te slaan, peper die weste son op die groot venster bo die neuskas. Ek het toe 'n afdakkie laat maak om die son af te keer van daardie venster en dit keer ook die ergste hitte af van die neuskas waarbinne die twee gasbottels gemonteer is.
Briljante idee...
daardie neuskas-afdakkie! Ek glo dit maak 'n groot verskil aan die binne-temperatuur.
Hoe heg dit aan die karavaan, Len? Is daar n ?gleuf as deel van die karavaan waardeur jy dit net kan ryg, of het jy iets aangeheg? Ek vra hierdie aangesien ons ook nog 'n afdakkie oor my bussie se deur moet prakseer. Fiamma verkoop 'n afdak (awning) maar ek dink vir die geboë vorm wat ons het sal iets anders bedink moet word.
Baie dankie Len
Toe ek die afdakkie sien het ek gedink dat dit baie netjies lyk, en dat dit ook my oplossing kan wees. Ek praat verder op 'n draad wat Wessel geskep het. Verskoning indien dit nie hier van toepassing was nie





Rona, ......
.............ek is bly jy verstaan uiteindelik die stort storie en dat jy ook nou kan saampraat oor"movers".