Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -39 minutes ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -42 minutes ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel November 2026 Johann L -2 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/03/2024 - 06:56

Ek sien dat die Chinese maatskappy LDV [Leyland DAF ....] binnekort 'n reeks bakkies op die plaaslike mark bring. Gaan beloer dit gerus, dit lyk omtrent op 'n haar na die Hiluxe.

Een van die modelle gaan 'n 2l, biturbo masjien hê, wat 160kW en 500Nm gaan lewer. Meer as genoeg vir woonwa sleepwerk. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/04/2024 - 06:53

Ek lees dat Navara die afgelope maand 'n opskudding in die bakkie verkope veroorsaak het. Vir een of ander rede het dit ontpop as 'n goeie verkoper. 

Of, moet mens vra, wat het veroorsaak dat die Ranger 2 plekke gesak het, as verkoper?

Die syfers lyk so;

Hilux-----3104

Navara---2277

Isuzu-----2095

Ranger---1954

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 04/04/2024 - 07:19

Dit verbaas my dat Isuzu so laag verkoop, dit is, in my opinie, dit beste bakkie. Ja ek praat van 'n bakkielaugh

O ja, smaak verkildevil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/04/2024 - 08:19

Of, moet mens vra, wat het veroorsaak dat die Ranger 2 plekke gesak het, as verkoper?

 Nissan het seker ‘n regeringskontrak gekry. Onthou, die NP300 bestaan nie meer nie - alle Nissan 1-ton bakkies word Navara genoem. Dis nie meer die luukse Nissan bakkie nie. ‘n Ander rede is waarskynlik dat Ford dieselfde hoeveelheid bakkies gebou het maar ‘n spul Rangers uitgevoer het. Hulle voer min of meer twee keer soveel uit as wat hulle plaaslik verkoop.

Wat my meer verbaas is dat daar geld is om elke maand soveel bakkies te koop. Weliswaar is die meerderheid waarskynlik kommersiële voertuie, maar steeds. As mens op die aanname werk en aanvaar die meerderheid is enkelkajuit basismodelle en dus werk op ‘n konserwatiewe gemiddelde prys van R500000 per voertuig is daar amper R5 miljard se bakkies verkoop verlede maand.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 04/04/2024 - 13:11

Vir al die Hilux manne...kyk na die skakel wat ek hieronder plaas, 2 minute dan is die Toy weg. Raai julle aan om maar bietjie van 'n studie te doen hoe mens die Toy trokkie steel.. en werk rondom dit om te verseker hy bly waar jy hom geparkeer het. Die vervanging van die enjin ECU is 'n gewilde en vinnige manier om enige voertuig te steel, ek is verbaas dat, vlgs die skakel, die Toy s'n binne die kajuit is (wat dit makliker maak om te vervang sonder dat die krimineel te veel aandag trek). Dan ook die feit dat die trokkie blykbaar nie meer gesofistikeerde sensors. binne die kajuit het nie, slegs deursensors?! In die Ranger se geval moes ek 'n paar truuks laat doen wat dit baie moeilik maak om die ECU (wat by die enjin self sit) te vervang en dan het die Ford ook 'n spul IR beweging sensors binne die kajuit. Dink dis tyd dat ek weer bietjie opvang hoe Rangers deesdae wegraak, en dan 'n paar opdaterings aan myne doen.

https://twitter.com/Vehi…

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/04/2024 - 13:38

Ek sal 2 dinge moet onthou;

1] om my RhinoCab gesluit te hou. Niemand kan sien hoe iemand binne die kappie deur wurm na binne nie.

2] om die dubbel sluit [knoppie druk] te gebruik. Ten minste dan werk die bewegings sensors binne die kajuit, en sal sirene aktiveer.

Dis kommerwekkend, helder oordag, waar inwoners enige oomblik kan uitkom. Dalk moet ek my buurvrou se honger Rottweiler leen as ek in dorp rond tjommel. Dis minder moeite om 'n honde klont uit laaibak te haal, as om ander trokkie te koop.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 04/04/2024 - 13:59

Hou van jou Rottie idee! Het self ene gehad jare terug, probleem is dat hy my ook af en toe gehap het, Rottweiler klub het gereken dat so 'n paar "puncture" wonde op my arms en bene nie as "bytmerke" tel nie! Wat die bakkie steel ding aanbetref soek ek vir 'n "mak" swart mamba...nog nie veel sukses daarmee gehad nie! Dalk maar 'n wilde ene soek en hom/haar oplei?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/04/2024 - 12:17

Ek sien nou dat NAAMSA aangekondig het, en verskoning aanbied vir die massiewe flater van NISSAN se Maart verkoopsyfers.

