Sit sommer en kyk na tariewe van oorde. ek het na Dwarswegstrand, Buffelsbaai en Glentana spesifiek gekyk. Opvallend was hoe duur eersgenoemde 2 oorde teenoor Glentana is, veral in hoogseisoen. omtrent 'n faktor 2!!!
Ek het al 1 maal in Glentana gekamp, en sal maklik weer gaan. Ek verkies om 'n see-uitsig in te boet, om uit die wind te wees. Dit swaai die skaal in Glentana se guns, tesame met die tariewe.
Na my onderonsie laasjaar in Jongensfontein se wind, is ek huiwerig om met my boswa weer so oop te gaan staan. Dit is sekerlik mooier [uitsig] op Buffelsbaai, Dwarswegstrand en Jongensfontein, maar ek vermoed die wind kan mens roer daar.
Ek sal graag wil hoor hoe voel ander lede wat al by Glentana gekamp het.
Wessel..........
..............ons het nog nie in Glentana gekamp nie, maar het familie wat 'n praghuis daar het met 180º see-uitsig. Pragtige omgewing Glentana.
Ingeloer
Ons het Januarie by Glentana ingeloer....baie aangenaam gelyk en sal graag nog eendag daar wil gaan kampeer. Jammer van hul strande wat erg skade gekry het laasjaar met die storms. Ons was seker gelukkig om meeste van die plekke by die see Januarie met min wind te ervaar. Die wind het ons egter geroer by Buffelsbaai en dan relatief by Storms Rivier.
As ons Ballito toe gaan, verkies ons altyd Dolphin holiday resort sonder see uitsig bo Saltrock met see uitsig. Te veel al gehoor hoe daai manne daar rondskarrel en aan pale hang om hul tente staande te hou in winde terwyl ons rustig om n kampeer vuurtjie sit en braai sonder storm nette en toue in Dolphin holiday resort. Ons was seker al meer as 12x hier vir gemiddeld 3 weke elk...nog nooit nodig gehad vir n storm pen, net of straps nie. En jy kan rustig braai elke aand sonder dat vonke jou buurman se tent brand.
Om jou vraag te beantwoord, ja ek sal sterk oorweeg om Glentana te kampeer omdat dit reeds basies op strand is, maar jy beskud is teen aaklige winde. Om met pragtige see uitsig te kampeer is wonderlik en baie spesiaal, maar bly maar risiko met winde wat kan pla. As mens lank staan is dit seker okay want jy weet êrens gaan jy mooi dae kry, maar met kort verblyf kan winde sommer jou hele wegbreek bederf
Ons het ook na…
Ons het ook na........................................Glentana gaan kyk en deur die hele park gestap.
Glentana word volgens ons beter onderhou as Dwarswegstrand. Die staanplekke is mooi grasbedek en mooi groen. Dit is so dat jy nie die see kan sien nie maar ook so met baie staanplekke by Dwarsberg.
Ons het ongelukkig by Dwarsberg op nommer 6 gestaan op sand en reg langs die ablusie blok. Daar word nie pogings aangewend om die gras nat te gooi of te onderhou nie. Ook die gebrek aan koelte is nie lekker nie. Krane is ook vêr van party staanplekke af en jy moet deur iemand anders se kamplek stap om tuinslang te koppel. Grond of sand in die Kruger pla my nie want dit is die toestande waaraan ons gewoond is.
Is bly dat Chris Dwarsberg geniet en lekker daar kamp. Die park is gewoonlik vol so hulle kan gerus bietjie geld terugploeg in die karavaanpark.
glentana woonwapark....
....in die reën? Ek sien George het 100mm in 24 hr gwhad. ek hoop dat pype by woonwapark mooi oop was om water te laat vloei.
Dis 1 nadeel van die woonwapark, as daai uitlope by ingang toe is, kan die oord moontlik in 'n dam verander.
Glentana
Ek en Ralie het gedurende die tweede helfte van Oktober 2016 by Glentana gekamp. Omdat dit buite seisoen was, was dit baie stil met min kampeerders. Ek het 'n park gesoek waar ek vir Stoffel (papegaai) kon saamneem. Ons eerste keuse langs daardie deel van die kus bly maar ATKV Hartenbos (nie in seisoentyd nie), maar omdat jy geen troeteldiere daarnatoe mag saamneem nie, moes ons 'n ander plek vind.
Dit was 'n netjiese kamp met fantastiese gras-staanplekke. Ons het gekies om meer in die direkte son te staan aangesien dit nog nie somer-hitte temperature was nie. Slegs die ouer (maar baie skoon) ablusie was oop. Ek sal ter eniger tyd weer daar gaan kamp. Ek weet nie of dit steeds die geval is nie, maar destyds het Buffelsbaai en Glentana aan dieselfde eienaars behoort.





Was nog nie daar nie
Ons eerste kampeer ervaring in die geweste was by Dwarswegstrand en julle weet al ons het hier vasgehaak. Ons het vriende wat versot is op Hartenbos, ek dink dis hoofsaaklik sentiment omdat hulle grootword jare daar kampeer het. Ons het ook vriende wat gereeld Santos toe gaan. Dit trek my glad nie. Die saadjies van die bome in die kamp eet blykbaar voete, en dit klink na ‘n gekuier daar. Die see lyk ook soos ‘n dam daar, ons soek branders. Dibiki is vir my te ver van die see en te naby aan die N2. Pine Creek in Grootbrak is ook te ver van die see en te naby aan raserige plaaslike mense. Glentana kan dalk werk, want mens kan darem strand toe stap. Maar as jy iets by jou wa benodig is dit te ver. Hier kan die kinders sommer met die trappe op hardloop as die natuur roep, en as jy nie op die seefront staan nie is dit aansienlik goedkoper, en uit die wind uit maar steeeds naby aan alles. En die klas mense wat hier kampeer is my kerk se mense.