Hierdie "pop-up" lyk nie slegs nie, maar die binne uitleg is nie vir my nie. Eiland bed is my no een vereiste.
POPUP
Stem saam.
Chris dit is ook vir ons 'n vereiste, maar dit is maklik om by verby te kom.
Die Penta se opwas bak, stoof en mikrogolf het ek lankal uit gegooi, 'n soliede blad op gesit waar die ou blad met gate was en 'n meer moderne mikrogolf aan geskaf wat buit op die tafel staan. Ons maak nie kos binne nie en nog minder skottelgoed binne was.
Nog 'n probleem is ook yskas, daai kroeg yskasie is te klein vir ons.
Ek weet baie mense hou van die uit gly goed, maar ek weer hou niks daarvan nie. Vir my vat dit te veel pak spasie binne weg en mens is gebind om op 'n spesefieke manier jou tent te "arrange".
Boswa werk maar so
Die Kavango het net twee beddens, kassies vir ons klere en die uitskuif stort binne. Daar is ‘n klap wat oopmaak aan die buitekant agter die deur teen die kant waarop die tweeplaat gasstofie sit. In die opening wat dit laat in die wand van die wa is rakkies en laaie waarin ons borde, bekers, speserye ens is. Die silwer eetgerei is in ‘n sak teen die binnekant van die deur. Die uitskuif laai met die Snomaster en die kraan bly maar oop en ons werk rondom dit. Die tent se voorkant bly meestal oop (die vertikale seil word nie opgesit nie). Ons is maar gewoond en geniet dit om so te kampeer. Die wa is net vir slaap, stort en aantrek.
Pop-up Camper
Eerste indrukke: Wow! Dit lyk na 'n gawe boswa. Die soliede kante het my ook beïndruk. En toe die teleurstelling - die binne-uitleg, so jammer. Nie iets waarvan ek hou nie.
Oorweeg jy 'n verandering, Johann?
Geen probleem
Onthou net, ek maak geen snedige opmerkings ivm ander se keuses nie, dit is net hoe ek en my vrou oor 'n spesifieke woonwa / manier van kamp voel.
Ek het dit nie so ervaar nie. Ek kan dink mens kampeer lekker met ‘n Penta. Tans werk die Kavango egter goed vir ons.





Netjies
Dit lyk regtig netjies. Ek soek net ‘n buite kombuis. Ek sal nie daar binne wil kosmaak nie.