Die Navara se syfer is inderwaarheis slegs 467, en nie die 2277 eenhede soos wat ek geplaas het op 4/04/2024 nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 12/04/2024 - 14:00

Die Navara se syfer is inderwaarheis slegs 467, en nie die 2277 eenhede

As mens dit vergelyk met die Ranger se verkope verkies SA’ners dit duidelik om ‘n goed toegeruste gereedskapskas saam te ry soos Grootwind eerder as om net ‘n luukse wa toe te rus met allerhande ekstras. devil

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 12/04/2024 - 15:26

Moet darem dinge in perspektief stel...die gereedskap en onderdele is ALLES gerig oppie Fleetline. As hy (dis nou die Fleetline) weer terug by die huis op sy bokkies rus, wielle innie lug, gaan daai klein werkswinkel van my terug motorhuis toe behalwe die goed soos gloeilampies ens. wat in die Fleetline bly. Die sleepvoertuig is mos 'n Ford wat selde my gereedskap nodig het!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 12/04/2024 - 17:41

Die sleepvoertuig is mos 'n Ford wat selde my gereedskap nodig het!

Ek het sommer gespot oor Oom Len wat soveel vertroue het in sy Nissan. Ek ry self ‘n Ford. My derde een. En my vrou ry ook een. Tussen ons is die telling sover Ford 4 - Toyota 3 (wat ons besit het tot op hede). Daar was ook ‘n Colt, Audi en Hyundai. Voor ek haar ontmoet het was daar ‘n Nissan, Mazda en Datsun. Uit die klomp was net een Toyota en die Hyundai nuut gekoop. Die enigste een waarmee ek werklik slegte meganiese ervarings gehad het was die Colt. Sy ratkas het gebreek. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 12/04/2024 - 22:35

Grootwind. Vertel asb vir ons  mense,met ń stoor vol spanners, wat maak jy met jouself bedags as niks stukkend is nie. Die Ford is ok, die Fleetline is nog 100%.

Wessel het ń ding met bome uitkap... ek gaan hom aanspreek binnekort. Bome uitkap is ernstig in my boekie. Len doen goeie voorberyding. Daai " 6 P's" ek koop ń bier vir die eerste een wat 6 P's ken.

Chris maak almal jaloers met sy travels. En... hy het niks te sê gehad oor my gevoel van gifstof op die grasperk nie. Skaam jou Chris.

Nou moet ek my mond hou, ouma vra hoekom slaap ek nog nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 13/04/2024 - 00:39

Chris maak almal jaloers met sy travels. En... hy het niks te sê gehad oor my gevoel van gifstof op die grasperk nie. 

Seker Mnr Boucher, want dis net hy wat so lekker gatskuur. Maar hy sal mos ten gunste wees van gif op die grasperk. Dit was sy brood en botter (en is sy pensioen).

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/04/2024 - 06:44

...lyk my ek moet my planne verander en KarooNP vermy. Jy het blykbaar 'n paar byltjies met my te slyp.laugh

Ek kan net aan die 5 P's van die Army dae dink. Ene daarvan kan mens mos nie op die forum noem nielaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 13/04/2024 - 08:23

... moenie dat ek gat wip vir julle nie. As dit wip kan ek dit nie skuur nie - synde ek as 'n gatskuurder gereken word.devil

Ekself gebruik maar weinig chemiese middels om peste of plae te beheer - behalwe onkruiddoder op my plaveisel. En ek poog nou-al met allerhande rate om van die f#@@£n kruipmolle op my grasperk ontslae te raak. Ongelukkig werk nie een van die boere-rate nie. 

Ek is stadig besig om my voorbereidings af te handel sodat ons volgende Saterdag in die pad kan val (gatskuur soos julle dit noem). Ek is nou behoorlik gatvol van die suidoostewind wat ons al vir die derde agtereenvolgende dag treiter. Hopelik ontsnap ons dit vir twee weke.

Toe my slagter (by wie ek my vleisbestelling gaan plaas het) hoor dat ons Saterdagaand in Calvinia wil oornag, het hy ('n Upingtonner) dadelik aanbeveel dat ons die aand by Die Blou Nartjie moet gaan eet. Dus is Die Blou Nartjie op ons spyskaart. Ek neem dus slegs vir 3 aande vleis saam en sal die res maar in Namibië koop. My seun sê dat vleis (en ons weet mos diesel ook) heelwat goedkoper is in Namibië. Hierdie lekker rib het hy sommer in Hentiesbaai gekoop.

rib

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/04/2024 - 10:55

Ek sal nooit met jou skoor soek nie, Chris.....net miskien is ek dan onder die genooides vir die volgende rib-braailaugh Dit lyk yummy!!

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/04/2024 - 11:11

Jislaaik, hoe moet ek nou met julle sukkel. Hierdie is 'n gespek vir alternatiewe sleepvoertuie, en verwante geselse. 

Nou kom foeter julle hier met benevleis op die kole, en gifstowwe. laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/04/2024 - 11:48

Ek sien die nuwe Triton kan volgende kwartaal verwag word.

Dit behou die 2.4 diesel masjien, MAAR gaan nou 2 turbo's hê. Dit is blykbaar om te kompeteer teen die Ranger en Hilux. Kraglewering sal glo 150kW wees met 470Nm wringkrag oor die bestek van 1500 tot 2750rpm. Met so 'n plat kurwe behoort dit lekker woonwa te sleep.

Boonop is Tritons ongewild by die skelms, wat deesdae 'n groot faktor in die land is.  

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus