Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -40 minutes ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -4 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -4 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Wessel November 2026 Geert -5 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -5 hours ago

Kruger Wildtuin toe per vliegtuig ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek sien op ChrisB se gesprekslyn oor hulle onlangse Wildtuin terugvoer vra Herman of hy al oorweeg het om eerder Wildtuin toe te vlieg en dan 'n voertuig te huur.  ChrisB het hom op daardie gesprekslyn geantwoord naamlik dat dit maar 'n duur opsie is.

Ons het vriende (twee gesinne) hier in die Kaap wat nie kampeerders is nie en wat verkies om vanaf Kaapstad tot in Nelspruit te vlieg, 'n motor daar te huur, hulle inkopies in Nelspruit te doen en dan per motor na hulle vaste allommodasie in die Wildtuin te vertrek.  Ek het al ons kostes, oorslaap- en Wildtuin- kampeerkoste en reiskostes vergelyk met hulle vliegtuig-, huurmotor- en vaste akkommodasie- kostes.  Die kostes kom min of meer ooreen wanneer hulle vir 10 dae in die Wildtuin is en ons vir 21 dae.  Die vlieg/motorhuur/vaste akkommodasie is dus beslis duurder as om te sleep van die Kaap af en dan te kampeer.

In ons persoonlike geval (ouderdom en gesondheid) wil ek vir so lank as dit moontlik is die kampeeropsie toepas omdat karavaan-kamp vir albei van ons eie en deel van 'n Wildtuin-ervaring is.  As die sleep-reiskostes te kwaai begin raak, gaan ons eerder probeer om elke 2de jaar Wildtuin toe te gaan.  As ons gesonheid nie meer kampering toelaat nie, eers dan sal ons die vlieg/motorhuur/vaste akkommodasie  begin gebruik, maar ek hoop ons kan dit so lank as moontlik uitstel.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 03/04/2024 - 22:57

Len, ek is nie so seker van hierdie een nie. Ek lees en verstaan alles wat jy hier bo sê, maar dan het ek ook gesien wat 'n "gekners van tande" die afgelope 2 jaar afgegee het wat jy nie in die wildtuin kon kom niecrying. 

Daar moet nog opsies wees sodat jy steeds vorentoe met jou eie karavaan in die KNP kan kampeer..... Ietsie om oor te dink.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 04/04/2024 - 08:18

...............dit sal maar 'n gekners van tande wees om te wag en elke 2de jaar Wildtuin toe te gaan, maar daardie wag behoort beter te wees as om te vlieg en nie in ons eie vakansiehuis te kampeer nie.  Ek skiet die idee nie af nie want ek weet dit gaan kom, maar ek stel dit so lank as moontlik uit.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/04/2024 - 08:37

Daar is baie opsies, en dan faktore om te oorweeg. Soos Chris S tereg op ander gesprek aangedui het, is wil jy kampeer, hoe goedkoop wil jy oornag en tipe voertuig.

1] hoe om daar te kom, sien jy kans om langpad te ry, te sleep of moet[wil] jy vlieg. Is daar behalwe brandstof koste 'n verskil in inspanning om te ry of te sleep boonop. Seker bietjie meer werk en inspanning aan sleep. Verblyf oppad sonder sleep, is ekstra koste, maar seker steeds goedkoper as om 'n Exclusive heelpad te sleep.

2] Wil jy in Kruger wees ongeag, of val die klem op kampeer in die wildtuin?? Kampeerkoste, hetsy met woonwa of tent is dieselfde vir tipe staanplek. Balue kampering is nou R433/aand vir 2 persone. 

3] Verblyf tipes is groot koste faktor. Twee bed rondawel in Satara met geriewe is ongeveer R1934.  

   Tent met waaier, koel/yskas en 2 enkelbeddens en sonder badkamer is nou R846 in Tambotie kampie. 

 Hut in Balule is R676 vir 2 personne, en dan moet jy algemene ablusie gebruik.

4] Vlieg en kampeer: Wat huur jy in Nelspruit, jongmense kan seker bakkie met 1 of 2 daktente huur. Ouer garde sal dalk eerder 'n ryhuis of inklim [abbawa] opsie oorweeg. Mens wil tog nie 'n voertuig en woonwa huur nie, weens kostes.

5] Vlieg en nie kampeer: Vliegkoste, goedkoop voertuig huur, en goedkoop verblyf soos Balule hut en eenvoudige Tambotie tipe tent. 

Dan natuurlik die groot vraag/debat vir Kapenaars, is daar alternatiewe wildtuine naby julle? Moet dit rerig Kruger wees, of is KarooNP, Addo, Bergkwagga goeie alternatiewe.

Dis so jammer dat die Prediker korrek is---"daar is 'n tyd vir alles". Dit geld vir ons almal

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 04/04/2024 - 08:38

My opinie is dat vlieg nooit  vir my 'n opsie sal wees nie, dan ry ons eerder met ons eie motor en bly in vaste akkommodasie. Glo dit sal steeds goedkoper wees as vlieg, huur van 'n motor en betaal vir vaste akkommodasie?

Maar dan ook weer, ons is baie nader aan KNP as julle mense in die kaap en my stasiewa het ook baie pak plek vir al ons benodighede.

Sou dit werklik nodig wees, haak ek ook die sleepwaentjie vir nog meer spasie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 04/04/2024 - 09:47

Dat dit duurder is, ja. Die stress faktor van 6 dae op pad, heen en weer. Die slegte pad toestande, kapings. Bande wat dalk kan bars, is al klaar n groot faktor vir my.

As mens jou trip goed beplan, en jy slaap elke aand in ń ander kamp. Staan op, ry tot 14h00 uur, boek in,snooze agtermiddag draai ry. Dan kan 10 dae trip lekker wees, nie baie tyd vir net sit nie, bedrywig. Soos ek en ouma van geaardheid is. En ons doen dit in die warmste maande waneer die wildtuin leeg is.

Vir Karavaankamp, is hier naby ons, ń magdom puik plekke binne ń dag se ry.  Ek is al klaar oortuig.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 04/04/2024 - 14:23

Vriende van ons wat in die Strand woon los hulle woonwa by vriende in Polokwane. Ry dan daar langs en pak oor en tel hom op.

Hulle is tans weer op pad terug na 5 maande in die Wildtuin. Die woonwa staan weer in Polokwane. Bygese hulle het ook nie plek by hulle huis in Strand nie.

Vlieg en huur vir twee mense is definitief te duur.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 04/04/2024 - 14:35

Dan weer het ons n’ vrou en haar vriende in Satara ontmoet wat per Motor Home in die Wildtuin toer. Na haar besoek aan die Wildtuin vlieg sy terug Bloemfontein toe van Skukuza lughawe. Sy het n’ drywer wat haar Motor Home terug ry na Bloemfontein.

Sy besit 7 sout myne / fabrieke in SA en Botswana. Sy is n’ weduwee en sukkel glad nie met geld nie.

Dit is n’ opsie as jy haar bank belaans kan na maak!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 04/04/2024 - 14:50

Die tannie met die soutmyne en fabrieke sal ek nie kan na-maak nie  -  al het ek die geld gehad, glo ek nie ek sal dit wil doen nie.

Die ander moontlikheid om jou karavaan naby jou vakansie-bestemming te stoor, is ook nie in ons geval 'n opsie nie.  Ek is te lief vir ons wa en hier by die huis is ek gedurig aan die karring met ditjies en datjies aan die wa.  Ek wil hom ook daagliks sien !  Vir ons twee is die lekkerkry die rit vakansie-bestemming toe, en die lekker oorslaap oppad daarheen  -  dis deel van die uiteindelike vakansie.  Die ander nadeel is jy is dan gebonde aan net een vakansieplek want dit is waar die karavaan gestoor word.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 04/04/2024 - 14:57

Jy is heeltemaal reg. Dit is ook nie my idiaal nie. Ek moet my woonwa naby aan my he. Dan kan ek hom gebruik net waneer ek will en ek gaan daagliks  iets in hom haal of doen.

Daai opsies is as jy nie anders kan of will doen nie.

Op hierdie stadium nie vir my nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/04/2024 - 15:47

Die afgelope vier dae is die eerste keer in amper vyf jaar wat die Kavango nie by ons huis is nie. Dis nogal ‘n vreemde gevoel. Ek het gister iets in die motorhuis gaan haal, toe is dit leeg. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 04/04/2024 - 17:04

Ek het laas uitgewerk dat Kaapenaars goedkoper kan KNP toe gaan vir 10 dae met vliegtuig as met karavaan sleep. Dit was uitgewerk op n "entry level " kar huur en in tenthuis in Skukuza bly in karavaan park wat vir my absolute gesellige atmosfeer bied. Bo op dit die voordele wat Herman noem....en as jy nog werk, hoef jy nie n week verlof in te sit om op die pad te wees nie. 

As ek in die Kaap sou bly en my bestemming sou net KNP wees, sou ek definitief die vlieg opsie geneem het..al het dit my paar K's ekstra gekos. Ons het al in daai tenthuise gebly in Skukuza en n fantasiese lekker en gesellige tyd gehad tussen kampeerders 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 04/04/2024 - 18:55

Ons het nog slegs by Krokodilbrug (by 2 geleenthede) in die safari-tente gebly - en dit baie geniet.

My ou vriend in Tzaneen het my vertel dat daar 'n spesiale aanbod was vir die afgelope Saint Valentines naweek in Tamboti. Hy sê dat die Vrydagaand het hulle byna gedood van die hitte daar. Hulle het toe die Saterdagaand 'n rondawel in Satara gekry, want hulle sou nie nog 'n aand in daardie hitte maak nie.

Dus - die safari-tente is dalk eerder vir die koeler tye bedoel.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 05/04/2024 - 07:55

Ons het vir 12 nagte in Februarie in Satara gestaan. Dit was 46C elke dag. Die kampeerders in tente het ook gesnuif na die rondawels toe. Ons het darem ń’ lug reeling.

Ja die tente is uitputtend as dit so warm is.

Ek het alleen van OR Tambo in November Skukuza toe gevlieg. Dit het my R1950 gekos. Not bad dink Ek.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 05/04/2024 - 09:16

Ook 'n klompie jare terug van ORT na Kruger (Nelspruit) International gevlieg (dis regtig 'n internasionale lughawe...storie vir 'n ander dag!) om 'n aanbieding by 'n groot konferensie op Skukuza aan te bied. Self ry vs. vlieg? Ek vlieg eerder, spaar my basies twee dae wat ek op die pad sou wees. Ek hou in alle geval van vlieg. Maar (daar is mos altyd 'n "maar"!), dan moet dit verkieslik nie met een van daai klein turbo-prop "puddle jumpers" wees nie...die goed het net 2 (klein) sitplekke langs mekaar aan elke kant van die gangetjie. Met my geluk beland ek toe in 'n gang sitplek waarmee ek heel gelukkig was, dis nou totdat Antie "baie gewigtige" Goggo my inlig dat die venster sitplek hare is. Daai uur se vlieg was nie te gemaklik nie, heeltyd met my lyf so half in die gang gesit soos die Antie my druk (sy was heelwat breër as 'n enkel sitplek). Die terugvlug 'n paar dae leter ORT toe was gelukkig redelik leeg en sonder groot Antieslaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/04/2024 - 10:10

....so daar is 'n verskil tussen lekker knus teen rondings sit, en effe gedruk word.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 05/04/2024 - 10:22

Toe ons nog gevlieg het om Krugerwildtuin toe te gaan, was dit maar ‘n storie. Ons ry bietjie meer as ‘n uur Ksd lughawe toe. Parkering daar is duur. Die koste plus die brandstof kom by die koste van vlugte en motor huur. ‘n Shuttle is nog duurder. Dan huur ons kar by die lughawe in Johannesburg. Tye moet uitwerk sodat jy dit betyds tot by die kamp in die Krugerwildtuin kan maak. Oppad terug moet jy die huurkar teruggee voor die tyd wat jy dit die eerste dag gevat het, anders betaal jy vir ‘n ekstra dag se huur. Dan moet die vlug op die regte tyd wees, anders sit jy en wag by die lughawe. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 05/04/2024 - 10:31

................is vir my geen probleem nie, maar om binnelands te vlieg na jou vakansiebestemming (veral as dit die Wildtuin is) eerder as om te ry met jou mobiele vakansiehuis op sleeptou, nee-dankie, nie vir my nie.  Maar tog, nie uit eie wil nie, maar dit lê vir ons twee binnekort voor en dan sal ek die situasie maar gelate aanvaar.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/04/2024 - 06:20

Ek sien dat Fly Safair nou ook direk vlieg van Kaapstad na KMI in Nelspruit.

KMI = Kruger Mapumalanga International.

Die lughawe lyk nogal indrukwekkend, met 'n tipiese Afrika-toeris ingesteldheid. Dit is nou as Afrika katoeters en dansers in jou smaak val.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 09/04/2024 - 07:50

Stem vir die Afrika atmosfeer !!! Ons bly in Afrika, gee ons oorde Afrika name, hou van dekgras dakke, maak potjiekos in ń driebeenpot. Al wat kort is stertrieme en knopkieries. En... top less girls, spesiaal vir Wessel. So tussen die lyne lees ek hy het n oog vir die sooner geslag.

Bv 100 mense op strand, 50 vroulik en dan minstens 25 vroulik, jonk, en iets vir die oog. Korrk aangehaal Wessel. Jou ou bokker. devil

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/04/2024 - 08:57

Herman, jy het my amper korrek aangehaal.

Ek het geen probleem met grasdakke, potjiekos soms nie, maar sien nie kans vir dansers, voetstampers geklee in wit sportbra's en nagemaakte tekkies nie.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus